Só lyk Saterdag se sokkeruitslae - August 10, 2025
Mamelodi Sundowns het Saterdag hul titelverdediging van die Premierliga begin met ‘n een-elk gelykopuitslag teen Chippa United op die Nelson Mandelabaai-stadion in Gqeberha. Sekhukhune United het Orlando Pirates met 1-0 by hul tuisbasis oorrompel, terwyl Siwelele FC sy debuut as wenner gemaak het met ‘n 3-1 oorwinning oor Golden Arrows op hul tuisveld in Bloemfontein. […]
Namibië wil lid word van kernwaghond - August 10, 2025
Die kabinet het goedkeuring verleen dat Namibië aansoek doen om by die internasionale Nuclear Suppliers Group aan te sluit, ‘n groep van 48 lande wat hulle beywer vir kernhandel vir vreedsame doeleindes en nie die verspreiding van kernwapens nie. ‘n Interministeriële komitee onder die vaandel van buitelandse sake en handel sal begin om die groep […]
eThekwini in KZN maak geskiedenis met eie krag - August 10, 2025
eThekwini in KwaZulu-Natal het die eerste munisipaliteit in Suid-Afrika geword wat ministeriële goedkeuring ontvang het om sy eie elektrisiteit op te wek. Minister Kgosientsho Ramokgopa het ‘n Artikel 34-bepaling toegestaan, wat Durban in staat stel om 400 megawatt van onafhanklike produsente te verkry, dit is 100 megawatt van sonkrag-fotovoltaïese en 300 megawatt van gas-tot-krag-projekte. Die […]
Niger se Mars-meteoriet maak opslae - August 10, 2025
‘n Skaars meteoriet van Mars wat in Niger gevind is en in New York opgeveil is, het ‘n herrie ontketen. Dié meteoriet, die grootste van sy soort op aarde, is deur Sotheby’s vir 4,3 miljoen Amerikaanse dollar aan ‘n anonieme versamelaar verkoop. Dit is onbekend wie die meteoriet op die mark gesit het en of […]
Tennis: Blitsvinnige wen vir Sinner in Cincinnati - August 10, 2025
Jannik Sinner het Saterdag ‘n indrukwekkende teruggekeer gemaak by die ATP-toer se Cincinnati Ope, waar hy die verdediging van sy titel met sy vinnigste oorwinning van die seisoen behaal het. Die nommer een-speler op die ATP-ranglys, het vir die eerste keer weer begin speel sedert hy sy mededinger Carlos Alcaraz verslaan het om sy eerste […]
Registreer vroegtydig, sê NNN - August 10, 2025
President Netumbi Nandi-Ndaitwah het ‘n beroep op kiesers gedoen om vroegtydig van die bykomende registrasieveldtog vir die komende streeks- en plaaslike owerheidverkiesings gebruik te maak. Die veldtog duur tot 19 Augustus in al 121 kiesafdelings in die land.
SADP soek tien oor polisiemoord - August 10, 2025
Die polisie in Mpumalanga soek tien verdagtes wat verbind word met die moord op sersant Lawrence Mtshweni, wat gereageer het op ‘n sakeroof in Schoemansdal. Mtshweni is in die hospitaal oorlede. Sy moord volg op Vrydag se moorde op twee speurders in Roodepoort. Die SAPD bied ‘n beloning van 150 000 rand aan vir inligting […]
Noodtoestand teen bendegeweld in Haïti - August 10, 2025
Haïti se regering het Saterdag midde toenemende bendegeweld ‘n noodtoestand van drie maande in die sentrale deel van die land afgekondig. Haïti gaan gebuk onder ‘n landbou- en voedselkrisis. Volgens die VN is meer as 1 000 mense van Oktober verlede jaar tot Junie vanjaar vermoor, 200 is beseer en 620 ontvoer. Bendegeweld het ook […]
Gholf: Wind vat oemf uit Sterne se seile - August 10, 2025
Richard Sterne van Suid-Afrika, en oornagleier, het gesukkel met ‘n vier-oor-76, wat hom tot vierde plek laat terugsak het op die derde dag van die DP Wêreldtoer Nexo-kampioenskap. Grant Forrest van Skotland het die voortou geneem met ‘n een-onder-71, wat sy totale telling op sewe-onder te staan bring. Hy het nou ‘n voorsprong van drie […]
Pensioenarisse se CoW-skuld hoop weer op - August 10, 2025
Stad Windhoek hanteer sowat 90% van skuldinvordering self en is nie oor-afhanklik van eksterne partye soos RedForce om dit namens hulle te doen nie, sê die munisipaliteit. Pensioenarisse se agterstallige rekeninge word selde aan RedForce oorhandig, het die munisipaliteit in ‘n verklaring gesê. Die stad het in 2023/24 skuld van meer as 524 miljoen Namibiese […]