Opul stoot produksie op - August 4, 2025
Opul en sy vennote het ooreengekom om olieproduksie met 547 000 vate per dag vir September te verhoog, die jongste in ‘n reeks versnelde produksieverhogings om markaandeel te herwin, namate kommer toeneem oor potensiële ontwrigtings in die aanbod wat met Rusland verband hou. Agt Opul+-lede het ‘n kort virtuele vergadering gehou te midde van toenemende […]
Wes-Kaapse owerhede het kommer oor skoolvandalisme - August 4, 2025
Die Wes-Kaapse LUR vir Onderwys, David Maynier, sê hulle is bekommerd oor die 57 voorvalle van inbraak en vandalisme by 46 skole gedurende die Junie/Julie-vakansietydperk. Hy sê dit is ‘n beduidende toename teenoor dieselfde tydperk in 2024, toe 45 voorvalle by 39 skole, aangemeld is. Maynier sê skooleiendom loop besondere risiko van inbraak en vandalisme […]
Macron veroordeel video’s van Hamas-gyselaars - August 4, 2025
Die Franse president Emmanuel Macron het video’s wat die naweek vrygestel is van Israelse gyselaars in Gaza, veroordeel. Hamas en die Palestynse Islamitiese Djihad het videogrepe vrygestel van Rom Braslavski en Evyatar David wat duidelik in ʼn swak toestand is. Hulle is op 7 Oktober 2023 ontvoer tydens die aanval op Israel wat die oorlog […]
Norris vat Hongaarse Grand Prix - August 4, 2025
Lando Norris het die Hongaarse Grand Prix gewen en sy spanmaat, Oscar Piastri was tweede. Dit beteken McLaren spog nog ʼn keer hierdie seisoen met die eerste twee plekke. George Russell van Mercedes was derde terwyl Charles Leclerc van Ferrari met vierde plek tevrede moes wees. Fernando Alonso van Aston Martin was vyfde. Norris, wat […]
Langbaanrenne suksesvol aangebied - August 4, 2025
In plaaslike motorsportnuus is die derde been van die langbaanrenne op Tony Rust net buite die hoofstad oor die naweek gehou. Daar was ses inskrywings met vier wat die eindstreep gehaal het. Francois Lottering het die besonderhede.
Registrasie vir allerbelangrikste verkiesing skop vandag af - August 4, 2025
Die Verkiesingskommissie is ten volle voorbereid vir die aanvullende kieserregistrasie wat vandag begin en tot 19 Augustus duur, met 4 233 registrasiepunte en 696 opgeleide spanne oor al 14 streke. Vervoer, insluitend NDF-helikopters, sal afgeleë gebiede in streke soos Zambezi en Kunene bereik, en die polisie sal sekuriteit verseker. Die kommissie beoog om die oorblywende […]
Wildmisdaad is meer as patrollies, boetes en tronkstraf - August 4, 2025
Reaksie word ontvang op ‘n opiniestuk deur Helge Denker wat sê dat om die drywers van wildmisdaad te verstaan, is noodsaaklik vir blywende oplossings, verby patrollies, boetes en gevangenisstraf. ‘n Holistiese, oplossingsgerigte benadering kan Namibië se menslike en ekonomiese koste verlaag terwyl dit landelike gemeenskappe beter in die wildekonomie insluit. Wydverspreide ongelykheid duur voort, en […]
Namdia-roof: Shololo en Angula verskyn weer - August 4, 2025
Twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n noodlottige gewapende rooftog by die Windhoek-hoofkantoor van Namdia op 18 Januarie vanjaar uitgevoer het, verskyn weer vandag in die hof na die saak op 23 Mei tot vandag toe uitgestel is. Voormalige Namdia-sekuriteitsbeampte Joel Angula en sy medebeskuldigde, Sam Shololo, word daarvan beskuldig dat hulle Namdia […]
Shell staak besteding op eksplorasie in Oranje-bekken - August 4, 2025
Shell sê dat hy steeds ontwikkelings in Namibië se oliesektor monitor, maar die land is nie meer een van sy topprioriteite vir eksplorasiebesteding nie, aangesien hy ‘n meer versigtige en gefokusde globale benadering volg. Namibia Mining and Energy berig die uitvoerende hoof, Wael Sawan, sê Shell is selektief oor waar hy belê, en Namibië is […]
Kort Namibië ‘n ministerie van gelukkigheid? - August 4, 2025
Die Rundu Landelik-raadslid Paulus Mbangu het voorgestel dat ‘n ministerie van gelukkigheid geskep word om Namibië se geestesgesondheidskrisis en hoë selfmoordsyfers aan te spreek. Hy meen die ministerie kan stelsels soos ‘n geluksindeks gebruik om beleid te rig wat welstand in onder andere gesondheid, inkomstesekuriteit, onderwys en voedseltoegang verbeter. Mbangu sê so ‘n ministerie kan […]