Ons gaan koud kry en dit begin reeds vanaand - August 4, 2025
Die suidelike dele, veral die suidweste, reën ontvang met die kouestelsel wat in beweeg. Volgens weerkenner George van der Merwe sal die wolkbedekking ook dagtemperature laag hou. Maar, die sentrale gebiede gaan ook deurloop met koue wat reeds vanaand kan aankom.
Minimumloon sal werkloosheid laag styg - August 4, 2025
Reaksie word ontvang op kommer oor werksverliese met die nuwe minimumloon. Namibië se minimumloon het op 1 Januarie vanjaar gestyg en sal in 2027 vir ‘n derde opeenvolgende jaar styg, ‘n toename van 80 persent. ‘n Algemeen gebruikte koëffisiënt dui daarop dat vir elke persent ekonomiese groei, indiensneming met slegs die helfte, 0,5 persent styg. […]
Ouditeur-generaal ontdek onreëlmatige besteding by onderwys - August 4, 2025
Die ouditeur-generaal het bevind dat die onderwysministerie fondse uit sy meubelbegroting verkeerd toegeken het, omgemagtigde uitgawes aangegaan het en verkrygingsprosedures gesystap het in die 2023-24 boekjaar. Meer as 7,7 miljoen Namibiese dollar is betaal vir konsultasiefooie terwyl 7,2 miljoen dollar aan belastingterugbetalings uit die 15 miljoen dollar meubelbegroting bestee is. Goedere en dienste ter waarde […]
Korrektiewe Diens blokkeer pensioen vir ouer gevangenes - August 4, 2025
Gevangenes van 60 jaar en ouer ontvang nie ouderdomspensioene terwyl hulle in die tronk is nie, aangesien hul behoeftes deur die staat gedek word. Die diens stel die lynministerie in kennis om betalings tydens opsluiting op te skort, maar help om dit weer in te stel voor vrylating. Kosmos 94.1 Nuus het met Sam Shaalulange, […]
Voëlgriep: Namibiese pluimvee-bedryf moet voorsorg tref - August 4, 2025
Reaksie word ontvang op toenemende voëlgriepgevalle wat onlangs in die buurland, met die jongste voorval in die Wes-Kaap, sowel as Botswana, bevestig is. Dit is belangrik vir gemeenskappe en owerhede om waaksaam te wees vir tekens van infeksie in beide pluimvee en wilde voëls. Vroeë opsporing en voorkomende maatreëls is van kardinale belang. Kosmos 94.1 […]
Polisie vind N$36 750 se skunk-dagga op Hochveld - August 4, 2025
Op Hochveld het die polisie by die Hochfeld-Otjozondu-aansluiting in die Okahandja-distrik, drie verdagtes, twee Namibiese mans en een vrou tussen die ouderdomme van 49, 41 en 29 jaar oud, in hegtenis geneem nadat hulle tydens ‘n polisie-soektog met skunk-dagga ter waarde van 36 750 Namibiese dollar gevind is. Die verdagtes sal vandag in die Okahandja-landdroshof […]
Verkiesing van SA se Veeartsenyraad verdag - August 4, 2025
Die Suid-Afrikaanse landbouminister John Steenhuisen het ʼn volledige verslag aangevra oor die onlangse verkiesingsproses van die Suid-Afrikaanse Veeartsenykundige Raad. Dit volg nadat kommer uitgespreek is oor die proses se deursigtigheid en prosedurele integriteit. Die ministerie se woordvoerder, Joylene van Wyk, sê dit sluit teenstrydige kommunikasie aan geregistreerde veeartse in oor stemdatums, die bevoegdheid van sekere […]
Ben-Gvir lei groep om te bid by Al-Aqsa - August 4, 2025
Israel se verregse minister van Nasionale Veiligheid, Itamar Ben-Gvir, het gramskap op die hals gehaal nadat hy ‘n groep aanbidders in gebede by die Al-Aqsa-moskee, die sensitiefste heilige plek in Jerusalem, gelei het. Dit is ten spyte van ‘n dekades oue reëling dat enigiemand die terrein mag besoek, maar slegs Moslems daar mag bid. Die […]
De Beers se syfers toon markuitdagings met diamante - August 4, 2025
De Beers Namibia het ‘n daling in verdienste vir die eerste helfte van 2025 gerapporteer, met onderliggende bedryfswins wat gedaal het tot 1,09 miljard Namibiese dollar, af van 1,24 miljard dollar verlede jaar. Volgens die maatskappy se jongste finansiële resultate het onderliggende verdienste voor rente, belasting, waardevermindering en amortisasie 1,47 miljard dollar bereik. Die daling […]
SAKP sê ANC maak beloftes en kom hulle nie na nie - August 4, 2025
Die SAKP sê sy onafhanklike deelname aan die 2026 plaaslike regeringsverkiesing is om namens die werkersklas en werkloses te staan en nie om die drieledige alliansie te verbreek nie. Die party het sy 104de herdenking gister by KwaDlengezwa naby Richardsbaai in KwaZulu-Natal gevier. Die SAKP se hoofsekretaris, Solly Mapaila, beskuldig die ANC dat hy sy […]