The Fantastic Four: First Steps bly bo by loket - August 4, 2025

Marvel se The Fantastic Four: First Steps, met Pedro Pascal in die hoofrol as wetenskap-genie Reed Richards, wat ʼn ruimtesending saam met sy vrou lei, is in sy tweede naweek steeds die nommer een by Noord-Amerikaanse kaartjiekantore. Universal/DreamWorks Animation se nuwe gesinsfliek, The Bad Guys 2, is tweede en Paramount se The Naked Gun met […]

Read More

Indië troef Engeland in laaste toets - August 4, 2025

Krieket: Indië het ʼn naelbyt-oorwinning oor Engeland behaal in die vyfde toets om die reeks gelykop te laat eindig met 2-elk. Die gashere het op die laaste oggend net 35-lopies benodig maar met net vier paaltjies oor op die Oval in London. Indië het binne ‘n uur met ses lopies gewen, maar nie voordat die […]

Read More

Fishrot-verhoor nogmaals op ys - August 4, 2025

Hoërhofregter Marlize du Plessis sê dis ‘n mors van die hof se tyd om voort te gaan met die Fishrot-verhoor terwyl ‘n aansoek wat deur voormalige minister van justisie Sacky Shanghala, saam met sommige van sy medebeskuldigdes, teen die vorige regter, Moses Chinhengo, ingedien is, steeds in ‘n ander hof hangende is. Shanghala het dokumente […]

Read More

SA vervoerdepartement kry eerste skoon oudit in 31 jaar - August 4, 2025

Die minister van vervoer, Barbara Creecy, en adjunkminister Mkhuleko Hlengwa, sê die departement se eerste skoon oudituitkoms in 31 jaar is ‘n stap in die rigting van ‘n volledig verantwoordbare en skoon administrasie. Hulle het hierdie skoon oudituitkoms toegeskryf aan die departement se verbintenis tot skoon bestuur en verantwoordbaarheid. Die departement se woordvoerder, Collen Msibi, […]

Read More

Indië finansier Rusland se Oekraïne-oorlog: top Trump-assistent - August 4, 2025

ʼn Top-assistent van die Amerikaanse president, Donald Trump, beskuldig Indië dat hy Rusland se oorlog in Oekraïne finansier deur olie by Moskou te koop. Dit volg net enkele dae nadat die Trump-administrasie ʼn tarief van 25-persent op Indiese uitvoerprodukte na Amerika ingestel het. Die Withuis dreig met nog optrede indien Indië voortgaan om Russiese olie […]

Read More

Swiatek en Rune uit Kanadese Ope - August 4, 2025

Tennis: Die Wimbledon-kampioen, Iga Swiatek van Pole, is die jongste gekeurde wat op die Kanadese Ope in Montreal uitgeskakel is. Die tweede gekeurde het in skoon stelle teen die 19de-gekeurde Deen, Clara Tauson, verloor. Die Amerikaner, Madison Keys, is deur na haar agtste kwarteindronde nadat sy met die Tsjeg, Karolina Muchova, afgereken het. In die […]

Read More

Nganate waarsku grond-begunstigdes hulle moet selfstandig word - August 4, 2025

Die Namibiese regering het 5 518 begunstigdes hervestig onder sy grondhervormingsprogram, insluitend 26 wat onlangs opleiding in infrastruktuur, vee- en gewasbestuur voltooi het. Namens die landbouminister Inge Zaamwani, het die goewerneur van Omaheke, Pijoo Nganate, begunstigdes herinner aan hul verantwoordelikheid om selfstandig te word.

Read More

Namdia-ondersoek nog nie voltooi nie, saak uitgestel tot Oktober - August 4, 2025

Die ondersoek na Namdia se gewaagde roof sloer. Joel Angula en Sam Shololo, beskuldigdes in verband met die noodlottige rooftog op 18 Januarie, het vanoggend in die Windhoek-landdroshof verskyn. Die staat het die hof meegedeel dat sommige getuieverklarings nog uitstaande is en dat ondersoeke steeds aan die gang is. Die saak is uitgestel tot 23 […]

Read More

Cope sê etiese regering verdwyn onder Ramaphosa - August 4, 2025

Cope sê die voortgesette erosie van etiese regering onder Ramaphosa se leierskap is verraad teen die demokratiese waardes waarvoor Suid-Afrikaners geveg het. Die party sê adjunkpresident Paul Mashatile se versuim om ‘n diamantgeskenk van ‘n twyfelagtige sakeman te verklaar, tesame met Ramaphosa se weiering om aanspreeklikheid te eis, illustreer ‘n leierskapsgaping wat deur straffeloosheid gekenmerk […]

Read More

Migrante verdrink op pad na Jemen - August 4, 2025

Agt-en-sestig Ethiopiese migrante is dood en 74 word vermis nadat ʼn boot aan die kus van Jemen gesink het. Volgens die Internasionale Organisasie vir Migrasie was 154 migrante aan boord. Hiervan het 54 liggame in die Khanfar-distrik uitgespoel terwyl 14 ander dood gevind en na ʼn lykshuis geneem is. Slegs 12 het die voorval oorleef […]

Read More