Waterbelegging onder loep in SA - August 10, 2025
Suid-Afrika bied volgende week die Afrika-Unie-AIP Waterbeleggingsberaad in Kaapstad aan. Die beraad het ten doel om Afrika se jaarlikse waterbeleggingsagterstand van 531 miljard rand te vul. Staatshoofde, beleggers en internasionale vennote sal fondse insamel vir ‘n klimaatsveerkragtige infrastruktuur. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê belangrike uitkomste sluit in ‘n verklaring oor waterbeleggings, beloftes […]
Data-soewereiniteit belangrik vir Afrika - August 10, 2025
Die adjunkminister van wetenskap, tegnologie en innovasie in Suid-Afrika, Nomalungelo Gina, het Afrika-universiteite aangespoor om skeppers van kunsmatige intelligensie en innovasie te word. Tydens die Universiteit van Zululand se 4de Internasionale Onderwysweek het sy die integrasie van inheemse kennis in tegnologie beklemtoon om die plaaslike kultuur te beskerm. Sy het instellings versoek om globale vennootskappe […]
Krieket: McGrath glo Aussies gaan skoonskip maak - August 10, 2025
Die voormalige Australiese bouler, Glenn McGrath, glo sy land gaan ‘n skoonskip-oorwinning van 5-0 oor Engeland behaal in die volgende reeks om die As, wat in November begin. Engeland het laas in 2015 die gesogte kruikie gewen. McGrath, wat die As ses keer gewen het, sê hy het volle vertroue in die Baggy Green met spelers […]
Afrikaanse fees maak buiging in Oshana - August 10, 2025
Die direktoraat van onderwys, kuns en kultuur in Oshana het Saterdag die eerste ooit Afrikaanse fees in die streek aangebied. Die fees gaan ‘n jaarlikse instelling word om die taal en kultuur in skole te bevorder wat Afrikaans as vak aanbied. Twaalf skole het aan vanjaar se debuutfees in Ongwediva deelgeneem. Een van die organiseerders, […]
Parlement eis onafhanklike ondersoek na UK-rassisme-aantygings - August 10, 2025
Die parlementêre portefeuljekomitee oor hoër onderwys het ‘n onafhanklike ondersoek gelas na bewerings van rassevooroordeel in die nasienproses aan die Universiteit van Kaapstad. ‘n Voormalige departementshoof aan die fakulteit maatskaplike ontwikkeling beweer dosente het wit studente hoër punte gegee terwyl hulle swart studente benadeel. Die Universiteit van Kaapstad sê ‘n interne ondersoek is aan die […]
Atlanta-skieter blameer Covid-entstof vir depressie - August 10, 2025
‘n Man van Georgia wat Vrydagmiddag op die Amerikaanse Sentrum vir Siektebeheer en –Voorkoming se kampus in Atlanta losgebrand en ‘n polisieman doodgeskiet het, het glo die Covid-entstof vir sy depressie en selfdoodneigings blameer. Die man het oor minstens vyf vuurwapens beskik en het op verskeie geboue op die kampus, insluitende ‘n apteek, geskiet. Dit […]
Tweede bokser sterf in Japan - August 10, 2025
‘n Tweede Japannese bokser is dood aan breinbeserings wat hy tydens ‘n geveg in Tokio opgedoen het. Die 28-jarige Hiromasa Urakawa is Saterdag dood nadat hy in die agtste ronde van sy geveg teen Yoji Saito op 2 Augustus met ‘n uitklophou uitgeslaan is. Dit volg op die dood van Shigetoshi Kotari Vrydag aan beserings […]
ReconAfrica spog oor omvang van Kavango-bron - August 10, 2025
Die potensiaal van ReconAfrica se eksplorasiegebied in die Kavango is gelykstaande aan dié van sommige aflandige reserwes, sê Brian Reinsborough, die maatskappy se president en uitvoerende hoof. ReconAfrica het onlangs sy Kavango Wes 1X eksplorasieput begin boor, wat na verwagting oor tot 340 miljoen vate olie kan beskik. Reinsborough het met Proactive Investors gepraat:
SA regbank kry beleid teen seksuele teistering - August 10, 2025
Hoofregter Mandisa Maya het ‘n seksuele teisteringsbeleid vir die regbank in Suid-Afrika bekendgestel, wat ‘n houding van geen verdraagsaamheid teenoor magsmisbruik versterk. Dit volg op toenemende druk vir optrede in die regsberoep ná die Geregtelike Gedragstribunaal in die Oos-Kaapse Hooggeregshof se ondersoek na regterpresident Selby Mbenege se gedrag teenoor deur ‘n regter-sekretaresse, Andiswa Mengo. Judges Matter het […]
Duisende betoog in Israel - August 10, 2025
Duisende betogers ter ondersteuning van die gyselaars het die strate van Jerusalem ingevaar en na premier Benjamin Netanyahu se woning opgeruk. Hulle is woedend oor die plan om Gazastad te beset. ‘n Voormalige soldaat, Max Kresch, wat aan die optog deelgeneem het, het aan die BBC gesê hy weier om voort te gaan om in […]