Toksiese werkplek, gebrekkige veiligheid by OceanGate - August 6, 2025
Meer inligting is bekend oor die bevindings van die Amerikaanse Kuswag wat bepaal het dat die inploffing van OceanGate se Titan-diepseetuig op 18 Junie 2023, waarin al vyf mense aan boord gesterf het, voorkombaar was. OceanGate se uitvoerende hoof, Stockton Rush, was een van die oorledenes. Die Kuswag se 335-bladsye verslag verwys na die maatskappy […]
Borge bou kliniek, oorhandig aan gesondheid, maar hy’s steeds toe - August 6, 2025
Plaaslike media berig dat die kliniek by Palmwag, naby Khorixas, na drie jaar steeds nie oop is vir die publiek nie omdat daar geen akkommodasie vir mediese personeel gebou is nie. Dit is gebou deur die Big 3 Conservancies Trust – Anabeb, Sesfontein en Torra – in vennootskap met die Gondwana Collection en oorhandig aan […]
RedForce: Aktivis wil weet wat was dan so moeilik voorheen? - August 6, 2025
Reaksie word ontvang op die opdrag deur die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, dat alle plaaslike owerhede opdrag gegee het om nie kontrakte met RedForce Debt Management te hernu of toe te teken nie, met verwysing na probleme wat veroorsaak word deur die maatskappy se aggressiewe skuldinvorderingstaktieke. RedForce word gekoppel aan meer […]
Kommer oor Bibi se plan om Gaza te beset - August 6, 2025
Die VN se assistent-sekretaris vir Europa, Sentraal-Asië en die Amerikas, Miroslav Jenča, het verslae dat Israelse eerste minister Benjamin Netanyahu kabinetsgoedkeuring soek om Gaza ten volle te beset, as diep kommerwekkend beskryf. Hy het gepraat by ‘n VN Veiligheidsraad spesiale sitting in New York oor gyselaars in Gaza.
Lady Gaga loop voor in benoemings by MTV-toekennings - August 6, 2025
Lady Gaga is heel bo aan die lys van genomineerdes vir die MTV Video-musiektoekennnings met 12 benoemings, insluitend Kunstenaar van die Jaar en Beste Album. Ander top-genomineerdes sluit in Bruno Mars met elf, Kendrick Lamar met tien, en ROSÉ en Sabrina Carpenter met agt elk. Alex Warren, Ella Langley en Gigi Perez is van die […]
Prioritiseer ander maatreëls, bo arrestasie – Iipumbu - August 6, 2025
Die veiligheid- en sekuriteitsminister, Lucia Iipumbu, het tydens die bekendstelling van Operasie Lucia in Oshakati die polisie aangespoor om voorkoming en bemiddeling te prioritiseer bo arrestasies, weens oorvol aanhoudingselle. Sy het professionaliteit en integriteit as ononderhandelbaar beklemtoon en die herlewing van buurtwag-inisiatiewe aangemoedig. Iipumbu het ook ‘n beroep gedoen op billikheid in polisiebevorderings en beklemtoon […]
SA moet afhanklikheid van enkele mark verminder – Gwede - August 6, 2025
Die minister van Minerale en Petroleum Hulpbronne, Gwede Mantashe, sê die 30-persent tariefverhoging op Suid-Afrika se uitvoere na Amerika is ʼn desperate poging van ʼn mag wat voel sy invloed raak minder. Die regering waarsku die tariewe kan die land sowat 30 000 werksgeleenthede kos. Amerika is Suid-Afrika se derde grootste handelsvennoot. Mantashe sê die […]
Clintons gedagvaar om oor Epstein te getuig - August 6, 2025
Die Republikeins-geleide Huis-oorsigkomitee het tien individue gedagvaar vir geslote verklarings oor die seksoortreder Jeffrey Epstein. Dit sluit die gewese Amerikaanse president, Bill Clinton, en sy vrou en voormalige minister van Buitelandse Sake Hillary Clinton, ses gewese prokureurs-generaal insluitend Merrick Garland en William Barr, en twee voormalige FBI-direkteure in. Wetgewers soek inligting by die Clintons weens […]
Ierse duikhoogte moet onder die borsbeen bly - August 6, 2025
Ierse spanne moet steeds die wettige duikhoogte onder die borsbeen hou in die 2025/26-seisoen nadat voorlopige data ‘n verlaging in algehele beseringskoerse getoon het tydens die vorige twee seisoene. Die Ierse Rugby-voetbalunie het twee jaar gelede by Wêreldrugby se proefneming aangesluit om die duikhoogte te verlaag met die doel om veral kontak met die kop […]
Groot brand suidwes van Okaukuejo, Etosha - August 6, 2025
Die jongste aanduidings is dat dit brand suidwes van Okaukuejo in die Etosha Nasionale Park. Die brand het Dinsdagnammidag op Mooiplaas, aangrensend aan die park ontstaan en die wind het dit in die park ingedryf rondom nege-uur. Die brand vertoon redelik groot en Kosmos 94.1 Nuus sal opvolg met die betrokke owerhede.