Dis knortjor-opwinding in Swakop die naweek! - August 8, 2025
Die 2025 RMC Namibië Rotax-trofee sal op Swakopmund se R+R-renbaan môre plaasvind. Afrika se beste Rotax-knortjorre het op Namibië toegesak vir ‘n kragmeting van spoed, vaardigheid en kampioenskapdrome. Aksie skop om seweuur môreoggend af en sluit sesuur met die prysuitdeling af. Francois Lottering van Motor Media Namibia het al die besonderhede.
Namibiërs geletterd in moedertaal, vir wat Engels oral wil gebruik? - August 8, 2025
Die Nasionale Unie van Namibiese Werkers skryf die hoë ongeletterdheidsyfer in Namibië toe aan die land se klem op die gebruik van die Engelse taal. Dit kom nadat die minister van onderwys, Sanet Steenkamp, onthul het dat 9 uit 10 leerders wat 10 jaar en jonger is, nie ‘n eenvoudige teks kan lees nie. Die […]
Voedselinflasie styg steeds, meet 6,1% in Julie - August 8, 2025
Terwyl die jaarlikse inflasie in Julie op 3,5 persent gemeet is, was voedselinflasie 6,1 persent op ‘n jaargrondslag. Net suiwelprodukte en eiers het ‘n laer ingekom, met pryse wat met 0,7 persent gedaal het. Vis en vleis het met 10,3 persent gestyg, van onderskeidelik 3 persent en 3,8 persent in Julie 2024. Groente, wat aartappels […]
Sauma kap Headspring se ‘onvolledige’ boorgatwater analise - August 8, 2025
Die Stampriet Aquifer Uranium Mining Association, Sauma, sê Headspring se boorgatwater analise wat relatief hoë bestralingsyfers in sommige boorgate in die akwifeer uitlig, is niks nuut nie. Dis bekend dat waardes van water van binne ertsgroepe aansienlik hoër is as die Wêreld Gesondheidsorganisasie se veilige riglyne vir drinkwater. Hulle het ook die waardes van Headspring […]
Beperking van byvangste wyd verwelkom - August 8, 2025
Reaksie word ontvang op die verskerping van maatreëls om byvangste te beperk en oortreders te straf. Die kabinet het goedkeuring gegee dat die lynministerie uitvoerbare maatreëls instel om byvangsvlakke te verminder en mariene hulpbronne te beskerm. Dit sluit in ‘n 2 persent byvangsdrempel wat deur die maatskappy behou mag word, verhoogde fooie en meer. Kosmos […]
Namcor-saak: Borgtog-uitspraak uitgestel - August 8, 2025
Uitspraak moet nog gelewer word in die borgtog-aansoek van Immanuel Mulunga en ander aangeklaagdes in die Namcor-skandaal in die Windhoek-landdroshof, aangesien die saak tot Maandag uitgestel is. Die Staat staan borgtog teen en voer aan dat die ernstige aard van die beweerde misdade die toestaan van borgtog onregverdig sou maak. Mulunga se prokureur, Francois Bangamwabo, […]
R34 miljoen huurvlug na Kuba: Weermag verduidelik - August 8, 2025
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is bewus van kommer oor ‘n huurvlug na die Kubaanse Republiek. Die DA dring aan op antwoorde nadat dit aan die lig gekom het dat die SANW 34-miljoen Suid-Afrikaanse rand aan ‘n huurvlug bestee het om 200 personeellede na Havana te vervoer om ‘n gradeplegtigheid by te woon. Die woordvoerder van […]
Virginia Guiffre se broer in trane oor Epstein-sage - August 8, 2025
Die sogenaamde Epstein-lêers bly in die nuus en teister die Amerikaanse president Donald Trump. Die publiek en lede van sy eie MAGA-faksie eis dat die dokumente bekend gemaak word en daar is gerugte Trump word genoem. Trump het onlangs dit afgemaak as ‘n foefie. Reaksie is ontvang deur die familie van Virginia Guiffre, een van […]
Rassie wil jong spelers vir toekoms voorberei - August 8, 2025
Rugby: Springbokafrigter Rassie Erasmus is van plan om spandiepte te bou en jong talent vir die toekoms voor te berei. Die Bokke het hul voorbereidingskamp van twee weke in Johannesburg afgesluit. Drie Junior Springbokke wat Wêreldrugby se Onder-20 Kampioenskap gewen het, het deelgeneem. Erasmus sê Bathobele Hlekani, Cheswill Jooste en Haashim Pead is blootgestel aan […]
Julie-inflasie klok 3,5% maar kospryse steeds hoog - August 8, 2025
Namibië se jaarlikse inflasie het effens verstadig na 3,5 persent in Julie teenoor 3,7 persent in Junie, maar voedselpryse bly hardnekkig hoog, met vleis, vis en groente wat huishoudelike koste dryf. Namate kerninflasie styg tot 3,9 persent, groei kommer oor die werklike lewenskoste vir gewone Namibiërs. Mirjam Shihepo van die Namibiese Statistieke-agentskap het meer.