Namport gee N$78 miljoen vir maatskaplike beleggings - August 6, 2025

Namport het meer as 78 miljoen Namibiese dollar aan korporatiewe maatskaplike beleggings toegewys deur sy maatskaplike beleggingsfonds, met die fokus op onderwys, gesondheid en die omgewing. Die maatskappy ken nou 1 persent van sy jaarlikse inkomste toe aan maatskaplike projekte, wat sy 2025/26-begroting hiervoor tot 19 miljoen dollar verhoog het. Verskaffers word ook aangemoedig om […]

Read More

Ontwikkelingstrust probeer joernalis omkoop - August 6, 2025

’n Ondersoek het onthul dat die uitvoerende hoof van die Onafhanklike Ontwikkelingstrust, Tebogo Malaka, en die instelling se woordvoerder, Phasha Makgolane, ‘n joernalis van Daily Maverick, Pieter-Louis Myburgh, 60 000 Suid-Afrikaanse rand se omkoopgeld aangebied het om ʼn ondersoek te laat vaar. Die ondersoek gaan oor Malaka se eiendomstransaksies en haar vermeende bande met ʼn […]

Read More

Israelse leër sal politieke opdragte volg, sê minister - August 6, 2025

Die Israelse verdedigingminister, Israel Katz, sê die stafhoof van die Leër, Eyal Zamir, kan sy menings uitspreek, maar die gewapende magte moet steeds alle regeringsbesluite oor Gaza uitvoer. Katz se verklaring op X volg nadat berigte aangedui het dat Zamir gekant is teen die regering se plan om die Gazastrook ten volle te beset. Israelse […]

Read More

Fritz, Osaka deur na Kanadese Ope-halfeindes - August 6, 2025

Tennis: Die Amerikaner Taylor Fritz het ʼn halfeindstryd teen sy landgenoot, Ben Shelton, bespreek op die Kanadese Ope in Toronto. Die tweede-gekeurde het Andrey Rublev van Rusland verslaan terwyl Shelton die Australiër Alex de Minaur geklop het. Die topgekeurde Alexander Zverev van Duitsland en die Rus Karen Khachanov speel in die ander halfeindstryd. In die […]

Read More

Onderwys, landbou suip aan die agterspeen - August 6, 2025

Die regering se begroting vir materiaal en voorrade ken 17 keer meer toe aan militêre toerusting as aan onderwys. ‘n Totaal van 950 miljoen dollar is aan die weermag toegeken met net 55 miljoen dollar aan onderwys. Die weermag se toewysing is ses keer hoër as dit wat aan landbou en water toegeken is. Die […]

Read More

Cachalia moet korrupsie in SAPD aanspreek - August 6, 2025

Die Forum for South Africa het ‘n beroep gedoen op die waarnemende minister van die Polisie, Firoz Cachalia, om korrupsie binne die polisie te beveg en van politieke slagvelde af weg te bly. Die organisasie waarsku dat misdaad nie sal verminder terwyl korrupte beamptes in uniform is nie. Tebogo Mashilompane van die Forum moedig Cachalia […]

Read More

Erkenning van Palestynse staat bemoedig Hamas – VSA-gesant - August 6, 2025

Amerika se gesant by die Verenigde Nasies, Dorothy Shea, sê terwyl druk op Hamas nodiger as ooit is, het sommige begin om Hamas aan te moedig en onderhandelaars se pogings te ondermyn. Dit volg nadat lande soos Frankryk, die Verenigde Koninkryk en Kanada planne aangekondig het om Palestina amptelik as staat te erken in die […]

Read More

Reuse-modderstorting in Indië, honderde vermis - August 6, 2025

ʼn Grootskaalse soek-en-reddingsoperasie is in die noorde van Indië in die Himalaja-staat, Uttarakhand, aan die gang ná ʼn verwoestende modderstorting. Vier mense in ʼn dorpie is dood en 100 ander word vermis. Sowat 150 soldate het gehelp om 20 mense te red. Eerste minister Narendra Modi sê spanne doen alles moontlik om te help. Klimaatkenners […]

Read More

Dis koud in die Suide - August 6, 2025

Die Suide kry koud en boere sê hulle bibber onder nóg kouer toestande, met temperature wat na verwagting tot –1 môre sal daal. Hulle het maatreëls ingestel om hulle diere te beskerm en, hulle hoop op reën. Kosmos 94.1 Nuus het met Dolf de Wet, van plaas Mickberg naby Grünau gesels.

Read More

PayPal stel nie vreeslik belang in Namibië nie - August 6, 2025

PayPal het geen onmiddellike planne om sy uitbetalingsfunksionaliteit in Namibië te aktiveer nie, ten spyte van groeiende vraag daarvoor en voortdurende gesprekke in die verband. Volgens The Brief het die Bank van Namibië het bevestig dat terwyl ‘n PayPal-rekening plaaslik oopgemaak en fondse ontvang kan word, kan die geld nie onttrek word nie. Die sentrale […]

Read More