Dis môre 80 jaar na Hiroshima atoombom-aanval - August 5, 2025

‘n Rekord aantal lande en streke sal die 80ste herdenking van die atoombom op Hiroshima bywoon, insluitend Rusland bondgenoot Belarus en verteenwoordigers van nuwelinge Taiwan en Palestina. Die Verenigde State het op 6 Augustus 1945 ‘n atoombom op Hiroshima laat val wat sowat 140 000 lewens geëis het. Drie dae later het ‘n tweede bom […]

Read More

Agribank vra vandag vir summiere vonnis van N$5,7m teen grootkop - August 5, 2025

Agribank se dagvaardiging van 5,7 miljoen Namibiese dollar teen Johannes Ndeutepo, die uitvoerende hoof van Nammic, die beleggingsmaatskappy van die Mynwerkers-unie en voormalige Omuthiya raadslid wat afgedank is omdat hy in Windhoek woon, kom weer vandag voor. In stukke sê die bank Ndeutepo het nie die hof se opdrag om antwoorde in te dien nagekom […]

Read More

Cyril sê alles word in die stryd gewerp om verhouding met VSA te normaliseer - August 5, 2025

Die ANC-president Cyril Ramaphosa sê die regering gaan voort om met die Verenigde State te praat oor die normalisering van handelsbetrekkinge en die versterking van bilaterale bande. Dit volg op Amerika se besluit om ‘n eensydige tarief van 30-persent op Suid-Afrikaanse uitvoere te hef. Ramaphosa vra vir meer beleggings in die instelling van die Afrika-vasteland […]

Read More

Meer as 600 oud-veiligheidshoofde in Israel vra Trump om oorlog te stop - August 5, 2025

Meer as 600 voormalige Israeliese veiligheidshoofde het Amerikaanse president Donald Trump versoek om ‘n einde te maak aan Israel se oorlog teen Gaza. Hulle sê die dood van Palestyne weens Israeliese hongersnood het wêreldwye verontwaardiging veroorsaak. ‘n Voormalige Mossad-hoof Tamir Pardo, is een van die skrywers. Volgens die brief het die Israeliese leër twee van […]

Read More

Uitsaai Veterane vier eerste jaar - August 5, 2025

Die Vereniging van Uitsaai Veterane vier vandag sy eerste bestaansjaar, wat ‘n jaar van mentorskap vir jong uitsaaiers beklemtoon. Altesaam 29 leerders is by Windhoek Gimnasium opgelei en die groep het ‘n memorandum van verstandhouding met Unam onderteken vir toekomstige opleiding, en beplan ook om ‘n permanente opleidingsentrum oop te maak. Sameroeper Kolie van Coller […]

Read More

Water effe meer spaarsamig die week benut  - August 5, 2025

Daar is beter waterbesparings in die afgelope week rakende die land se damme toegepas. Net minder as 4,3 miljoen kubiek is onttrek. In die sentrale gebied is Von Bach op 91,6 persent na oordragte van Omatako. Swakoppoort is op 89,8 persent. In die Ooste is bronne op 30,1 persent met Otjivero wat 49,4 persent vol […]

Read More

VSA-tariewe kan SA-groei negatief raak  - August 5, 2025

Die regering sê die nuwe 30-persent tariewe wat deur die VSA ingestel is kan Suid-Afrika se groei met 0,2-persent verminder. In ‘n gesamentlike media-inligtingsessie van die Ministerie van Internasionale Betrekkinge en Samewerking en van Handel, Nywerheid en Mededinging het hulle kommer uitgespreek oor die ekonomiese impak op belangrike uitvoersektore soos motorvoertuie, sitrus, en wyn. Minister […]

Read More

Afrika-klimaatberaad in September  - August 5, 2025

Voorbereidings vir die tweede Afrika-klimaatberaad is tans onderweg in Addis Abeba, Ethiopië. Die beraad, wat van 8 tot 10 September deur die Afrika-Unie en die Ethiopiese regering aangebied word, sal fokus op ‘Die versnelling van globale klimaatoplossings: Befondsing vir Afrika se veerkragtige en groen ontwikkeling.’ Belangrike doelwitte sluit in om teen 2030 hernubare energie uit […]

Read More

Namibiese span vertrek vir MXoAN  - August 5, 2025

Die Motocross of African Nations vind vanaf 15 tot 17 Augustus by Donnybrook Park in Harare in Zimbabwe plaas. Namibië neem ook deel en ‘n span van 14 ryers in agt klasse vertrek vanmiddag per pad. Suid-Afrika en Uganda is ook verteenwoordig. Francois Lottering van Motor Media Namibia het met spanbestuurder Ingo Waldschmidt gepraat. 

Read More

Aktivis sê dis te wagte dat Windhoek pensioenarisse ignoreer  - August 5, 2025

Reaksie word ontvang op Stad Windhoek wat oproepe vir die onvoorwaardelike kansellasie van skuld wat deur pensioenarisse verskuldig is, verwerp het. Die stad waarsku dat so ‘n stap die  munisipaliteit se finansiële gesondheid en sy vermoë om noodsaaklike dienste te lewer, sal ondermyn. Dit volg op ‘n formele petisie wat deur die Khomas Belastingbetalers- en […]

Read More