Kontantlose buskaartjie-stelsel begin Maandag in hoofstad - August 7, 2025

Die Stad Windhoek het sy kontantlose buskaartjie-stelsel aangekondig, wat op 11 Augustus in werking sal tree. Daarna sal geen kontantbetalings aanvaar word nie. Passasiers sal nou by busse in- en afklim deur met hul kaarte op die kontantlose stelsel te tik. Dit sal lang rye en tydvermorsing uitskakel. Passasiers sal van 4 Augustus tot 4 […]

Read More

Ontwikkelingstrust-raad gaan vergader oor omkopery-bewerings - August 7, 2025

Die raad van die Onafhanklike Ontwikkelingstrust gaan vergader oor bewerings van omkopery teen die geskorste uitvoerende hoof, Tebogo Malaka, en woordvoerder Phasha Makgolane. Dit volg op beeldmateriaal wat die ondersoekende joernalis van Daily Maverick, Pieter-Louis Myburgh, vrygestel het wat na bewering vir Malaka en Makgolane uitbeeld wat hom 60 000 Suid-Afrikaanse rand kontant aanbied om […]

Read More

Ontleder werp lig op Trump se planne met Putin - August 7, 2025

Oekraïnse president Volodymyr Zelensky het laat gisteraand gesê ná ‘n vroeëre telefoongesprek met Amerikaanse president Donald Trump dat die druk op Rusland werk, en dit is uiters belangrik dat “hulle ons nie mislei nie”. Zelensky het bygevoeg dat dit “lyk asof” Rusland neig na ‘n wapenstilstand. SkyNews se VSA-korrespondent in Washington, David Blevins, lewer kommentaar.

Read More

Rekord 15 000 deelnemers in Totalsports-vrouewedloop - August 7, 2025

Padwedlope: ʼn Rekord van 15 000 deelnemers word Saterdag by vanjaar se 19de Totalsports-vrouewedloop in Kaapstad verwag. Dit is 20-persent meer as in 2024 toe 12 000 drawwers weggespring het. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê deelnemers sal eendragtigheid toon met PinkDrive, ʼn kankerbewustheidsorganisasie wat opvoeding, vroeë opsporing en toegang tot noodsaaklike […]

Read More

Oshana-goewerneur boos oor leë hoëvlak-vergadering - August 7, 2025

Oshana-goewerneur Hofni Iipinge het teleurstelling uitgespreek oor die swak bywoning van die eerste hoëvlak-vergadering met streekshoofde van openbare instellings op Oshakati. Hy sê dat die meeste plaaslike raadslede, burgemeesters en uitvoerende hoofde, behalwe Ongwediva, afwesig was.

Read More

Forum for South Africa soek wettige, veilige mynbedryf - August 7, 2025

Die Forum for South Africa sê die land verdien ‘n mynbedryf wat wettig, veilig en voordelig vir sy burgers is. Minstens 550 vermeende onwettige mynwerkers, waaronder buitelanders en minderjariges, is die afgelope paar dae by die Sheba-goudmyn in Barberton, Mpumalanga, aangekeer. Die meeste verdagtes is van Mosambiek, Swaziland, Lesotho en Zimbabwe. Die forum se leier, […]

Read More

M23-rebelle vermoor steeds burgerlikes in oos-DRK - August 7, 2025

Die Verenigde Nasies se Menseregtekantoor sê die M23-rebelle se aanvalle op burgerlikes in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo gaan voort al is ʼn skietstilstand in Junie onderteken. M23-soldate en lede van die Rwandese Weermag het tussen 9 en 21 Julie minstens 319 burgerlikes in die Noord-Kivu-provinsie vermoor. Die VN se hoëkommissaris […]

Read More

Wallabies kondig 35 spelers aan vir Bok-toetse - August 7, 2025

Rugby: Die Wallabies se afrigter, Joe Schmidt, het ‘n groep van 35 spelers aangekondig vir die twee Rugbykampioenskaps-toetse teen die Springbokke in Suid-Afrika. Tane Edmed en Lukhan Salakaia-Loto is twee van die nuwelinge in die groep. Nic White het sy uittrede tydelik uitgestel om die gereelde skrumskakel Jake Gordon te vervang, wat beseer is. Schmidt […]

Read More

Gestremdes sal ingesluit word – Witbooi - August 7, 2025

Visepresident Lucia Witbooi het by die Namibiese Federasie van die Visueel Gestremdes in Windhoek gepraat, waar sy die regering se verbintenis tot gestremdheidsinsluiting bevestig het. Sy sê die hersiene Nasionale Gestremdheidsbeleid, in lyn met wetlike raamwerke, sal binnekort in die Staatskoerant gepubliseer word om inklusiewe ontwikkeling te bevorder. Die jongste sensus toon dat 4,4 persent […]

Read More

Gauteng skole geraak deur onwettige mynwese, onstabiele grond, vuil lug - August 7, 2025

Die Gautengse Onderwysdepartement sê talle skole in die provinsie word geraak deur onstabiele grond, lugbesoedeling en onwettige en wettige mynbedrywighede. In sommige gevalle is skole verskuif of in rehabilitasieprogramme geplaas weens kommer oor veiligheid. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê ná assessering gaan hulle met rehabilitasieprogramme begin by 13 skole in gebiede soos Gauteng-Wes, […]

Read More