Akkerbouraad se 5-jaar plan teiken plaaslike kosproduksie - August 6, 2025

Die Namibiese Akkerbouraad het met produsente en handelaars in die Zambezi-streek vergader om sy vyfjaarplan te bespreek, in lyn met NDP6. Die plan is daarop gemik om plaaslike voedselproduksie van 60 persent van totale vraag tot 80 persent te verhoog. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het landbou ook een van haar sleutelprioriteite gemaak. Die raad se uitvoerende […]

Read More

Ongos Valley Sevens-toernooi skop vanjaar in Lüderitz af - August 6, 2025

Die tweede uitgawe van die gewilde Ongos Valley Sevens-rugbytoernooi, wat gemeenskappe verenig deur sport, sal drie aksiebelaaide naweke reg oor die land aanbied. Die Namibia Rugbyunie, NRU, sê dat Ocean Swallows Rugbyklub, wat in Lüderitz gevestig is, die gasheer sal wees vir die suidelike rondte en eerste been van die tweede uitgawe. Die NRU het […]

Read More

Golden Deeps vind ‘2de Tsumeb’ by Sentraal Otavi-projek - August 6, 2025

Die Australiese maatskappy Golden Deeps Limited het toetsresultate van rotsskywe van sy Sentraal Otavi-polimetaliese projek bekend gemaak, met van die mees elektrifiserende koper-, silwer-, sink-, lood- en germaniumgrade wat in jare gesien is. Die vonds in Golden Deeps se Area 6 word ‘n potensiële tweede Tsumeb genoem, die legendariese polimetaalmyn net 20km daarvandaan. Koper in […]

Read More

Gesondheidministerie verduidelik ongevulde poste, planne - August 6, 2025

Die gesondheidsministerie sê daar is ongeveer 161 ongevulde gesondheidsorgposte in die Kunene-streek, as gevolg van die gebrek aan begroting vir nuwe aanstellings. Walters Kamanya, die woordvoerder by gesondheid sê sodra begrotingsverligting beskikbaar gestel word, sal die ministerie ‘n wye reeks maatreëls implementeer, soos ‘n landelike ontberingstoelaag vir gesondheidswerkers om hulle na landelike gebiede te lok.

Read More

Twyfel oor dorpsrade se skuldinvordering weens ‘korrupsie’ - August 6, 2025

Nog reaksie word ontvang op die opdrag deur die minister van stedelike ontwikkeling, James Sankwasa, dat alle plaaslike owerhede nie kontrakte met RedForce Debt Management moet hernu of toeken nie. Kosmos 94.1 Nuus het nog reaksie gekry by Immanuel Festus van Walvisbaai se Backyard Tenants-groep.

Read More

20 dood, talle in Gaza beseer toe vragmotors omslaan - August 6, 2025

Twintig mense is dood en talle beseer toe vier vragmotors in Gaza omgeslaan het. Die BBC haal die Hamas-bestuurde Burgerlike Verdedigingsagentskap aan wat sê mense het op die voertuie geklouter, wat veroorsaak het dat die bestuurders beheer verloor en die voertuie op die vernielde, gevaarlike paaie omgeslaan het. Die agentskap sê die voertuie was in […]

Read More

Oshikoto-goewerneur lig streeksuitdagings uit - August 6, 2025

Die Oshikoto-goewerneur Sacky Kathindi het vandag sy streeksrede gelewer. Hy het melding gemaak van verskeie infrastruktuur-projekte en suksesse in elektrifisering en sanitasie uitgelig, maar daar is ook uitdagings.

Read More

KI-kankerbehandelingsplatform nou in Bloemfontein - August 6, 2025

Die Universitas Akademiese Hospitaal in Bloemfontein in die Vrystaat, is tans die eerste plek buite Amerika om ‘n Bestralingbeplanningsassistent te gebruik. Dit is ‘n webgebaseerde kunsmatige intelligensieplatform wat ontwikkel is by die Unversitiet van Texas se MD Anderson-kankersentrum. Die stelsel word gebruik vir die beplanning van radioterapiebehandeling en verbeter spoed en akkuraatheid. Die Universiteit van […]

Read More

Verdrag op pad om plastiek-besoedeling te beveg - August 6, 2025

Professor Richard Thompson van die Plymouth Universiteit sê ‘n ambisieuse verdrag om plastiek besoedeling te beveg kan ‘n reuse-verskil maak vir die planeet en toekomstige geslagte. Meer as 170 lande vergader hierdie week in Genève, Switzerland, om ‘n internasionale, regs-bindende verdrag oor plastiek besoedeling te ontwikkel, wat ook die mariene-omgewing insluit. Wêreldwyd word slegs nege-persent […]

Read More

Geslagstoetse kom vir vrouesport op 2028 Spele - August 6, 2025

Olimpiese Spele: Die Amerikaanse president, Donald Trump, sê hy het gedink die Amerikaanse Olimpiese en Paralimpiese Komitee sou sonder sy invloed optree teen transgender atlete wat aan vrouesport deelneem. Hy het ‘n uitvoerende bevel onderteken vir die skep van ‘n taakmag in die Withuis om die federale regering se voorbereidings vir 2028 se Spele in […]

Read More