Massaskietery by militêre basis in Georgia - August 7, 2025

ʼn Amerikaanse weermagsersant op aktiewe diens is gearresteer nadat hy by die Fort Stewart militêre basis in Georgia losgebrand en vyf van sy medesoldate gewond het. Amptenare sê die verdagte, die 28-jarige sersant Quornelius Samentrio Radford, het met sy persoonlike handwapen op die soldate geskiet. Brigadier-generaal John Lubas sê die ondersoek duur voort en die […]

Read More

Jeugdiens is hoog op regering se prioritetislys - August 7, 2025

Tydens sy toespraak by die opening van die 16de inname deur die Nasionale Jeugdiens by die Hentiesbaai-opleidingsentrum, het adjunk-onderwysminister Dino Ballotti die regering se verbintenis herbevestig om befondsing vir die Nasionale Jeugdiens te verhoog, gelei deur nasionale beleide soos Visie 2030 en NDP 6. Jeuginskrywings het gegroei van 350 in 2023 tot ‘n rekord van […]

Read More

Kritiek teen Cyril wat apartheidskadevergoeding-saak wil uitstel - August 7, 2025

Die families en oorlewendes van apartheidsmisdade het president Cyril Ramaphosa se aansoek om ‘n grondwetlike skadevergoedingsaak uit te stel, gekritiseer. Die families eis 168-miljoen-rand vir wat hulle die staat se growwe versuim noem om politieke misdade, wat die Waarheids- en Versoeningskommissie uitgewys het, te ondersoek en te vervolg. Ramaphosa wil hê die Hooggeregshof in Pretoria […]

Read More

Texas se Abbott wend hom aan die hof oor Demokrate wat vlug - August 7, 2025

Die goewerneur van Texas, Greg Abbott, doen regstappe om talle Demokrate af te dank nadat hulle uit die staat gevlug het om planne te verhoed om verkiesingsgrense te verskuif. Hy het ‘n aansoek by die Hoërhof ingedien en beskryf die optrede as ’n komplot om die staatsregering te kaap. Abbott sê die vertrek van meer […]

Read More

Schmidt kry beweegruimte met skrapping van Giteau-reël - August 7, 2025

Australië se skrapping van die sogenaamde Giteau-reël gee die Wallabies se afrigter, Joe Schmidt, die kans om sy groep vir die Rugbykampioenskap te versterk met oorsese spelers. Die reël het die gebruik van oorsese Wallabies verbied wat nie 60 toetse gespeel het nie. Peter Horne van Rugby Australië sê hulle sal steeds plaaslike spelers kies […]

Read More

AR sê ACC moet onafhanklikheid bewaar, behou - August 7, 2025

Die AR-beweging se woordvoerder George Kambala het by ‘n media-inligtingsessie die Teenkorrupsie-kommissie se onlangse hoëprofiel-arrestasies verwelkom. Hy noem dit ‘n teken van lank-agterstallige optrede, maar waarsku teen polities gemotiveerde vervolgings. Hy het die ACC versoek om sonder vrees of begunstiging op te tree.

Read More

Onwettige mynbedrywighede bedreig SA se sekerheid - August 7, 2025

Die regering sê onwettige mynbedrywighede is ʼn misdaad wat nasionale sekerheid en openbare veiligheid bedreig. Minstens 550 vermeende onwettige myners, insluitend buitelanders en minderjariges, is die afgelope paar dae by die Sheba-goudmyn in Barberton, Mpumalanga, gearresteer. Die regeringswoordvoerder, Nonkululeko Matshali, sê hulle verwelkom die voortgesette inhegtenisneming van onwettige myners en moedig landsburgers aan om die […]

Read More

Soedanese leër bom vliegtuig wat land met huursoldate vir RSF - August 7, 2025

Die Soedanese lugmag het ‘n Emirati-vliegtuig met Colombiaanse huursoldate vernietig terwyl dit geland het by ‘n lughawe wat beheer word deur die paramilitêre Rapid Support Forces in die Darfur-streek van westelike Soedan. Die verrassingsaanval het ‘n groep Colombiaanse huursoldate geteiken met hul aankoms aan boord van ‘n privaat vliegtuig wat vermoedelik van een van die […]

Read More

Groot Koraalrif toon meeste bleiking nog - August 7, 2025

Dele van Australië se Groot Koraalrif toon die grootste jaarlikse afname in koraalbedekking sedert rekords byna 40-jaar gelede begin het. Volgens ‘n verslag deur die land se Instituut vir Marienewetenskap toon die noordelike en suidelike dele van die uitgestrekte rif albei hul ergste koraalbleiking ooit. Bleiking vind plaas wanneer koraal onder druk geplaas en wit […]

Read More

Keetmans se Namdia-verdagtes verskyn weer - August 7, 2025

Die drie Keetmanshoop Namdia-verdagtes sal weer vandag in die laerhof verskyn na hulle eerste verskyning op 8 Mei. George Cloete, sy vrou Charmaine en sy broer Bino word by die roof van ongeveer 315 miljoen Namibiese dollar se diamante op 18 Januarie vanjaar, betrek. Die roof het ook die lewens van Namdia se sekuriteitshoof Francis […]

Read More