Groenes kwaai oor kernkrag in Wes-Kaap - August 10, 2025
Die omgewingsaktiviste Makoma Lekalakala van Earthlife Africa en Liziwe McDaid van Green Connection is sterk gekant teen die minister van die omgewing, Dion George, se goedkeuring van ‘n nuwe kernkragsentrale by Duynefontein in die Wes-Kaap. Hulle noem hoë koste, veiligheidsrisiko’s, oprigtingsvertragings en die afwesigheid van radioaktiewe afvaloplossings. Lekalakala dring aan op ‘n mensgedrewe energieplan wat […]
Trump, Putin sal niks bereik nie, sê Zelensky - August 10, 2025
President Volodymir Zelensky sê Oekraïne sal nie hul grond vir besetters persent gee nie. Dit volg terwyl president Donald Trump en sy Russiese eweknie Vladimir Putin beplan om op 15 Augustus vredessamesprekings te hou. Zelensky het in ‘n video-boodskap aan die nasie gesê die twee leiers sal niks bereik nie. Hy sê ware vrede is […]
Curriebeker: Pumas rol Bulle op Loftus - August 10, 2025
Die Pumas het Saterdag ‘n oortuigende oorwinning van 41-7 oor die Blou Bulle behaal in hul Curriebeker-wedstryd op Loftus Versfeld. Die Pumas het die gashere met ses drieë teen een getroef en die Bulle se segetog gestuit. Die Pumas is nou ook boaan die punteleer. En in Durban het die Cheetahs die ongelukkige Haaie in […]
Prysmonster se vleislus al groter - August 10, 2025
Namibië se voedselinflasie het in Junie 2025 tot 6,4 persent gestyg, teenoor 4,3 persnet in Junie 2023. Volgens die Voedsel- en Landbou-organisasie is die styging hoofsaaklik te wyte aan hoër vleis-, vrugte- en groentepryse, terwyl stapelvoedsel soos brood en graan stadiger stygings getoon het. Kosmos 94.1 Nuus het met Erastus Ngaruka, tegniese adviseur vir lewendehawe […]
ActionSA nie meer lus vir Nasionale Dialoog - August 10, 2025
ActionSA sê hulle sal hul deelname aan die Nasionale Dialoog op 15 Augustus heroorweeg, teen die agtergrond van die groeiende openbare ontevredenheid en kommer deur gerespekteerde stigtings oor regeringsbeheer en oorhaastige optrede. Die party waarsku die dialoog kan in ‘n foefie ontaard wat nie betekenisvolle hervorming tot gevolg het nie. ActionSA sê die inisiatief is […]
Polisie gryp meer as 460 betogers in Londen - August 10, 2025
Meer as 460 mense is Saterdag in Londen in hegtenis geneem ná hulle teen Brittanje se besluit betoog het om die groep Palestine Action te verban. Dit is die grootste massa-arrestasie ooit by ‘n enkele betoging in Londen. Die groep het ook teen die volksmoord in Gaza betoog. Palestine Action is onlangs verban ná lede […]
Krieket: Reuse-oorwinning vir Nieu-Seeland teen Zimbabwe - August 10, 2025
Nieu-Seeland het Saterdag ‘n oortuigende oorwinning met een kolfbeurt en 359 lopies op die derde dag van die tweede toets teen Zimbabwe in Bulawayo behaal. Nieu-Seeland se vorige grootste oorwinning – en Zimbabwe se vorige felste nederlaag – was met ‘n kolfbeurt en 301 lopies toe die twee spanne mekaar in Napier in 2011/12 die […]
Windhoek kry dalk nog twee parke - August 9, 2025
Windhoek kan moontlik twee parke ryker raak na die stadsraad besluit het om twee erwe in die hoofstad hiervoor te reserveer. Een van die erwe is in Olympia en die ander een in Windhoek-Wes. Stadsraadslede het 12 maande om met omvattende ontwikkelings- en finansieringsplanne vorendag te kom. Die ontwikkeling sal ingevolge die munisipaliteit se meestersplan […]
Goedkeuring vir Eskom se Duynefontein-kernkragstasie gehandhaaf - August 9, 2025
Die minister van die omgewing, bosbou en visserye, Dion George, het die 2017-besluit gehandhaaf wat Eskom omgewingsmagtiging verleen het om ‘n nuwe kernkragsentrale in Duynefontein, Wes-Kaap, te bou. Die minister het die omgewingstudie en ‘n onafhanklike portuuroorsig laat hersien voordat hy die appèlle van die hand gewys het. Ondanks die besluit moet Eskom steeds verdere […]
‘Oekraïne sal nie grond teruggee’ - August 9, 2025
Die Oekraïense president Volodymyr Zelenskiy het op president Donald Trump van Amerika se nuus van ‘n vergadering met die Russiese leier Vladimir Putin reageer en gesê sy land weier om grond terug aan sy besetters te gee. Trump het vroeër vanoggend gesê hy en Putin sal volgende Vrydag in Alaska ‘n moontlike vredesooreenkoms bespreek. Dit sal […]