PDM se Ngaringombe werp lig op kommer oor Nampost, toelaes - August 5, 2025

Die PDM se sekretaris-generaal, Manuel Ngaringombe, het kommer uitgespreek oor Nampost se aanstelling om maatskaplike toelaebetalings te hanteer. Hy het die deursigtigheid van die verkrygingsproses bevraagteken en wil weet of ‘n openbare tender uitgereik is. Hy het ook twyfel uitgelig oor Nampost se reikwydte in landelike gebiede. Hy stel voor dat Nampost sy taknetwerk uitbrei […]

Read More

Israel verskeur oor Gaza-besettingsplan - August 5, 2025

‘n Israeliese kabinetsvergadering, wat premier Benjamin Netanyahu se oproep om die volle besetting van Gaza sou bespreek, is uitgestel te midde van toenemende spanning oor of die plan haalbaar is. Senior Israeliese militêre offisiere en voormalige senior bevelvoerders waarsku dat die plan die lewens van die oorblywende Israeliese gyselaars wat deur Hamas aangehou word, in […]

Read More

Namport verhoog bydrae tot gemeenskapsontwikkeling - August 5, 2025

Namport het in die 2025/’26 boekjaar sy begroting vir korporatiewe maatskaplike beleggings tot 19 miljoen Namibiese dollar verhoog, vanaf ‘n gemiddeld van 3 miljoen dollar jaarliks. Namport sal nou 1 persent van sy jaarlikse inkomste aan hierdie beleggings toewys. Dit vervang die vorige model wat 3 persent van winste voor belasting bygedra het. Namport se uitvoerende […]

Read More

SA petrolprys daal, dieselprys styg weer - August 5, 2025

Die prys van 93- en 95-oktaan petrol daal om middernag met 28-sent per liter. Die prys het verlede maand met 52-sent gestyg. Die slegte nuus is egter dat die dieselprys met tot 65-sent per liter styg. Dit volg op die verhoging van 82-sent per liter verlede maand. Die prys van lampolie verhoog met 43-sent per […]

Read More

Chaos in Gaza soos ‘The Hunger Games’ - August 5, 2025

Die chaos duur voort in Gaza en die sekretaris-generaal van die Noorse Vlugtelingraad, Jan Egeland, beskryf pogings om toegang tot hulp in Gaza te verkry as ‘The Hunger Games’. Hy sê verder daar is nie genoeg kos vir almal by die Gaza Humanitêre Stigting se verspreidingspunte nie.

Read More

All Black-beserings gee nuwelinge ‘n kans - August 5, 2025

Rugby: Nieu-Seeland se afrigter, Scott Robertson, sê ‘n vlaag beserings bied geleenthede vir spelers wat ‘n kans verdien om vir die nasionale span te speel. Hy het een nuweling, die flank Simon Parker, aangewys in sy groep van 36 vir die Rugbykampioenskap wat dié maand begin wanneer die All Blacks agtereenvolgende toetse in Argentinië speel. […]

Read More

Namcor: Ondersoeker sit Willemse se miljoene uiteen - August 5, 2025

Voormalige Namcor-bestuurder Cedric Willemse het 2 miljoen Namibiese dollar ontvang nadat Namcor in Julie 2022 vulstasie-bates van Enercon Namibia vir 53,2 miljoen dollar gekoop het, het Oberty Inambao, ondersoeker van die Teenkorrupsie-kommissie, aan die Windhoek landdroshof gesê. Hy het gesê 1,04 miljoen dollar is aan Willemse se geslote korporasie betaal en 960 000 dollar in […]

Read More

Hervorm SA ekonomie nou, vra DA - August 5, 2025

Die DA sê die ANC se mislukking om ‘n sterk handelsooreenkoms met die VSA te sluit het Suid-Afrikaanse uitvoerders blootgestel aan skadelike nuwe tariewe. Die party blameer die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau en die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola dat hulle nie vroeër opgetree het nie, met besighede […]

Read More

Obama, hantering van Russiese verkiesingsinvloed onder loep - August 5, 2025

Die Amerikaanse prokureur-generaal, Pam Bondi, het federale aanklaers opdrag gegee om ‘n groot jurie-ondersoek te begin na voormalige president Barack Obama en sy administrasie se hantering van intelligensie oor Russiese verkiesingsinmenging. Die Amerikaanse direkteur van Nasionale Intelligensie, Tulsi Gabbard, het verlede maand dokumente gedeklassifiseer wat sy beweer die Obama-administrasie se gevolgtrekking ondermyn dat Rusland president […]

Read More

Wallabies se Porecki tree uit kort ná terugkeer - August 5, 2025

Rugby: Die Wallabie-haker Dave Porecki het onverwags sy uittrede aangekondig, slegs weke na sy terugkeer na toetsrugby nadat beserings hom vir twee jaar uitgehou het. Hy het verlede maand vir Australië teen Fidji gespeel en harsingskudding opgedoen, in die tweede toets teen die Britse en Ierse Leeus gespeel en die laaste toets met ‘n gesnyde […]

Read More