LPM beklemtoon belangrikheid van kollektiewe vooruitgang - August 5, 2025
Die leier van die Landless People’s Movement, Bernadus Swartbooi, het partylede aangespoor om die samelewing na transformasie en voorspoed te lei tydens ‘n driedaagse nasionale politieke opleidingswerkswinkel wat daarop gemik is om leierskap te versterk en voor te berei vir die verkiesings in November. Swartbooi het die behoefte aan selfbevryding en kollektiewe vooruitgang beklemtoon.
Meer as 500 onwettige myners by Barberton gevind - August 5, 2025
Polisie in Mpumalanga sê nog onwettige mynwerkers sal na verwagting by die Sheba-myn in Barberton gearresteer word. Maandag is nog 24 vasgetrek wat die getal sedert Vrydag op 518 te staan bring. Aanklagte teen hulle sluit in besit van gouddraende materiaal, oortreding van die Immigrasiewet en betreding. Owerhede beraam dat meer as ʼn duisend onwettige […]
Bolsonaro oortree, onder huisarres geplaas - August 5, 2025
Die Brasiliaanse Hooggeregshof het opdrag gegee dat die voormalige regse president, Jair Bolsonaro, onder huisarres geplaas word nadat hy nie weerhoudingsbevele nagekom het nie. Hy het ʼn verbod op die gebruik van sosiale media oortree wat verlede maand opgelê is, toe hy ook beveel is om ʼn elektroniese enkelband te dra. Bolsonaro is tans in […]
Dan Sheehan vir vier wedstryde geskors - August 5, 2025
Die Britse en Ierse Leeus se haker, Dan Sheehan, is vir vier wedstryde geskors ná ʼn gevaarlike beweging in Saterdag se derde toets in Sydney. Die Ier het in ʼn los gemaal ingestorm en die Australiese losskakel, Tom Lynagh, teen die kop getref. Wêreldrugby se onafhanklike hersieningskomitee beskou Sheehan se optrede as roekeloos. Die straf […]
Swakpunte van verkryging onder die loep - August 5, 2025
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sal môre ‘n nuwe uitgawe van Procurement Tracker Namibia bekendstel, met die titel “Rooi Vlae, Aanbevelings, Hervormings”. Die verslag, gebaseer op die 2025 MAPS-assessering, sal belangrike swakpunte in die openbare verkrygingstelsel blootlê, saam met praktiese, bewysgebaseerde hervormings om deursigtigheid en beter waarde vir regeringsbesteding te bevorder. Kosmos 94.1 Nuus het […]
Stad Whk sal uiteindelik Donderdag droogte watertariewe hersien - August 5, 2025
Kosmos 94.1 Nuus kan bevestig dat Stad Windhoek het uiteindelik die punt van kategorie-bevestiging van die waterbestuursplan die komende Donderdag op hul agenda. Die jaarlikse werkswinkel van die waterbestuurskomitee vir die sentrale gebied het reeds einde Mei vergader en bevind die sentrale gebied se waterbronne het genoeg water om vir twee reënseisoene te hou sonder […]
Reaksie op plaaslike verfyning van uraan - August 5, 2025
Elevate Uranium sal sy ‘U-pgrade’-loodsaanleg in Namibië in November 2025 van stapel stuur om sy uraanveredelingsproses op 60 ton plaaslike erts te toets. Die aanleg, wat nou in finale toetsing in Australië is, is daarop gemik om produksiekoste te verlaag en toekomstige kommersiële uitrol te ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het met Suid-Afrikaanse energiekenner Chris Yelland […]
As daar menseregte is, hoef regte vir seuns nie bepleit te word nie - August 5, 2025
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het ‘n beroep gedoen op strategieë wat ware geslagsbalans bevorder deur die behoeftes van beide meisies en seuns aan te spreek. Sy het kommer uitgespreek oor die groeiende ontkoppeling van seuns aan maatskaplike en loopbaanontwikkeling en vroue aangespoor om ook seuns se regte te ondersteun en daarvoor te pleit. Kosmos 94.1 Nuus […]
NDP’s het louwarm sukses - August 5, 2025
Die regering het vir die eerste keer die sukses van ‘n ontwikkelingsplan bekend gemaak en NDP5, wat pas geëindig het, het 58 persent van sy teikens bereik. Kenners meen die planne het oor die algemeen ‘n lae koers van sukses omdat ekonomiese groeikoerse, soos in die sesde plan gemiddeld op 6 persent staan en nie […]
Chinese sal N$180 miljard groen ammoniak-aanleg bou - August 5, 2025
Hyphen Hydrogen Energy het kontrakte toegeken aan ‘n Chinese maatskappy, China National Chemical Engineering & Construction Corporation Seven, bekend as CC7, om ‘n reuse groen ammoniak-aanleg in Namibië te ontwerp en te bou. Die projek se kapitaalbelegging word geraam op meer as 180 miljard Namibiese dollar. Die aanleg sal in die Karas-streek, binne die Tsau […]