Lungu se liggaam moet terug na Zambië, beslis hof - August 8, 2025

Die Hooggeregshof in Pretoria het beslis die oorskot van die gewese Zambiese president, Edgar Lungu, moet gerepatrieer word vir ‘n staatsbegrafnis. Dit beëindig ‘n regsgeding tussen die Zambiese regering en sy familie, wat hom in Johannesburg wou begrawe. Lungu is twee maande gelede dood toe hy behandeling in Suid-Afrika ontvang het. Die adjunk-regterpresident, Aubrey Ledwaba, […]

Read More

Trump ontvang Armenië en Azerbeidjan vir vredesberaad - August 8, 2025

President Donald Trump van Amerika sê hy ontmoet vandag die leiers van Armenië en Azerbeidjan by die Withuis, vir wat hy ʼn geskiedkundige vredesberaad noem. Die verwagting is dat hulle ʼn vredesooreenkoms sal onderteken om ʼn einde te bring aan jare lange konflik tussen die twee Suid-Kaukasiese nasies. Hulle het twee keer oorlog gemaak oor […]

Read More

Tiener Mboko vat Kanadese Ope-vrouekroon - August 8, 2025

Tennis: Die 22-jarige Amerikaner Ben Shelton en die 18-jarige Kanadese promotorskeuse, Victoria Mboko, is vanjaar se kampioene van die Kanadese Ope. Shelton was ʼn stel agter, maar het ingehaal en die Rus, Karen Khachanov, in Toronto verslaan om sy eerste ATP Meesters-een-duisend-titel te buit. In die vroueafdeling in Montreal het Mboko die viermalige Grand Slam-kampioen, […]

Read More

Olie op koers vir grootste daling sedert einde Julie - August 8, 2025

Oliepryse is vanoggend stabiel, maar kenners meen die kommoditeit maak gereed vir die steilste weeklikse verliese sedert laat Junie as gevolg van ‘n Trump-tariewe en ‘n moontlike vergadering tussen die Amerikaanse president Donald Trump en sy Russiese eweknie Vladimir Putin. Brent verhandel onder 67 Amerikaanse dollar ‘n vat en is op koers om 4,3 persent die […]

Read More

RedForce: Walvis sê daar is vereistes - August 8, 2025

Reaksie kom steeds in op minister van stedelike nedersetting, James Sankwasa, se opdrag dat plaaslike owerhede nie kontrakte met RedForce Debt Management moet hernu of nuwes aangaan nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Walvisbaai se burgemeester Trevino Forbes gepraat, wat sê dis nie ‘n slegte idee nie, maar daar is vereistes.

Read More

Stereotipes is beledigend – GOOD - August 8, 2025

Die GOOD-party sê dis ‘n pynlike feit dat Suid-Afrika na drie dekades van demokrasie steeds op rasse- en etniese gebied verdeel is. Die Open Chats Podcast is op TikTok versprei waarin die aanbieders in ‘n episode die bruin gemeenskap aanstootlik stereotipeer. Die aanbieders het verskoning gevra vir hul opmerkings. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê […]

Read More

Starmer spreek hom sterk uit teen Gaza-besetting - August 8, 2025

Die Britse premier Keir Starmer sê Israel se besluit om beheer oor Gaza Stad oor te neem, is verkeerd en het die Israeliese regering aangespoor om te heroorweeg. Die land se kabinet het dit so goedgekeur. Volgens Starmer is die Israeliese regering se besluit om sy offensief in Gaza verder te eskaleer, verkeerd. Hy sê […]

Read More

Shack Dwellers kom tot GRN se redding met huisbou - August 8, 2025

Die Shack Dwellers-federasie het 55 erwe in Mariental bekom as deel van sy program om meer as 3 100 huise landwyd te bou. Kosmos 94.1 Nuus het met Heinrich Amushila van die federasie gepraat, wat verduidelik waar hulle befondsing ontvang, ook vir die opgradering van informele nedersettings en die diens van erwe. Dit wil voorkom […]

Read More

Volgende droogte onafwendbaar, berei solank voor - August 8, 2025

Ten spyte van wydverspreide reën wat ‘n langdurige droogte regoor Namibië gebreek het, waarsku kenners veeboere om nie selfvoldaan te raak nie. Met weiding wat reeds tekens van druk in sommige gebiede toon, kan die volgende droogte, wat onafwendbaar is, vroeër as verwag aanbreek en slegs diegene wat nou begin beplan, sal gereed wees wanneer […]

Read More

Mosiehof: Eiendom-eis van N$10m op reël 108 - August 8, 2025

Regters Hannelie Prinsloo en Shafimana Ueitele het vanoggend se mosiehof-sessies hanteer met 73 aansoeke vir verstekvonnisse waarvan 13 op die reël 108-rol was. Kommersiële banke het 35 eise gebring. Die banke het 21 eiendomslenings met skuld van 38 miljoen dollar wat nou betaalbaar is. Daar is ook 14 lenings met 8,8 miljoen dollar wat uitstaande […]

Read More