Ghana kondig drie dae van rou af na vlugramp - August 7, 2025

Ghana het ‘n ondersoek gelas na die ongeluk van ‘n militêre helikopter wat al agt mense aan boord gedood het, insluitend die ministers van verdediging en omgewing, en ander topamptenare. Die land het ook drie dae van nasionale rou vanaf vandag verklaar, en alle vlae sal gedurende die tydperk halfstok hang. Staatsmedia het berig dat […]

Read More

China stel beperkings op vergaderings en toesprake in, ‘nuttelose formaliteite’ - August 7, 2025

China se wetgewers het amptenare opdrag gegee om minder vergaderings te hou en om korter toesprake te hou in ‘n poging om “nuttelose formaliteite” uit te roei. Staatsmedia berig die stroomlyning van vergaderings en die beperking van dokumente tot 5 000 woorde is in ’n gedetailleerde regeringskennisgewing vervat. Minder vergaderings en minder papierwerk sal beteken […]

Read More

Nampharm-stigting se gala-dinee om die draai - August 7, 2025

Namate die 20ste Augustus nader kom, maak die Nampharm-stigting gereed om sy 20ste bestaansjaar te vier met ’n galadinee by die Windhoek Buiteklub-oord. Die geleentheid sal twee dekades van ondersteuning aan Namibiese kinders herdenk. Kosmos 94.1 Nuus het met Cari-Ane van der Walt, Nampharm se administratiewe en fondsinsamelingskoördineerder, gesels.

Read More

Debmarine onderhandel oor 15% tarief - August 7, 2025

Debmarine Namibia sê daar is gesprekke aan die gang om ‘n vrystelling van die nuut opgelegde 15 persent diamantinvoertariewe deur die VSA te bekom. The Brief berig die tariewe dreig om die mededingendheid van Namibiese diamante in die wêreld se grootste juweliersmark te ondermyn. Debmarine se uitvoerende hoof, Willy Mertens sê die VSA produseer nie […]

Read More

Kapofi sê oor Africom waarskuwing oor terreur, dwelms - August 7, 2025

Kosmos 94.1 Nuus het met die verdedigingsminister Frans Kapofi gesels oor die aanmerkings deur die Amerikaanse luitenant-generaal John Brennan van Africom. Hy sê jihadistiese groepe is aktief aan die grense van Namibië en Angola, asook in Suid-Afrika en Mosambiek. Hy waarsku ook teen die vestiging van ’n Meksikaanse dwelmkartel in Suider-Afrika, wat ’n risiko vir […]

Read More

Meer as 7 000 studente bygestaan om kwalifikasies te bekom - August 7, 2025

Sedert die Namibiese studente hulpfonds geld van die Tesourie ontvang het, was hy in staat om tot dusver 7 020 studente by te staan om hulle kwalifikasies te ontvang en werk te soek. Die totale uitstaande bedrag wat voorsien is beloop 118 miljoen Namibiese dollar. Die fonds sê die bystand word aan die betrokke gegradueerde […]

Read More

Blink plan vir sirkulêre landboustelsel in Omusati - August 7, 2025

Die landbouministerie beplan om die Epalela Aqua-Fish Farm in Omusati in ‘n geïntegreerde boerderysentrum te omskep. Die uitvoerende direkteur, Ndiyakupi Nghituwamata, het die gebied besoek en sê dat die projek sal vis- en gewasproduksie kombineer deur bestaande infrastruktuur en voedingstofryke damwater vir besproeiing te gebruik.

Read More

Lae opname van eiendomskuld wek kommer - August 7, 2025

Kredietverlening in die private sektor het met 5,7 persent in Junie 2025 gegroei, teenoor 4,1 persent in Mei 2025. Volgens FNB Namibië se jongste data is dit die sterkste groeikoers sedert Maart 2020 en is aansienlik hoër as die 1,8 persent wat in Junie 2024 aangeteken is. Ndateelela Amukuhu, ‘n ontleder by die bank, skryf […]

Read More

Tariewe: 8% van SA-uitvoere gaan na VSA - August 7, 2025

Die parlementêre komitee oor Handel, Nywerheid en Mededinging sê hy is weens die sterk handels- en beleggingsverhouding tussen Suid-Afrika en Amerika, bekommerd oor die uitwerking van die 30-persent Amerikaanse tariewe. Sowat 8 persent van Suid-Afrikaanse goedere wat in 2024 wêreldwyd uitgevoer is, was na Amerika. Die komitee sê hy is bekommerd oor die uitwerking van […]

Read More

Egipte: 3 000 vragmotors wag om Gaza binne te gaan - August 7, 2025

Die Egiptiese Rooi Kruis het bevestig dat byna 800 hulpvragmotors sedert 27 Julie vir inspeksie by Israel se Kerem Shalom-kruising gestuur is, as deel van hernieude pogings om humanitêre hulp aan Gaza te lewer. Dit volg op Israel se verslapping van beperkings laat verlede maand. Die organisasie sê die getal wat oorspronklik voorberei is, was […]

Read More