Sokker: Premierliga skop vandag af - August 9, 2025
Die Premiersliga-seisoen begin hierdie naweek met ‘n vol program. Die huidige kampioen, Mamelodi Sundowns, reis vandag na Chippa United vir ‘n wedstryd wat om 3 nm afskop, met Orlando Pirates, verlede seisoen se naaswenners, wat om 5.30 nm vir Sekhukhune United in Johannesburg aanvat. Ander belangrike wedstryde die naweek sluit in AmaZulu teen Orbit College, […]
DVS toets Namibië se plan teen bek-en-klou - August 9, 2025
Die direktoraat van veeartsenydienste gaan binnekort ‘n simulasie van sy volledige gebeurtlikheidsplan vir die uitbreking van bek-en-klouseer in werking te stel om seker te maak Namibië is gerat teen so ‘n moontlikheid. Die DVS se gebeurlikheidsplan behels onder meer inperkingsones in gebiede waar uitbrekings voorkom. Volgens die uitvoerende hoof van die Namibië Landbou Unie, Roelie Venter, moet elke […]
Geslagsgeweld ‘n noodtoestand in Oos-Kaap, sê DA - August 9, 2025
Die DA het belowe om vroue en meisies in Komani, Oos-Kaap, te beskerm, waar geslagsgeweldsyfers die hoogte inskiet. Die leier van die DA se Enoch Mgijima-kiesafdeling, Chantel King, het op ‘n Vrouedag-betoging gesê die dorp het te kampe met ‘n noodtoestand, met 158 verkragtings wat binne ‘n jaar aangemeld is. Sy het dringende polisie-ondersteuning, gemeenskapsbewusmaking […]
Duitsland stop militêre uitvoere na Israel - August 9, 2025
Duitsland het die opskorting van militêre uitvoere na Israel aangekondig weens die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, se plan om Gaza-stad oor te neem. Berlyn is een van Jerusalem se sterkste bondgenote, dikwels beskryf as ‘n geval van geskiedkundige verantwoordelikheid oor die Joodse Volksmoord. Duitsland se kanselier, Friedrich Merz, erken Israel het die reg op […]
Krieket: SA se jonges ‘plofbaar, vreesloos’ - August 9, 2025
Suid-Afrika se T20-kaptein, Aiden Markram, beskryf die jong spelers in die groep as plofbaar en vreesloos voor die reeks van drie wedstryde teen Australië wat môre in Darwin begin. Hy sê mens het nie veel bekommernisse op daardie ouderdom nie, wat weerspieël word in die manier waarop hulle oefen en speel. Die 19-jarige Lhuan-dré Pretorius, […]
Petrofund stuur 3 na Maritieme Universiteitskollege - August 8, 2025
Petrofund het aangekondig dat hy drie Namibiese gegradueerdes na die Nederlandse Maritieme Universiteitskollege in Maleisië stuur. Die Nust gegradueerdes Leonard Johannes, Erasmus Shikongo en Ricardo Samuyumbe sal gespesialiseerde opleiding ondergaan om afstandbeheerde voertuigtegnieke vir ondersese bedrywighede uit te voer. Petrofund-woordvoerder Shoki Kandjimi het meer besonderhede.
Wêreld-ondersteuningsprogram sal klimaatsdeursigtigheid opskerp - August 8, 2025
Die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram verwelkom die goedkeuring van die derde fase van die Wêreldondersteuningsprogram vir Klimaatsdeursigtigheid. Die program wil ontwikkelende lande se vermoë verbeter sodat hulle die vereistes van die Deursigtigheidsraamwerk ingevolge die Paryse Verdrag kan nakom. Dit sal lande ook ondersteun om vordering teen hulle nasionale klimaatplanne te meet. Die program beskou hierdie […]
Superster Tyla het 2 benoemings vir MTV Video Music-toekennings - August 8, 2025
Suid-Afrika se Grammy-bekroonde superster, Tyla, het twee benoemings ontvang vir die MTV Video Music-toekennings. Die 23-jarige sanger se enkelsnit, Push 2 Start, is benoem in die kategorieë vir beste choreografie en beste Afrobeats. Die lied is meer as 100-miljoen keer op platforms gekyk en het wêreldwyd ʼn dans-tendens aangewakker. Lady Gaga loop voor met 12 […]
Adam Peaty weer lus vir Statebondspele - August 8, 2025
Swem: Die driemalige Olimpiese goue-medalje wenner, Adam Peaty sê hy moet by volgende jaar se Statebondspele in Glasgow goed presteer as hy weer ‘n kans wil hê om by die Olimpiese Spele in 2028 uit te blink. Die 30-jarige Engelsman het na die Spele in Parys ‘n blaaskans gevat om sy geestestoestand en welstand te […]
Nsfaf vertel meer van studenteskuld-delging - August 8, 2025
Die Namibiese studentehulpfonds het meer inligting gegee oor die fonds se betaling van studenteskuld by instansies sodat hulle hul kwalifikasie kan ontvang en werk kan soek. Die fondse is in die vorm van ‘n lening en meer as 7 000 studente is reeds bygestaan. Woordvoerder Percy Tjahere sê aan Kosmos 94.1 Nuus aansoeke is steeds […]