Wesgro se rol in handel is kritiek – DA - August 7, 2025
Die DA sê Wesgro se rol in handelsbevordering is van kardinale belang, aangesien Suid-Afrika nuwe wêreldwye handelsdruk in die gesig staar. In die afgelope jaar het Wesgro 15 miljard Suid-Afrikaanse rand in nuwe beleggings bekom en het gehelp met 5 miljard rand in uitvoere. Noko Masipa van die DA sê die agentskap het ook 75 […]
Trump sê hy en Putin sal binnekort vergader - August 7, 2025
President Donald Trump van Amerika sê daar is ʼn goeie vooruitsig dat hy reeds teen volgende week persoonlik met president Vladimir Putin van Rusland sal vergader. Dit volg na ʼn ontmoeting gister in Moskou tussen Putin en die Amerikaanse gesant, Steve Witkoff. Trump waarsku dat Rusland streng sanksies, of sekondêre sanksies teen diegene wat met […]
Arteta belowe beter seisoen vir Gunners - August 7, 2025
Arsenal se hoofafrigter, Mikel Arteta, sê hierdie seisoen gaan anders wees vir die Gunners nadat hulle ‘n hele paar keer net-net nie bekers kon wen nie. Arteta het in sy eerste seisoen in 2019/20 laas ‘n trofee gewen toe hulle die FA-beker ingepalm het. Hy het Arsenal wel omskep in ‘n span wat gereeld aanspraakmakers […]
Verkryging bly ‘n geheim - August 7, 2025
Slegs vyf uit 176 openbare entiteite het hul jaarlikse verkrygingsplanne betyds vir die 2025/26-boekjaar ingedien, volgens die jongste bulletin van Procurement Tracker Namibia. Dit verteenwoordig slegs 3 persent voldoening, ten spyte van wetlike vereistes vir tydige indienings. Die bulletin sê verder dat teen 31 Julie vanjaar is egter slegs 71 planne ingedien, wat gelykstaande is […]
Weermag bestee R34m op luukse vlug na Kuba, vir gradeplegtigheid - August 7, 2025
Die DA sê die Departement van Verdediging het byna 34 miljoen Suid-Afrikaanse rand gemors op ‘n luukse huurvlug na Kuba om ‘n gradeplegtigheid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag by te woon wat geen operasionele waarde ingehou het nie. Die vlug het meer as 200 personeellede ingesluit, met minstens 25 generaals wat besigheidsklas gevlieg het, soos […]
Tariewe: Indië sê hy sal ander markte soek - August 7, 2025
Die Withuis plaas ‘n bykomende tarief van 25 persent op Indiese invoere, wat die totale tariewe op 50 persent te staan sal bring, in weerwraak vir die land se aankoop van olie uit Rusland. Indië het 21 dae om op die potensiële tariewe te reageer voordat dit in werking tree. Shashi Tharoor, voorsitter van Indië […]
MasterChef saai nuwe reeks met afgedankte aanbieders uit - August 7, 2025
MasterChef is terug op TV-skerms met ‘n nuwe reeks wat verfilm is voor die aanbieders, Gregg Wallace en John Torode, afgedank is weens bewerings teen hulle. Die BBC het besluit om steeds vanjaar die amateurreeks uit te saai, maar dit het kritiek ontlok by sommige wat sê slegte gedrag behoort nie met hooftyd-dekking beloon te […]
IDF weier om verantwoordelikheid in Gaza te aanvaar - August 7, 2025
Die Hamas-bestuurde gesondheidministerie in Gaza het Woensdag vyf nuwe sterftes as gevolg van wanvoeding aangemeld. Dit bring die totaal op 193 te staan sedert die begin van die oorlog, insluitend 96 kinders. Die Israeliese weermag weier om verantwoordelikheid te aanvaar dat Gaza op die rand van hongersnood is, en beskuldig die Verenigde Nasies daarvan dat […]
Agra dagvaar Linden Beef, en Van der Linden vir N$7m - August 7, 2025
Agra dagvaar Linden Beef en David van der Linden vir skuld van net meer as 7 miljoen Namibiese dollar. Van der Linden is sedert einde Mei agter tralies in Okahandja na sy arrestasie in verband met ‘n geraamde 52 miljoen Namibiese dollar dagga-saak. In sy stukke sê Agra die voerkraal het ‘n kredietfasiliteit by hom […]
Mynwese: As 51% vir De Beers kan werk, hoekom nie? - August 7, 2025
Reaksie word ontvang op die regering se plan om 51 persent plaaslike besit in nuwe mynbedrywighede. Daar is vrae oor hoe dit sal werk – is dit gratis, die regering of privaat beleggers en indien dan, wie omdat miljoene benodig word. Nietemin die regering werk nog aan die beleid en intussen sê Unam-ekonoom dr. Omu […]