Katima draai sy rug op RedForce-opdrag - August 6, 2025
Die Katima Mulilo-dorpsraad sê hy sal nie gehoor gee aan ’n opdrag van die regering om bande met RedForce Debt Management te breek nie. Plaaslike media berig dat die raad van mening is dat die opdrag van die lynminister, James Sankwasa, ingevolge die wet onafdwingbaar en teenstrydig is met Namibië se verkrygingswette. Sankwasa het opdrag […]
ANC-jeugliga eis handelsbeleid na tariewe - August 6, 2025
Die ANC-jeugliga sê hulle eis die vinnige en beslissende instel van ‘n handelsbeleid ná Amerika se aankondiging oor 30-persent-tariewe op Suid-Afrikaanse uitvoere. President Cyril Ramaphosa het tydens die ANC se nasionale uitvoerende komiteevergadering in Ekurhuleni gesê die regering sal maatreëls instel om die veerkragtigheid van die ekonomie en toekomstige uitvoere te verseker. Die Liga se […]
Gaza-gyselaar se broer spreek VN toe - August 6, 2025
Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad het Dinsdag ‘n spesiale sitting oor die gyselaars in Gaza gehou. Ilay David, wie se broer Evyatar David in een van die video’s was wat oor die naweek deur Hamas en Palestynse Islamitiese Jihad vrygestel is, het via videoverbinding uit Israel gepraat. Hy het beklemtoon dat daar nie meer baie […]
MTC, Letshego stel mikroleningsplatform bekend - August 6, 2025
MTC Namibia en Letshego Micro Financial Services het die Tamba Maris loodsprojek begin, ‘n mobiele mikroleningsplatform wat kitslenings van 100 Namibiese dollar tot 1 500 dollar bied. Terugbetalingstermyne wissel tussen sewe, 14 of 30 dae en rentekoerse tussen 14 persent en 22 persent. Lenings word binne ‘n minuut goedgekeur deur outomatiese kliënte-inligting en kredietgradering te […]
Psemas sal sonder optrede teen 2027 ineenstort - August 6, 2025
Die Namibiese Privaatpraktisynsforum waarsku dat Psemas sonder dringende optrede teen 2027 kan ineenstort. Dit sal sowat 300 000 staatsamptenare en hul gesinne sonder toegang tot huidige vlakke van privaat sorg laat, veral in geestesgesondheid, chroniese siektes en landelike dienste. Die forum vra lank reeds vir ‘n statutêre Mediese Beheerraad om tariewe, kodering en nakoming te […]
GRN eis 51% plaaslike aandeelhouding in mynwese - August 6, 2025
Die Namibiese regering stel ‘n beleid voor wat 51 persent Namibiese eienaarskap in alle nuwe mynbou-ondernemings sal vereis, en beskryf dit as ‘n noodsaaklike stap om langtermyn-volhoubaarheid en groter billikheid in die sektor te verseker. Die lynminister Natangwe Ithete, het by die opening van die Mynbou-expo gesê die voorstel vorm deel van ‘n breër hersiening […]
Ander faktore dryf olieprys daarom min reaksie op Opul - August 6, 2025
Oliepryse het effe gedaal na Opul se produksieverhoging van 547 000 vate daagliks in September maar bly rondom 68 Amerikaanse dollar ‘n vat. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Klopper gepraat. Hy sê die sterker Suid-Afrikaanse rand en die vraag en aanbod situasie dryf op die oomblik die kommoditeit aan.
Titan-tragedie was voorkombaar - August 6, 2025
Die Amerikaanse kuswag se Mariene-ondersoekraad het bevind die noodlottige inploffing van OceanGate se Titan-duikbootjie was voorkombaar. Dit het in Junie 2023 in die Atlantiese Oseaan verdwyn toe dit na die Titanic-wrak afgesak het. Dit het na 90-minute ingeplof en al vyf mense aan boord, insluitend OceanGate se uitvoerende hoof, Stockton Rush, is dood. ʼn Verdoemende […]
Omitara kry werkskeppingshulp - August 6, 2025
Die Okorukambe-kiesafdelingkantoor in die Omaheke-streek het inwoners van die Omitara-nedersetting, waar werkloosheid ‘n bron van kommer is, gehelp met materiale om ‘n inkomste te begin genereer. Die kantoor het ook skootrekenaars en drukpapier ter waarde van 200 000 Namibiese dollar aan drie plaaslike skole oorhandig. Okorukambe-kiesafdelingsraadslid Rocco Nguvauva het die hoop uitgespreek dat die skenking […]
Vrystaat-regering moet diegene betrek by wangedrag, afdank - August 6, 2025
Cosatu het ‘n beroep gedoen op die Vrystaatse leierskap van die ANC, om die party skoon te maak van alle burgemeesters en provinsiale leierskap wat by wangedrag geïmpliseer word en die beweging en regering in oneer gebring het. Die vakbondfederasie sê as die leierskap beweerde oortreders verder beskerm, sal Cosatu en sy geaffilieerdes op aanspreeklikheid […]