Bibi vra Rooi Kruis om in te gryp met gyselaars - August 4, 2025

Die Israelse premier Benjamin Netanyahu het ‘n beroep op die Internasionale Komitee van die Rooi Kruis gedoen om voedsel en mediese sorg na gyselaars wat in Gaza aangehou word, te bring. Dit volg nadat Hamas en die Palestynse Islamitiese Jihad video’s vrygestel het wat die gevangenes Rom Braslavski en Evyatar David in ‘n sigbaar brose […]

Read More

Harris sê die ingee en toegee aan Trump is kommerwekkend - August 4, 2025

Kamala Harris het ‘n onderhoud, die eerste sedert haar nederlaag as presidentskandidaat teen Donald Trump, met CBS gevoer. Verskeie kwessies het onder die loep gekom sowel as wat sy as die verbrokkelende demokrasie in die VSA beskryf. Sy sê daar is baie van Trump verwag maar wat sy nie gesien kom het nie, is dat […]

Read More

IPPR kyk na doeltreffendheid van GRN se herstelprogram na Fishrot - August 4, 2025

Na aanleiding van die verwoestende Fishrot-skandaal, wat Namibië miljoene gekos het en honderde vissermanne werkloos gelaat het, het die regering die sogenaamde Government Employment Redress Programme in 2020 van stapel gestuur. Maar vyf jaar later bly kritieke vrae: Het dit gewerk? Waarheen het die beloftes gegaan? Is geaffekteerde werkers werklik beter daaraan toe? Die Instituut […]

Read More

Roof van N$1,5m se goedere by bergingsfasiliteit - August 4, 2025

Die polisie sê daar is ingebreek by die IN and GO-bergingsfasiliteit in Brakwater. Daar word beweer dat die verdagte ‘n onbekende voorwerp gebruik het om die hangslot van die houer oop te breek en die klaer se eiendom gesteel het, naamlik tafels en stoele, ‘n motorfiets en fiets met bykomstighede, tente, gasstoof, windnette en ‘n […]

Read More

Amper 10 000 mense aangekeer by SA se grense - August 4, 2025

Die kommissaris van die Grensbestuursowerheid, Michael Masiapato, sê ‘n totaal van 9 954 persone is gedurende die eerste kwartaal van die 2025/2026-boekjaar onderskep, aangekeer en gedeporteer terwyl hulle probeer het om die land onwettig binne te kom. Masiapato sê 5 826 het nie dokumente gehad nie, 2 127 kon nie toegelaat word nie en 2 […]

Read More

Rehoboth kom tweede in Dorp van die Jaar - August 4, 2025

Rehoboth het tweede gekom in die 2025 Kwêla Dorp van die Jaar-kompetisie, aangebied deur kykNET. Die dorp het uitgestaan as die enigste finalis van buite Suid-Afrika, en het teen agt ander dorpe in verskeie Suid-Afrikaanse provinsies meegeding. Bloemhof, geleë op die Gauteng-Noordwes-grens in die buurland, is as die algehele wenner van vanjaar se kompetisie aangekondig. […]

Read More

Fishrot hervat vandag - August 4, 2025

Die Fishrot-verhoor hervat vandag voor ‘n nuwe regter, Marilize du Plessis na regter Moses Chinhengo op 21 Julie uit die saak onttrek het. Die saak het laas in Februarie voorgekom en van die beskuldigdes, waaronder oud-justisieminister Sacky Shanghala, het toe kommer uitgespreek omdat hulle nie resgverteenwoordigers het nie. Aanklaer-generaal Martha Imalwa het getuig die saak […]

Read More

Ondersoek gelas na baba uit putlatriene gered is - August 4, 2025

Die Namibiese polisie het in die vroeë ure van Vrydagoggend in Engela afgekom op ‘n baba van ongeveer 28 weke wat in ‘n diep putlatrine gegooi is. ‘n Familielid het ‘n baba uit die put hoor huil en die polisie geskakel. Daarna is die verdagte, ‘n 26-jarige studentverpleegster, opgespoor en is nou onder polisiebewaking by […]

Read More

Popcru verwerp DA-aantygings oor inmenging by Mashatile BBP-saak - August 4, 2025

Die polisie- en Gevangenisdiensvakbond, Popcru sê hy neem met minagting kennis van die oneerlike en opruiende opmerkings van die DA oor sogenaamde inmenging deur die vakbond. Popcru-woordvoerder, Richard Mamabolo, sê dit gaan oor die tugoptrede teen die lede van die BBP-beskermingseenheid toegewys aan adjunkpresident Paul Mashatile. Hy sê Popcru verwerp met minagting die DA se […]

Read More

Geskiedenis by Tour de France gemaak - August 4, 2025

Paulene Ferrand-Prévot het geskiedenis gemaak deur die eerste Franse wenner van die Tour de France in 36 jaar te word. Die 33-jarige wat verlede jaar goud in bergfietsry by die Paryse Olimpiese Spele gewen het, het die algehele titel ingepalm met ‘n voorsprong van drie-minute-42-sekondes oor die 2023 kampioen, Demi Vollering, van Nederland. Die verdedigende […]

Read More