Bots se Boko sluit aan by Raad vir Globale Klimaatsaanpassing - August 8, 2025
Die president van Botswana, Duma Boko, het by die Raad van die Globale Klimaatsaanpassing aangesluit. Dit dui op ‘n hernude fokus op klimaatgeregtigheid en volhoubare Afrika-oplossings. Botswana ondervind ernstige droogtes en stygende temperature en Boko beklemtoon dat klimaataanpassing dringende ekonomiese en politieke voorkeur geniet. Die voorsitter van die raad, Macky Sall, verwelkom die aanstelling en […]
Djokovic bevestig deelname aan Amerikaanse Ope - August 8, 2025
Die wêreld-nommer-ses, Novak Djokovic, het besluit om aan die Amerikaanse Ope deel te neem wat die 24ste Augustus in New York begin. Dit volg nadat hy aan die Kanadese en die Cincinnati-ope onttrek het. Djokovic het verlede jaar na die Amerikaanse Ope deelgeneem aan die Shanghai-meesterstoernooi en die Six Kings Slam in Saoedi-Arabië. Hy kan […]
BBU aanlynveiling samel N$174 000 vir bewaring in - August 8, 2025
Die 2025 Brandberg Backyard Ultra, geborg deur RMB Namibia, het oor die naweek ‘n rekordopkoms gehad maar daar is nog. ‘n Twee-dag aanlynveiling ten bate van Save the Rhino Trust, Ocean Conservation Namibia, en Pangolin Conservation Namibia het meer as 174 000 Namibiese dollar ingesamel. Kosmos 94.1 Nuus het met Nico Scholtz van Namibia Ultra […]
Skaapprodusente word goed beloon, daarom goeie prestasie - August 8, 2025
Reaksie word ontvang op Namibiese A2-lamskarkaspryse wat goed presteer teenoor dié van Uruguay, Suid-Afrika en Australië. Namibiese A2-pryse het sover vanjaar gemiddeld 91 dollar 90 sent per kilogram gehaal, ‘n groei van 22,79 persent teenoor verlede jaar se pryse. Kosmos 94.1 Nuus het met Ohlthaver en List se uitvoerende hoof, Sven Thieme gepraat.
Belastingverligting dryf kaarttransaksies die hoogte in - August 8, 2025
In ‘n ontleding sê Cirrus-ekonoom Tannan Groenewald dat die vierde kwartaal van verlede jaar 61,7 miljoen kaarttransaksies aangeteken het, ‘n groei van 35,5 persent teenoor die vorige jaar. Hy sê die belastingvoordeel wat ingeskop het, het daartoe bygedra omdat daar ook in die tweede kwartaal van 2024 groei gesien is na die verligting aangekondig is […]
Nasionale lotery kom oor jaar of twee - August 8, 2025
Die Loteryraad van Namibië sê die land se eerste staatslotery sal binne ‘n jaar of twee uitgerol word. John Shimaneni, uitvoerende hoof van die Loteryraad sê aan The Brief dat hulle tans besig met die verkryging van transaksionele adviesdienste om te help met die aanstelling van ‘n gelisensieerde operateur, in ooreenstemming met die wet. Shimaneni […]
NamBTS soek jou bloed die Saterdag - August 8, 2025
Die Bloedoortappingsdiens van Namibië bied môre ‘n bloedskenkingskliniek by sy hoofkwartiersentrum in Talstraat by Ausspannplatz aan. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Salmi Shigwedha, bemarkingsbeampte by die diens, wat sê bloedskenkings neem af in die winter weens griep en seisoenale siektes. Shigwedha het meer.
Keetmans se Namdia-lot verskyn weer in November - August 8, 2025
Die saak van drie Namdia-verdagtes is in die Keetmanshoop landdroshof tot 4 November uitgestel vir verdere polisie-ondersoeke. George Cloete, sy vrou Charmaine en sy broer Bino is aangekla van oortreding van die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad en die onwettige handel in goedere onder die Diamantwet. Hulle het na bewering diamante na Port […]
SA-wette rakende borg moet versterk word - August 8, 2025
Die Activists and Citizens Forum sê Suid-Afrika het strenger borgtogwette en wetgewing nodig om borgtog vir verdagtes moeiliker te maak. Die forum sê die polisie moet meer moeite doen om goed ondersoekte sake voor te lê sodat die Nasionale Vervolgingsgesag ‘n sterker saak voor die hof kan bring. Die woordvoerder van die forum, Dennis Bloem, […]
Bibi wil sekuriteitskordon om Gaza vestig, kry vir nou Gaza Stad - August 8, 2025
Ons wip na Israel en eerste minister Benjamin Netanyahu het in ‘n onderhoud met Fox News gesê dat Israel van voornemens is om militêre beheer oor die Gaza-strook te neem. Hy het bygevoeg dat Israel dit uiteindelik aan Arabiese magte sal oorhandig wat dit behoorlik sal regeer. Netanyahu het gepraat direk voor ‘n vergadering met […]