Mini-krieketprogram wen internasionale toekenning - August 9, 2025
Krieket Namibië se Ashburton Kwata Mini-Krieketprogram het ‘n wêreldwye toekenning by die IKR se Jaarlikse Algemene Vergadering verower. Die voetsoolvlak-inisiatief, wat in al 14 streke aktief is en in openbare skole geïntegreer is, het 58 560 deelnemers in 2024 aangeteken – wat die gekombineerde totale van alle Afrika-nasies oortref. Met sterk geslagsverteenwoordiging en volhoubare groei […]
Trustco kry aanbod van Kaaiman-belegger - August 9, 2025
VeldBridge Holdings, ‘n beleggingsmaatskappy wat in die Kaaiman-eilande geïnkorporeer is, het ‘n aanbod gemaak om die volle aandelebesit van Trustco se stigter en uitvoerende hoof, dr. Quinton van Rooyen, te bekom. Die transaksie sal Trustco toegang gee tot nuwe finansiering. ‘n Voorwaarde van die aanbod is egter dat Trustco sy aansoek om ‘n Nasdaq-notering moet […]
Families woedend nadat moordklagte teen plaasopsigter laat vaar is - August 9, 2025
Die families van twee vroue wat in Polokwane doodgeskiet en in ‘n varkhok gegooi is, het die vryspreking van Rodulph De Wet veroordeel. Die 20-jarige plaasopsigter is nou ‘n staatsgetuie in die 2024-moorde op Maria Makgato en Lucia Ndlovu. Die vroue is na bewering geskiet terwyl hulle na kos op die plaas gesoek het. Hul […]
Brittanje, bondgenote veroordeel Gaza-plan - August 9, 2025
Brittanje en vier bondgenote het Israel se besluit gekritiseer om ‘n nuwe grootskaalse militêre operasie in Gaza te loods en gewaarsku dat dit die “katastrofiese humanitêre situasie” in die gebied sal vererger. Die ministers van buitelandse sake van Brittanje, Australië, Duitsland, Italië en Nieu-Seeland het in ‘n gesamentlike verklaring gesê dat die offensief “die lewens […]
Sokkermark in volle swang - August 9, 2025
Die sokker-oorplasingsmark is in volle swang met klubs regoor Europa wat stappe doen om hul spanne te versterk. Benjamin Sesko se oorplasing na Manchester United van RB Leipzig is amper voltooi, met die doelskieter wat na bewering vir ‘n mediese ondersoek wag. Elders is Liverpool glo in gesprek om ‘n konttak vir Alexander Isak van […]
Prysmonster snoep vir vleis, groente - August 9, 2025
Jaarlikse inflasie was in Julie 3,5 persent teenoor 3,7 persent in Junie, maar voedselpryse bly hoog. Voedselinflasie was 6,1 persent met veral vleis, vis en groente wat geklim het. Kosmos 94.1 Nuus het met die Cirrus-ekonoom Tannan Groenewald gepraat.
Lungu se familie appelleer teen begrafnisbevel - August 9, 2025
Die familie van die wyle voormalige Zambiese president Edgar Lungu het aansoek gedoen om verlof tot appèl teen die uitspraak van die Hooggeregshof in Pretoria wat gelas het dat sy oorskot na Lusaka gerepatrieer word vir begrafnis. Regterpresident Aubrey Ledwaba het gister dié bevel gelewer en die Zambiese regering se argument oor ‘n staatsbegrafnis ondersteun. […]
Sampioenmoordenaar het glo ook haar man probeer vergiftig - August 9, 2025
‘n Australiese vrou, Erin Patterson, wat drie van haar skoonfamilie vermoor het toe sy ‘n beef wellington met dodelike sampioene bedien het, het na bewering ook probeer om haar vervreemde man te vergiftig. Simon Patterson, het tydens ‘n voorverhoor in Oktober 2024 gesê hy vermoed sy het hom by verskeie geleenthede vergiftigde kos gegee. Die bewyse is […]
Gholf: SA se Hollick lei Sonskyntoer - August 9, 2025
Die Suid-Afrikaner, Michael Hollick, lei die Sonskyntoer FNB Eswatini-uitdaging nadat hy Vrydag ‘n uitstekende tweede ronde 64 voltooi het, wat sy totaal aan die begin van die laaste dag op 12 onder baansyfer te staan bring. Hollick se landgenoot Pieter Moolman en Allen John van Duitsland is gelykop in die tweede plek met 11 onder. […]
NamWater kry N$40 m vir Calueque - August 9, 2025
NamWater het 40 miljoen Namibiese dollar uit die Tegniese Komitee van Kundiges-rekening bekom om fase twee van die Calueque permanente pompstasie te voltooi. Dit sal die voorsiening van water uit die Calueque-dam op die grens van Namibië en Angola, aan die sentraal-noordelike gebiede van Namibië verbeter. Die bestaande pompe is oud en sukkel om in […]