Psemas: Staat verwag privaat praktisyns moet sy verpligtinge nakom - August 5, 2025
Die Namibiese Privaat Praktisynsforum sê Psemas gaan voort om gesondheidsorgverskaffers te vergoed teen ‘n tariefvlak wat in 2014 van toepassing was. In wese verwag die regering dat privaatsektor-gesondheidsorgverskaffers die regering se verpligting teenoor alle staatswerknemers en hul gesinne sal subsidieer. Gevolglik is al hoe minder gesondheidsorgverskaffers bereid om met Psemas te kontrakteer. Meer as 7 […]
Kredietverlening: Repokoers verligting op pad sê ekonoom - August 5, 2025
Privaatsektor kredietgroei het in Junie tot 5,7 persent gestyg, van 4,1 persent in Mei. Sake-krediet het jaar-tot-jaar met 10,6 persent gestyg, die sterkste sedert Mei 2019. Die groei was veral sterk in oortrokke fasiliteite, wat tot 17,4 persent gestyg het van 6 persent in Mei. Huishoudelike krediet het egter slegs 2,4 persent jaar-tot-jaar gestyg, effens […]
Ontleder gesels oor IPC-party en ondersoeke by gesondheid - August 5, 2025
Die IPC blyk om in moeilikheid te wees met leiers wat daarvan beskuldig word dat hulle ontoeganklik is en nie hoor nie. Daar was die afgelope tyd verskeie hoë profiel bedankings met lede wat sê die party doen afstand van sy beginsels. Daar is ook nie baie momentum in die party met die opkomende verkiesings […]
Deense dieretuin vra troeteldier-skenkings, om roofdiere te voer - August 5, 2025
‘n Dieretuin in Denemarke het ‘n beroep op die publiek gedoen om hul gesonde ongewenste troeteldiere te skenk as deel van ‘n unieke poging om kos vir sy roofdiere te verskaf. Die Aalborg Dieretuin vra vir skenkings van lewende hoenders, konyne en marmotte en meer. Die diere sal dan deur opgeleide personeel van kant gemaak […]
Namcor: Nandago ontken alle klagtes, sê hy kan N$5 000 borg bekostig - August 5, 2025
Leo Nandago, die negende beskuldigde in die Namcor-bedrogsaak, het tydens sy borgtog-aansoek in die Windhoek-laerhof ontken dat hy as vennoot in Erongo Petroleum 500 000 Namibiese dollar aan Panduleni Farming CC betaal het. Die onderneming behoort aan die man van Jennifer Hamukwaya, die voormalige uitvoerende hoof van finansies by Namcor. Nandago sê in ‘n verklaring […]
Madlanga-kommissie moet Vala Umgodi ondersoek - August 5, 2025
Die Mining Affected Communities United in Action het president Cyril Ramaphosa gevra dat die Madlanga-kommissie dadelik moet ondersoek instel na die polisie se Operasie Vala Umgodi. Woordvoerder Sabelo Mguni sê dit volg na Vrydag se inhegtenisneming van 400 vermeende onwettige immigrante by ‘n myn in Barberton, Mpumalanga. Mguni sê hulle glo die operasie word nie […]
Demokrate vra Trump om Palestynse staat te erken - August 5, 2025
Meer as ‘n dosyn demokrate in die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers het ‘n brief onderteken wat die Trump-administrasie ten sterkste versoek om ‘n Palestynse staat te erken, berig die nuuswebwerf Axios. Die brief was aan Trump en die minister van buitelandse sake, Marco Rubio, gerig. Intussen sê Israel se buitelandse sake-minister, Gideon Sa’ar, dat erkenning […]
Twee-derdes van Kanada se 700 brande is buite beheer - August 5, 2025
Meer as 700 veldbrande woed in Kanada en ongeveer twee-derdes daarvan is buite beheer, volgens die Kanadese Interagency Forest Fire Centre. Die rook het ernstige luggehalte-waarskuwings in Kanada en die Verenigde State veroorsaak. Detroit, Michigan, en die Kanadese stede Montreal en Toronto het Maandag van die slegste luggehalte ter wêreld aangeteken. Die meeste van die […]
Vereniging van Uitsaai Veterane vier ‘n jaar van prestasie - August 4, 2025
Die Vereniging van Uitsaai Veterane vier vandag sy eerste bestaansjaar, wat ‘n jaar van mentorskap vir jong uitsaaiers beklemtoon. Sedert sy bekendstelling op 5 Augustus 2024 het die vereniging gegroei tot 78 lede. Altesaam 29 leerders is by Windhoek Gimnasium opgelei, met 10 wat gekies is om die skool se Red Aloe Radio te begin. […]
SA sal handelsbelange verdedig, sê Lamola - August 4, 2025
Die regering sê hy sal Suid-Afrika se nasionale handelsbelange verdedig na die VSA se besluit om ‘n 30-persent-tarief op plaaslike uitvoere in te stel. Nagenoeg agt-persent van Suid-Afrika se totale uitvoere gaan na die VSA, wat dit die land se derde grootste handelsvennoot maak. In ‘n gesamentlike media-inligtingsessie het die minister van Internasionale Betrekkinge en […]