Die minimumloon en die plaaswerker… - August 8, 2025
Die minimumloon bly in die nuus. Kenners is dit eens dat werkloosheid sal toeneem. ‘n Koëffisiënt wat algemeen gebruik word se beraming is as die ekonomie met 1 persent groei, styg indiensneming met 0,5 persent. Namibië se geskatte ekonomiese groei vir 2025 is 3,8 persent wat beteken werksgeleenthede kan met ‘n skrale 1,9 persent toeneem. […]
Een dag, 9 miljoen jaar gelede, het ‘n tamatie en aartappel getrou… - August 8, 2025
Almal hou van aartappels – of dit skyfies is en of dit vodka is, maar waar kom dit vandaan? Wetenskaplikes het bevind dat ‘n tamatie en oer-aartappel in wese gepaar het, 9 miljoen jaar gelede, en die begin van die moderne aartappel aangeteken het. ‘n Analise van 450 genome van gekweekte aartappels en 56 genome […]
Bank Windhoek doen aansoek vir Linden Beef se likwidasie, reuse-skuld - August 8, 2025
Bank Windhoek doen vandag dringend aansoek voor regter Andrew Corbett vir die likwidasie van Linden Beef van David van der Linden wat tans in Okahandja agter tralies is op dwelmklagtes rakende dagga van ‘n beweerde 52 miljoen Namibiese dollar. Die bank sê hy word amper 28,5 miljoen dollar deur die voerkraal geskuld. Die bank eis […]
NamWater werk aan Erongo-watervoorsiening - August 8, 2025
NamWater installeer en sal dan ‘n nuwe kraglyn by Kuiseb in bedryf stel om die betroubaarheid van watervoorsiening in die Erongo-streek te verbeter. Hierdie infrastruktuuropgradering kan die watervoorsiening na Walvisbaai tydelik verminder tydens die inbedryfstellingsfase, wat begin het. Inwoners word versoek om water spaarsamig te gebruik. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van NamWater, […]
Waar’s die R831m vir SANDF in DRK? - August 8, 2025
Die DA vra ‘n dringende ondersoek om vas te stel wat van die verlore 813 miljoen Suid-Afrikaanse rand geword het wat vir die soldate van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag in die Demokratiese Republiek die Kongo bedoel was. Nicholas Gotsell van die DA sê die voorsitter van die Parlement se gesamentlike staande komitee oor Verdediging, Malusi […]
Plastiekverdrag moet hele lewensiklus dek - August 8, 2025
Die Europese Kommissie sê hy wil hê die Wêreld-plastiekverdrag moet die hele lewensiklus van plastiek dek – van vervaardiging tot die vullishouer. Afgevaardigdes van meer as 100 lande is byeen in Genève, Switserland, om te beraadslaag oor ʼn wetlik bindende verdrag om plastiekbesoedeling te bekamp. Wêreldwyd word 400 miljoen ton plastiek jaarliks vervaardig, maar slegs […]
BoN loods veldtog vir finansiële inklusiwiteit - August 8, 2025
Die Bank van Namibië sê dat hul nuwe maandlange Finansiële Insluitingsbewustheidsveldtog daarop gemik is om bewustheid te verhoog, finansiële opvoeding te verbeter en verbruikersbeskerming te versterk. Die veldtog dien as ondersteuning vir die komende Alliance for Financial Inclusion Global Policy Forum in Swakopmund. Die bank se kommunikasiepraktisyn, Josefina Oskar, het meer besonderhede oor die veldtog […]
Handelskrisis in SA is ANC beleid se skuld – VF+ - August 8, 2025
Die Vryheidsfront Plus sê Suid-Afrika se diplomatieke en handelskrisis kan regstreeks toegeskryf word aan die ANC-regering se voortgesette sosialistiese beleid en mislukte buitelandse beleid. Dit volg nadat Amerika tariewe van 30-persent op Suid-Afrikaanse uitvoerprodukte gehef het. Jaco Mulder van die VF Plus sê die minister van Handel en Nywerheid, Parks Tau, en president Cyril Ramaphosa […]
M23 sê hy is nie genooi na vandag se vredesgesprek nie - August 8, 2025
Die Rwanda-gesteunde M23-rebellegroep sê hy het nog nie ‘n uitnodiging ontvang vir vredesgesprekke met die Demokratiese Republiek van die Kongo wat vandag in Doha begin nie. ‘n Vertraging in die begin van die gesprekke loop die risiko om die ambisieuse belofte deur die twee kante om die oorlog te beëindig in die wiele te ry. […]
Jannik sê hy’s reg vir Cincinnati na blaaskans - August 8, 2025
Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, glo dit was die regte besluit om ‘n lang ruskans te neem nadat hy Wimbledon verlede maand gewen het. Hy het aan die Kanadese Ope onttrek en gaan sy titel in Cincinnati verdedig voor die Amerikaanse Ope in New York, waar hy ook die verdedigende kampioen is. Die 23-jarige Italianer sê […]