Kommer oor menseregte in Haïti - August 3, 2025
Die woordvoerder van die VN se sekretaris-generaal, Farhan Haq, sê dat die menseregtesituasie in Haïti uiters kommerwekkend is, met bendegeweld wat toeneem. Ten minste 1 520 mense istussen April en Junie in gewapende geweld dood en 609 beseer. Gedurende dieselfde tydperk sê Haq dat ten minste 185 ontvoerings en 628 slagoffers van seksuele geweld aangemeld […]
Suid-Afrika wil hê belowende kolwers moet potensiaal op internasionale verhoog toon - August 3, 2025
Suid-Afrika se T20-kaptein, Aiden Markram, wil hê belowende jong kolwers moet die geleentheid van beperkte boulbeurt-toere na Australië en Engeland oor die volgende agt weke gebruik om te ontwikkel. Suid-Afrika het hoë verwagtinge vir Lhuan-dre Pretorius en Dewald Brevis, met hul voorbereiding vir volgende jaar se T20-Wêreldbeker. Suid-Afrika was laasjaar naaswenners van die laaste T20-Wêreldbeker […]
Stad Windhoek weier om pensioenarisse se skuld af te skryf - August 3, 2025
Stad Windhoek het oproepe vir die onvoorwaardelike kansellasie van skuld wat deur pensioenarisse verskuldig is, verwerp en waarsku dat so ‘n stap die munisipaliteit se finansiële gesondheid en sy vermoë om noodsaaklike dienste te lewer, sal ondermyn. Dit volg op ‘n formele petisie wat deur die Khomas Belastingbetalers- en Inwonersvereniging ingedien is, wat kommer oor […]
Kaapse Onafhanklikheidsparty sê Kaapstad keer nasionale regeringsbefondsing - August 3, 2025
Die Kaapse Onafhanklikheidsparty sê die Stad Kaapstad het sy aansoek om as ‘n Amicus Curiae toegelaat te word in die saak tussen die Suid-Afrikaanse Eiendomseienaarsvereniging en Kaapstad verwerp. Joan Swart van die Kaapse Onafhanklikheidsparty sê hulle wou aanvoer dat artikel 214 van die Grondwet billike verdeling van inkomste tussen regeringsafdelings verplig en dat elke afdeling […]
Assange sluit aan by Aussie-betoging vir Gaza - August 3, 2025
Duisende betogers het vandag stortreën trotseer om oor Sydney se ikoniese Harbour Bridge op te ruk en vrede en hulpaflewerings in die oorloggeteisterde Gazastrook te eis. Sommige van diegene wat die optog bygewoon het, wat deur die organiseerders die ‘Optog vir die Mensdom’ genoem is, het potte en panne as simbole van die honger gedra. […]
Kokaïen-beskuldigdings teen Strictly Come Dancing-sterre - August 3, 2025
Die BBC het gereageer nadat twee Strictly Come Dancing-sterre daarvan beskuldig is dat hulle kokaïen gebruik het. Volgens The Sun on Sunday het die uitsaaier glo ‘n regsfirma aangestel om die bewerings te ondersoek. Die BBC het aan Sky News gesê hulle het duidelike protokol en beleid vir die hantering van enige ernstige klagtes. Dit […]
NamRA stel indiening rakende artikel 21 tot einde Oktober uit - August 3, 2025
NamRA, het die sperdatum vir die indiening van sekere inkomstebelastingopgawes tot 31 Oktober verleng. Dit is slegs vir belastingbetalers wat geraak word deur die implementering van artikel 21 van die Inkomstebelastingwet. Die artikel stel perke op die vasstelling van beoordeelde verliese wat uit vorige assesseringsjare oorgedra is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Steven Ndorokaze, […]
BEE ondermyn nie groei in SA nie – Ramokgopa - August 3, 2025
‘n Nasionale uitvoerende komiteelid van die ANC, Kgosientsho Ramokgopa, sê die kwessie van ekonomiese groei en die nastrewing van swart ekonomiese bemagtiging is nie onversoenbaar nie. Hy sê die besluit van president Donald Trump om ‘n straftarief van 30-persent op Suid-Afrikaanse uitvoere in te stel, het niks te doen met ‘n beleid soos Swart Ekonomiese […]
Oekraïnse owerhede vlek korrupsieskema oor hommeltuie oop - August 3, 2025
Die Oekraïne se teenkorrupsie-liggame sê dat hulle ‘n korrupsieskema ontdek het wat militêre hommeltuie en sein-steuringstelsels teen opgeblase pryse verkry het, twee dae nadat die agentskappe se onafhanklikheid herstel is na groot protesoptogte. In ‘n verklaring sê hulle ‘n sittende wetgewer, twee amptenare en ‘n ongespesifiseerde aantal nasionale wagpersoneel is betrap met omkoopgeld. Die kern […]
Leclerc spring eerste weg vandag - August 3, 2025
Charles Leclerc het in ‘n uitsonderlike laat ronde geslaag om die voorste wegspringplek by die Hongaarse Grand Prix in te palm. Gister se kwalifiseringsronde was een van die strafste sessies in Formule Een-geskiedenis en het Leclerc vir die eerste keer in sy loopbaan voor laat wegspring in Hongarye. Dit was ook sy en Ferrari se […]