Aanlynafspraak-reeksverkragter in Limpopo vasgetrek - August 5, 2025

‘n 37-jarige aanlyn-afspraakreeksverkragter en -moordenaar, wat aan meer as tien sake in Eersterust, Pretoria, verbind word, is in Limpopo in hegtenis geneem. Die verdagte het ‘n gewilde afspraak-webwerf gebruik om sy vroulike slagoffers na sy woning in Eersterust te lok. ‘n Polisiewoordvoerder, Malesela Ledwaba, sê hy het na bewering sommige van sy slagoffers verkrag, tot […]

Read More

Demokratiese wetgewers vlug om herverdelingskaart-stem te keer - August 5, 2025

Een-en-vyftig Demokratiese staatswetmakers het gevlug uit Texas in ‘n poging om ‘n stemmery oor ‘n nuwe herverdelingskaart wat Republikeine sal bevoordeel te stop. President Donald Trump steun die voorgestelde kaart wat vyf nuwe Republikeinse setels in die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers sal skep, waar Republikeine tans oor ‘n skrale meerderheid beskik. Twee-derdes van die 150-lid […]

Read More

Swakop vier 133ste bestaansjaar - August 5, 2025

Swakopmund vier vanjaar 133 jaar van ryk geskiedenis, kultuur en sjarme. Oor die dekades het dit van ‘n stil hawedorp na een van Namibië se mees ikoniese bestemmings verander. Hierdie mylpaal word gevier met ‘n reeks opwindende geleenthede, insluitend kulturele uitstallings, gemeenskapsfeeste, strandskoonmaak en historiese uitstallings. Kosmos 94.1 Nuus het met die Swakopmund Munisipaliteit se […]

Read More

Angolese stukwerkers kry skuld vir vlaag van misdaad in Ohangwena - August 5, 2025

Spanning loop volgens berigte hoog in die Ohangwena-streek met inwoners wat Angolese stukwerkers blameer vir die vlaag misdade wat aangemeld is. Die goewerneur Kadiva Hamutumwa sê dat daar tussen 1 April verlede jaar en 31 Maart vanjaar 4 907 kriminele sake aangeteken is. Dit sluit in 154 verkragtings, 235 gevalle van huishoudelike geweld, 880 aanrandings, […]

Read More

TLU SA verwerp nasionale dialoog - August 5, 2025

Die landbou-organisasie TLU SA gaan nie aan die Nasionale Dialoog later die maand deelneem nie en sê die land het nie nog ‘n ideologiese imbizo nodig wat net die ANC se bestaande beleidsrigtings herbevestig nie. Die dialoog is gemik op die vestiging van eenheid en die vind van oplossings vir Suid-Afrika se uitdagings. Bennie van […]

Read More

Guterres het groot kommer oor Soedan - August 5, 2025

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, beskryf die situasie in Soedan as ‘n grootskaalse katastrofe en ontsaglik wreed. Die aanhoudende stryd tussen die Soedanese Gewapende Magte en die para-militêre Rapid Support Forces het die land dieper in onrus gedompel. Meer as 12,4-miljoen mense in die land is ontheem. Guterres se woordvoerder, Farhan Haq, sê […]

Read More

Karpidas se kunsversameling kom onder die hamer - August 5, 2025

Die kunsversameling van een van Europa se belangrikste versamelaars, Pauline Karpidas, word volgende maand opgeveil. Die versameling, Pauline Karpidas: The London Collection, word beskou as die waardevolste privaat versameling ooit in Europa en bevat kunswerke en meubels uit die 20ste eeu. ʼn Hoogtepunt uit die meer as 200 kunswerke en ontwerperstukke, is René Magritte se […]

Read More

LPM lei jongmense op oor politieke betrokkenheid - August 5, 2025

William Minnie, adjunk-nasionale woordvoerder van die Landless People’s Movement, sê die party loods ‘n jeuggerigte kiesersopvoedingsveldtog om die belangrikheid van politieke deelname te beklemtoon, veral in plaaslike- en streekverkiesings. Hy beklemtoon dat baie jongmense nie ten volle verstaan hoe politiek hul alledaagse lewens beïnvloed nie. Minnie vra vir groter betrokkenheid, konsultasie en bewustheid om die […]

Read More

Limpopo-plaaswerker sê hy’s gedwing om vroue vir varke te voer - August 5, 2025

‘n Plaaswerker van Limpopo, Adriaan de Wet, gaan in die Hooggeregshof getuig hy is gedwing om die liggame van twee vermoorde vroue aan varke te voer. De Wet, nou ‘n staatsgetuie, beweer die boer, Zachariah Olivier, het Maria Makgato en Lucia Ndlovu in Augustus verlede jaar doodgeskiet toe hulle kos gesoek het. Hulle en ‘n […]

Read More

Alles is skaars in Gaza, behalwe lyding - August 5, 2025

Die situasie in Gaza is soos uit die hel en hulp wat uit vliegtuie afgegooi word is glad nie effektief nie, sê ‘n woordvoerder van Brittanje se Oxfam. Kommunikasie-beampte Ghada Haddad het met SkyNews gepraat uit Dier al Balah in sentraal-Gaza, en sê meeste mense daar woon in tente en water is ook skaars.

Read More