Nasionale Dialoog sal voortgaan, sê Ramaphosa - August 9, 2025

President Cyril Ramaphosa sê die Nasionale Dialoog sal op 15 Augustus voortgaan ten spyte van die onttrekking van ses groot stigtings, insluitend dié van Thabo Mbeki, Steve Biko en FW de Klerk. Die groepe beskuldig die regering dat hulle beheer oorneem oor wat ‘n burgergeleide proses behoort te wees en wil hê dat die geleentheid […]

Read More

Franse Perrier in warm water - August 9, 2025

Frankryk se multi-miljard-euro mineraalwater maatskappye is in die kollig oor klimaatsverandering en toenemende kommer oor die sektor se omgewingsimpak. Wat ter sprake is is of van die wêreldberoemde handelsmerke, veral die ikoniese Perrier etiket, hom nog daarop kan beroep dat hy “natuurlike mineraalwater” voorsien. Dit volg na onthullings in die Franse media oor onwettige flitreerstelsels wat in […]

Read More

Curriebeker: Leeus verander span - August 9, 2025

Die onoorwonne Leeus moes weens beserings en siekte verskeie veranderings aan hulle span aanbring vir môre se Curriebeker-kragmeting teen die Boland in Wellington. Die losskakel Lubabalo Dobela het griep en is vervang met Kade Wolhuter; Dylan Sjoblom vervang die beseerde Darrien Landsbeg as slot en die vleuel Rabz Maxwane wat met ‘n gewrigbesering sukkel, word […]

Read More

Copps 94.1: Jeug gemaan om veilig te wees - August 9, 2025

Geen ernstige misdaadvoorvalle is Vrydagaand tydens die Copps 94.1-skof saam met die Windhoekse stadspolisie aangemeld nie. Groepies jong kinders in die strate van die hoofstad is deursoek en gemaan om waaksaam te wees. Senior-inspekteur Silas Shipandeni doen verslag:

Read More

Hoë damvlakke in Vaal gehandhaaf  - August 9, 2025

Die departement van water en sanitasie sal tot in die somer hoë watervlakke in die Vaaldam handhaaf, te midde van voorspellings oor matige tot minder as die gewone reënval in sentraal-Suid-Afrika. Die dam is tans op 106,3 persent kapasiteit. Die departement sê dié proaktiewe maatreël bied watersekerheid in Gauteng en in die Vrystaat. Ander belangrike […]

Read More

Kitsvloede tref provinsie in China  - August 9, 2025

Die Chinese regering het ‘n reddingspakket ter waarde van miljoene Amerikaanse dollar aangekondig nadat kitsvloede dorpe in die Guangdong provinsie getref het. ‘n Rekord van 622,6 mm reën het die afgelope week oor vier dae in die provinsiale hoofstad Guangzhou geval – byna drie keer die gemiddelde maandelikse reënval vir Augustus. Staatsmedia berig minstens sewe […]

Read More

Rugby: Griekwas oorrompel lustelose WP  - August 9, 2025

Die Griekwas het Vrydag ‘n taamlik lustelose Westelike Provinsie in hul derde-ronde Curriebeker-ontmoeting in Kimberley oortuigend geklop en ‘n bonuspunt verdien. Die Griekwas het sewe drieë gedruk en die wedstryd van die begin af oorheers. Hulle het die Westelike Provinsie met 47-17 geklop nadat hulle teen rustyd met 21-7 voorgeloop het. Dit is die Westelike Provinsie […]

Read More

Waterbeperkings in Windhoek word opgehef  - August 9, 2025

Windhoek se stadsraad het besluit om Maandag waterbesparingsmaatreëls van 15 persent en die gepaardgaande tariewe in die hoofstad op te hef. Die goeie afgelope reënseisoen het verseker dat die stad se waterreserwes genoeg vir ministens die volgende twee reënseisoene is, sê die munisipaliteit. Windhoek se suidelike akwifer gaan ook vanaf Maandag weer hervul word om die […]

Read More

Wouter Basson bly in spervuur  - August 9, 2025

Die Raad van Gesondheidsberoepe in Suid-Afrika sê hoewel daar vertragings met die wangedrag-tugverhoor van dr. Wouter Basson was, beteken dit nie tugstappe teen hom moet laat vaar word nie. Basson, ‘n praktiserende kardioloog, kan sy mediese lisensie verloor indien hy skuldig bevind word vir sy beweerde rol in die regering se program vir chemiese en […]

Read More

Trump, Putin koukus oor Oekraïne in Alaska - August 9, 2025

President Donald Trump van Amerika vergader volgende Vrydag met sy Russiese eweknie Vladimir Putin in Alaska om ‘n einde aan die voortslepende oorlog in die Oekraïne te probeer bring. Dit sal die eerste keer sedert 2021 wees dat die leiers van dié twee supermoonthede ontmoet. Trump het Vrydag gesê die partye beweeg nader aan ‘n […]

Read More