Cosatu het kommer oor groei in aanlyndobbel - October 24, 2025

Cosatu het kommer uitgespreek oor die skerp toename in ongereguleerde en onwettige aanlyn dobbelary. Dit word hoofsaaklik toegeskryf aan toenemende digitale toeganklikheid. Dobbelary in die land het ‘n beduidende jaar-tot-jaar groei van 45,7-persent getoon. Cosatu se woordvoerder, Matthew Parks, sê as dit toegelaat word, dreig ongereguleerde en onwettige aanlyn dobbelary om duisende in absolute armoede […]

Read More

Oekraïne sal nie gebied opgee nie – Zelensky - October 24, 2025

President Volodymyr Zelensky van Oekraïne sê sy land sal nie toegewings oor grondgebied aanvaar as deel van vredesonderhandelings met Rusland nie. Moskou wil beheer behou oor die Krim en vier ander streke van Kiëf, waaroor Russiese magte nie volle beheer het nie. Zelensky sê die Russiese bates van honderde miljarde dollars wat die Europese Unie […]

Read More

Jan-Hendrik sal 9 wedstryde uitsit - October 24, 2025

Die Bulle- en Springbok-haker Jan-Hendrik Wessels is vir nege wedstryde verbied, wat voortspruit uit ‘n voorval tydens ‘n Verenigde Rugbykampioenskap-kragmeting teen Connacht verlede naweek. In die wedstryd het Connacht-flank Josh Murphy Wessels twee keer in ‘n losskrum geslaan en die Bulle-speler later daarvan beskuldig dat hy hom tussen die bene gegryp het. ‘n Tugkomitee het […]

Read More

TVET moet verskerp word - October 24, 2025

Joseph Mukendwa, die beleidshoof by die Namibië Groenwaterstofprogram, het ‘n beroep gedoen op die versnelde ontwikkeling van tegniese en beroepsonderwys en –opleiding, of TVET. Hy sê dit is noodsaaklik om Namibië se werksmag toe te rus met die vaardighede wat nodig is om die land se sekondêre sektor te laat groei. Die sektor se bydrae […]

Read More

Buitelanders moet uitgesluit word uit ongeluksfondsbetalings - October 24, 2025

Die voorsitter van die Parlement se Staande Komitee oor Openbare Rekeninge, Songezo Zibi, het gevra dat buitelanders uitgesluit word van Padongelukkefonds-uitbetalings. Zibi sê die huidige wetgewing moet gewysig word aangesien dit enige persoon wat in Suid-Afrika in ‘n padongeluk beseer is, toelaat om te eis. Hy sê die komende Wetsontwerp op die Padongelukke Voordeleskema sal […]

Read More

Geweld in Kameroen met eerste verkiesingsuitslae - October 24, 2025

Internettoegang in Kameroen word aansienlik ontwrig namate protesoptogte voortduur oor beweerde onreëlmatighede in hierdie maand se presidensiële verkiesing. Kameroen se Grondwetlike Raad het die week alle petisies wat die presidensiële verkiesing van 12 Oktober betwis, verwerp en die weg gebaan vir die aankondiging van die volledige uitslae. Paul Biya, die wêreld se oudste heerser op […]

Read More

Migrante: Brittanje het reeds 2024 se syfers oorskry - October 24, 2025

Bykans 37 000 migrante het tot dusver vanjaar met klein bote in die Verenigde Koninkryk aangekom, terwyl die regering nuwe druk ervaar oor pogings om die vaarte te verhoed. Altesaam 36 954 ongedokumenteerde migrante het tot dusver vanjaar die Engelse Kanaal oorgesteek van Noord-Frankryk na die Engelse suidkus, in vergelyking met 36 816 vir die […]

Read More

ECN soek weer voertuie, toerusting - October 24, 2025

Die Namibiese Verkiesingskommissie het ‘n kennisgewing uitgereik vir die publiek om hulle privaatvoertuie aan die kommissie te verskaf tydens die opkomende plaaslike owerheidsverkiesings. Die kommissie soek ook kragopwekkers, tafels en stoele, tente, ligte, elektriese toerusting en mobiele toilette. Die kommissie sê dit is van toepassing op al 14 streke. Die kommissie benut tydens elke verkiesing […]

Read More

Cele sê Matlala verbind met beweerde ANC-leierskap befondsingskomplot - October 24, 2025

Die voormalige minister van Polisie, Bheki Cele het aan die Parlement se ad hoc-komitee gesê sakeman, Vusimusi “Cat” Matlala, het beweer hy is genader is om ‘n projek te befonds vir iemand wat ANC-president of adjunkpresident wou word. Die geskorste polisieminister Senzo Mchunu was na bewering betrokke. Cele sê Matlala het vergaderings met Mchunu en […]

Read More

Basketbal, poker, die Mafia en ‘n dobbelsindikaat… - October 24, 2025

Die FBI het meer as 30 mense reg oor Amerika in hegtenis geneem in aparte, maar verwante onwettige dobbelsake, wat insluit sportsterre wat in die Nasionale Basketbalvereniging, die NBA, speel en lede van die Mafia. In die eerste saak het ses verdagtes na bewering binne-inligting gebruik en in sommige gevalle het spelers hul vertonings verander […]

Read More