Nigeriese doeane lê beslag op 1 600 voëls - August 6, 2025
Doeane-amptenare by Nigerië se Lagos Internasionale Lughawe het beslag gelê op meer as 1 600 papegaaie en kanaries wat sonder ‘n permit na Koeweit versend is. Die lewendige voëls, wat ring-nekparakiete en geelfront-kanaries insluit, is op 31 Julie deur amptenare op die lughawe onderskep, het die doeane-agentskap in ‘n verklaring gesê. Michael Awe, ‘n doeane-beheerder […]
Kremlin onbeïndruk met Trump se dreigemente aan Indië - August 6, 2025
Moskou het Amerikaanse president Donald Trump se dreigemente om Indië se tariewe te verhoog oor sy aankope van Russiese olie, gekritiseer. Die aankope is ‘n belangrike bron van inkomste om Rusland se militêre aanslae op Oekraïne te befonds. Trump het Moskou tot Vrydag gegee om te vorder met vredesonderhandelinge met Kiëf of om nuwe sanksies […]
Namcor: Dunaiski ontken alle aanklagte - August 5, 2025
Olivia Dunaiski, ‘n voormalige werknemer van Namcor Petroleum Trading and Distribution, ‘n filiaal van Namcor, het tydens haar borgtogaansoek skuld ontken op aanklagte van bedrog en geldwassery. Sy het die staat se saak beskryf as chaoties, shambolies en swak. Sy sê in ‘n verklaring dat sy nie die gesag gehad het om kredietlimiete te verhoog […]
Onwettige mynbou ‘n nasionale krisis, waarsku mynfirma - August 5, 2025
Die middelvlak-goudprodusent, Pan African Resources, waarsku onwettige mynbou is ‘n nasionale krisis, nadat nog 28 onwettige mynwerkers vanoggend uit die Sheba-myn in Barberton, Mpumalanga gekom het. Altesaam 546 is sedert Vrydag in hegtenis geneem vir betreding, goudoortredings en immigrasie-oortredings. Borgtog van 2 000 Suid-Afrikaanse rand is aan slegs 26 toegestaan. Die onderneming se woordvoerder, Hethen […]
Minstens 49 sterf in DRK kerk-aanval, kinders ontvoer - August 5, 2025
Open Doors Southern Africa het ‘n wrede aanval op ‘n Katolieke Kerk in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo veroordeel. Ten minste 49 mense, insluitende nege kinders, is vermoor. Gewapende mans, vermoedelik gekoppel aan die ISIS-ondersteunde Allied Democratic Forces-groep, het aanbidders gedurende ‘n nagwaak in die Ituri-provinsie met kapmesse aangeval en hulle […]
Voorbereidings vir Winterspele op tyd - August 5, 2025
Olimpiese Spele: Die reëlingskomitee vir volgende jaar se Milaan-Cortina Olimpiese en Paralimpiese Winterspele in Italië sê voorbereidings vorder goed en tydig. Die Olimpiese openingseremonie is op 6 Februarie, en die Paralimpiese Spele open op 6 Maart. Die Spele maak gebruik van ‘n magdom bestaande persele om kostes te bespaar. Die komitee se uitvoerende hoof, Andrea […]
Droogte verby, maar nie voedsel-onsekerheid - August 5, 2025
Uitvoerende direkteur in die Kantoor van die Eerste Minister, Gladice Pickering sê voedselsekerheid bly ‘n bron van kommer ten spyte van die einde van die droogtehulpprogram. Sy het die behoefte aan voortgesette ondersteuning beklemtoon, veral in droogtegeteisterde streke, en het ‘n beroep gedoen op proaktiewe maatreëls om wanvoeding aan te pak en toekomstige rampe te […]
Boks: Taai geveg wag op ‘Energy’ Nghitumbwa - August 5, 2025
Opwindende boks is op pad na die hoofstad met die MTC Nestor Sunshine Tobias Boks- en Fiksheid-akademie wat op 9 Augustus die Road to the World Title-geveg by die Windhoek Buiteklub aanbied. Fillipus “Energy” Nghitumbwa sal met die onoorwonne Mxolisi Zuma uit Suid-Afrika kragte meet vir die WBO Globale Super Bantamgewig-titel. Energy word hoog aangeskryf […]
2025 Mynbou-ekspo hoor land se minerale is vir inwoners - August 5, 2025
By vanoggend se opening van Namibië se 2025 Mynbou-ekspo, wat daarop gemik is om vaardigheidsontwikkeling en belangstelling in die mynbousektor te bevorder, het lynminister Natangwe Ithete die belangrikheid beklemtoon om te verseker dat die ontginning van die land se natuurlike hulpbronne tasbare voordele vir alle Namibiërs inhou.
2 483 vissers kry werk deur Indiensnemingsherstelprogram: IPPR - August 5, 2025
Die regering se Indiensnemingsherstelprogram het die herindiensneming van 2 483 vissers sedert die bekendstelling daarvan in 2020 bewerkstellig, volgens ‘n onlangse assessering deur die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing. Die instituut sê ministers het hul verbintenis herbevestig tot volle herstel en het planne aangekondig om die program uit te brei. Die program is deur die kabinet […]