Seeikoei dood vrou, 64, polisie soek nog oorskot - August 4, 2025

Die polisie soek nog na die oorskot van ‘n vrou, 64, wat deur ‘n seekoei gedood is in Makena in Ndiyona in Kavango Oos. Daar word beweer dat die oorledene alleen was terwyl sy met ‘n kano in die rivier visgevang het toe ‘n seekoei haar kano aangeval het en dit laat omslaan het. Die […]

Read More

DBN kies 8 uit 400 vir Young Professionals - August 4, 2025

Agt aansoekers uit 400 is gekies vir die Ontwikkelingsbank van Namibië se 2025 Young Professionals-program, ‘n tweejaar-inisiatief wat hoogs presterende gegradueerdes versnel na loopbane in ontwikkelingsfinansies. Die program bied praktiese ervaring oor sleutel-bankbedrywighede om toekomstige bedryfskundiges te ontwikkel. Die bank se waarnemende uitvoerende hoof, John Mbango, het die rol daarvan in die bou van bekwame […]

Read More

Geen vertroue in Madlanga-kommissie – Action Society - August 4, 2025

Action Society sê hulle het geen vertroue dat die Madlanga-kommissie se regterlike ondersoek na bewerings van diepgewortelde korrupsie en politieke inmenging in die polisie betekenisvolle resultate sal oplewer nie. Die woordvoerder van Action Society, Juanita du Preez, sê die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling het ‘n begroting van 147,9 miljoen Suid-Afrikaanse rand oor ses […]

Read More

Loni Anderson sterf, dae voor haar 80ste verjaardag - August 4, 2025

Loni Anderson, wat ‘n sukkelende radiostasie se bemagtigde ontvangsdame in die treffer-TV-komedie “WKRP in Cincinnati” gespeel het, is Sondag oorlede, net dae voor haar 80ste verjaardag. Anderson is in ‘n hospitaal in Los Angeles oorlede na ‘n lang siekbed. “WKRP in Cincinnati” is van 1978 tot 1982 uitgesaai en het afgespeel in ‘n sukkelende Ohio-radiostasie […]

Read More

Speenkalfprys sal plaaslik styg – Paul Klein - August 3, 2025

Verskeie ontwikkelinge in die speenkalfmark kan moontlik tot gevolg hê dat boere gaan begin betaal om speenkalwers te bekom. Agra se hoof van veilings, Paul Klein sê aan Agriforum dat dit gedryf word deur ‘n verwagte sterker vraag weens Namibië se groeiende slagkapasiteit, optimisme dat slagpryse sal styg en ‘n moontlike sterker vraag na speenkalwers […]

Read More

Mashatile beloof miljarde vir infrastruktuur opknapping - August 3, 2025

Adjunkpresident Paul Mashatile sê die regering is besig om aandag te skenk aan die watertekort in die land namate die vraag toeneem as gevolg van ekonomiese en bevolkingsgroei. Hy sê die regering het belowe om oor die volgende drie jaar meer as 940 miljard Suid-Afrikaanse rand aan infrastruktuur te bestee. Mashatile sê hierdie geld sal […]

Read More

Net 36 vragmotors met hulp kry toegang tot Gaza - August 3, 2025

Slegs 36 hulpvragmotors is Saterdag in Gaza ontplooi, ten spyte van die humanitêre krisis in die gebied. Amptenare sê ten minste 600 vragmotors is daagliks nodig. Die onmiddellike opening van toegangsroetes om hulp toe te laat is gisteraand bepleit. President Donald Trump se Midde-Oosterse gesant het intussen aan die families van die gyselaars wat steeds […]

Read More

Baba gebore van oudste embrio ooit - August 3, 2025

‘n Babaseuntjie wat verlede week vir ‘n Ohio-paartjie gebore is, het ontwikkel uit ‘n embrio wat vir meer as 30 jaar bevrore was. Dit is moontlik ‘n rekordtydperk van berging voor ‘n geboorte. In ‘n sogenaamde embrio-aanneming, het Lindsey en Tim Pierce drie embrio’s gebruik wat deur die 62-jarige Linda Archerd geskenk is, nadat sy […]

Read More

VN-koördineerder het lof vir onderwys-integrasie - August 3, 2025

Plaaslike VN-koördineerder Hopolang Phororo het Namibië geprys vir die integrasie van vroeë kinderontwikkeling en onderwysersopleiding in sy onderwysstelsel, in lyn met globale doelwitte vir inklusiewe, gehalte-onderwys. Tydens die bekendstelling van die ‘End Learning Poverty’-veldtog in Outjo het sy die VN se steun herbevestig en pogings uitgelig om leerders toe te rus met digitale vaardighede soos […]

Read More

EFF verwelkom Inkontrakteringswetsontwerp - August 3, 2025

Die EFF het die bekendstelling van die Inkontrakteringswetsontwerp in die Nasionale Vergadering as ‘n Privaatlid-wetsontwerp verwelkom. Dit is ingedien deur sy tesourier-generaal, Omphile Maotwe. Die party sê die doel is om die staat op alle vlakke te dwing om noodsaaklike en gereeld benodigde dienste uit eie geledere aan te vul. Die EFF sê die kern […]

Read More