Namcor: Ondersoeker sê die lot is takke van een boom - August 6, 2025
Die ondersoeker van die Teenkorrupsie-kommissie Oberty Inambao is tans besig om in die Namcor-borgaansoek te getuig. Inambao het die harte van die publiek gewen met sy getuienis-styl maar, hy het ook uiters baie inligting. Vanoggend het hy verduidelik hoe fondse gekanaliseer is deur maatskappye wat verband hou met die Elindi- en Malima-families, insluitend Enercon, Erongo […]
Walvis-raadslid sê uitsetting was barbaars, meer deernis nodig - August 6, 2025
Sowat 50 Walvisbaai-inwoners wat verlede week van private grond gesit is, het ‘n petisie aan Erongo-goewerneur Nathalia /Goagoses oorhandig en die uitsetting barbaars en onmenslik genoem. Die petisie, wat deur die Swapo-jeugliga ingedien is, erken die eienaar se regte, maar dring aan op ‘n meer deernisvolle benadering, veral omdat die uitsetting in die winter gedoen […]
Hirosjima: Kernverdrag moet weer op die been kom - August 6, 2025
Hirosjima se burgemeester, Kazumi Matsui, waarsku die Kernsperverdrag is op die rand van ineenstorting. Dis vandag 80 jaar sedert Amerika se atoombom op Hirosjima in Japan, waarin meer as 200 000 mense dood is. Meer as 70 lande het die verdrag onderteken wat die verspreiding van kernwapens beperk en die vreedsame gebruik van kernenergie aanmoedig. […]
Malaria-uitbreking: Meer as 56 000 gevalle - August 6, 2025
Namibië het ‘n beduidende malaria-uitbreking ervaar met 56 130 gevalle wat aangemeld. Tussen Januarie en 20 April vanjaar is 5 226 pasiënte in die hospitaal opgeneem en 95 mense is aan die siekte dood. Streke waar die siekte endemies voorkom sluit in Ohangwena, Kunene, Otjozondjupa, Omusati, Oshana, Oshikoto, die twee Kavango-streke, Zambezi en Omaheke. Die […]
SA sê hy is verbind tot diplomatieke oplossing met VSA - August 6, 2025
Die regering sê Suid-Afrika bly verbind tot ʼn beginselvaste en diplomatieke oplossing vir die 30-persent tariefverhoging op uitvoere na Amerika in ʼn poging om ʼn wedersyds voordelige handelsooreenkoms te bereik. Amerika is Suid-Afrika se derde grootste handelsvennoot waarheen 7,5-persent van die land se uitvoere heen gaan. Die regeringswoordvoerder, Nonkululeko Mtshali, sê die land probeer bande […]
Rwanda sal VSA-migrante aanvaar - August 6, 2025
Die regering van Rwanda sê hy sal tot 250 migrante van die Verenigde State aanvaar, maar het nie besonderhede gegee oor wie by die ooreenkoms ingesluit kan wees nie. Washington is besig met ‘n deportasieveldtog, met President Donald Trump se administrasie wat omstrede reëlings onderhandel om mense na derdewêreld lande te stuur, onder andere Suid-Soedan […]
Trump lei taakmag vir die Olimpiese Spele - August 6, 2025
President Donald Trump van Amerika het ʼn uitvoerende bevel onderteken om ʼn Withuis-taakspan saam te stel vir die 2028 Olimpiese Spele in Los Angeles. Volgens die bevel moet die taakspan sekerheid en beplanning vir die Spele koördineer, en die visumproses en sertifisering vir atlete, afrigters, die media en ander besoekers vereenvoudig. Trump, wat as die […]
Ministerie, NDF bring Etosha-brand onder beheer - August 6, 2025
Brandbestryders van die omgewingsministerie en die weermag is op die toneel suidwes van Okaukuejo waar ‘n brand oornag van Mooiplaas aangrensend aan die park ontstaan het. Kosmos 94.1 Nuus het met Ndeshipanda Hamunyela, die omgewingministerie se woordvoerder gepraat.
Trump stel sekuriteitsbetaling vir visum teen sommige Afrika-lande in - August 6, 2025
Die Trump-administrasie sal vereis dat visumaansoekers van Zambië en Malawi sekuriteit van tot 15 000 Amerikaanse dollar betaal vir sommige toeriste- en sakevisums onder ‘n loodsprogram wat oor twee weke van stapel gestuur word, ‘n Aanlyn-kennisgewing oor die program, wat Amerikaanse konsulêre beamptes wêreldwyd die diskresie gee om sekuriteit op te lê aan besoekers van […]
Switserse president op pad na Washington oor 39% tarief - August 6, 2025
Switserland se president, Karin Keller-Sutter, is onderweg na Washington om die nuwe tariewe te probeer verhoed wat die land onkant gevang het. Switserland is met 39-persent gestraf, een van die swaarste onder die talle ekonomieë wat getref sal word deur nuwe tariewe wat na verwagting Donderdag in werking tree. Die Amerikaanse president, Donald Trump, het […]