Kabinet keur uiters streng maatreëls teen byvangste goed - August 8, 2025
Die kabinet het goedkeuring gegee dat die lynministerie uitvoerbare maatreëls instel om byvangsvlakke te verminder en maatreëls te implementeer om mariene hulpbronne te beskerm. Dit sluit in ‘n 2 persent byvangsdrempel wat deur die maatskappy behou mag word en sou dit oorskry word, , en byvangste wat die drempel oorskry, sal aanspreeklik wees vir byvangsfooie […]
Masels breek uit in Ekurhuleni - August 8, 2025
Die Vryheidsfront Plus waarsku inwoners, veral dié in Ekurhuleni, om voorkomend op te tree te midde van die maseluitbreking in die metro. Altesaam 80 bevestigde gevalle is reeds aangemeld. Die VF Plus-woordvoerder, Jennifer Glover, sê die Gautengse Gesondheidsdepartement hou die situasie dop, maar voeg by ouers en voogde moet waaksaam bly en die nodige stappe […]
Suide van Frankryk brand steeds, na 3 dae - August 8, 2025
Brandbestryders worstel steeds om Frankryk se grootste veldbrand in byna agt dekades te bestry, nadat meer as 16 000 hektaar reeds verbrand het, een persoon dood is en talle huise vernietig is. Reuters berig rookwolke hang oor die beboste gebiede in Suid-Frankryk. Plaaslike owerhede het gesê behalwe die een slagoffer, word drie vermis en twee mense, […]
Lekker vasbyt op Mariental môre - August 8, 2025
Plot K3 in Mariental, Namibië, is waar die Mariental Vasbyt môre plaasvind. Toegang is 30 Namibiese dollar vir volwassenes, 10 dollar vir skoolkinders, met gratis toegang vir diegene onder sewe. Francois Lottering van Motor Media Namibia het meer.
Beesvleisuitvoere daal 50% in tweede kwartaal - August 8, 2025
Terwyl pryse verbeter het, het Namibië se beesvleisuitvoere skerp gedaal in die tweede kwartaal van 2025, met volumes wat byna 50 persent laer is teenoor verlede jaar. Die Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad sê uitvoere het net meer as 4 miljoen kilogram beloop teenoor net meer as 8 miljoen kilogram in 2024. Die Europese Unie is […]
Pretoria-hof sê vandag oor Lungu se rusplek - August 8, 2025
Die hoërhof in Pretoria lewer vandag uitspraak oor die laaste rusplek van die gewese Zambiese president, Edgar Lungu. Die Zambiese regering het versoek dat sy liggaam na sy vaderland geneem moet word vir ‘n staatsbegrafnis en teraarde-bestelling in Embassy Park in Lusaka. Die regering betoog sy voordele is wel opgeskort weens politieke ingryping, maar geld […]
Gaza: Israel se oorname sal dodetal verder verhoog - August 8, 2025
Reaksie stroom in na die Israeliese premier Benjamin Netanyahu gesê het Israel is van plan om volle militêre beheer oor die hele Gaza te neem. Dr. Natalie Roberts van Doctors without Borders UK het aan Britse media gesê dit sal die dood van baie mense beteken.
Suid-Afrika herdenk Vrouedag - August 8, 2025
Suid-Afrika herdenk vandag Vrouedag en die regering sê hierdie jaar kyk na die vordering wat vroue gemaak het in leierskap en die ekonomiese lewe, en die stryd teen geslagsgeweld. Die 2025 Nasionale Vrouedag-vieringe met die tema “Die bou van veerkragtige ekonomieë vir almal” sal by die Nkowankowa Stadion in Tzaneen, Limpopo, gehou word. Die minister […]
Verskeie resolusies deur die kabinet aanvaar - August 8, 2025
Die kabinet het amptelik die resolusies aanvaar wat bespreek is tydens die SAOG-oorgrensbewaringsgebiedsberaad van staatshoofde en regeringshoofde. Die beraad het in Mei vanjaar in Harare, Zimbabwe, plaasgevind. Tydens ‘n kabinetsinligtingsessie het inligtingsminister Emma Theofelus ‘n opdatering gegee oor die resolusies wat aanvaar is.
Ramaphosa en Putin gesels per telefoon - August 8, 2025
President Cyril Ramaphosa het per telefoon met sy Russiese ampsgenoot, Vladimir Putin, gepraat oor die oorlog in Oekraïne en sake van gemeenskaplike, bilaterale belang. Sedert Rusland se volskaalse inval in Oekraïne het Westerse nasies verreikende sanksies teen Moskou ingestel in ʼn poging om sy oorlogspoging te stuit. Suid-Afrika het egter ʼn beleid van nie-belyning met […]