Olie daal met 2%, Opul besluit vandag - August 3, 2025
Oliepryse het die week se handel 2 Amerikaanse dollar laer afgesluit weens kommer oor ‘n moontlike toename in produksie deur Opul en sy bondgenote, terwyl ‘n swakker as verwagte Amerikaanse werkverslag kommer oor vraag aangewakker het. Brent verhandel tan net bo 69 dollar ‘n vat. Opul sal na verwagting vandag ooreenkom om produksie met rondom […]
Kommer oor anti-migrant aktiviste se beheer by hospitale in SA - August 3, 2025
Die DA in Gauteng sê hy is bekommerd dat groepe wat teen migrante gekant is soos Operasie Dudula en March and March toenemend beheer verkry oor verskeie hospitale en klinieke in die provinsie. Die party sê dit is onwettig en plaaslike sekerheidswagte, misdaadbewaarders en polisie moet ingryp. Jack Bloom van die DA sê hy is […]
Chileense reddingswerkers vind liggaam in myn tydens soektog - August 3, 2025
Reddingspanne op soek na vyf vasgekeerde Chileense mynwerkers het ‘n liggaam gevind. Die mynwerkers is vasgekeer toe ‘n gedeelte van die El Teniente-kopermyn Donderdag ineengestort het na ‘n sterk aardbewing van 4,2. Vier mynwerkers word steeds vermis, en reddingswerkers het onderneem om hul soektog voort te sit. Sky News berig die spanne probeer om deur […]
Sha-Carrie Richardson al weer in die sop - August 3, 2025
Die Amerikaanse atleet Sha’Carri Richardson was Vrydag gewikkel in ‘n nuwe omstredenheid nadat dit aan die lig gekom het dat sy in hegtenis geneem is vir die beweerde aanranding van haar kêrel, Christian Coleman, kort voor die Amerikaanse Atletiekkampioenskap in Oregon. Die polisie het Richardson aangehou maar weer vrygelaat vir wat in die polisieverslag as […]
Bespoedig Gelykmakingsfonds vir kommunale gebied – NNFU - August 3, 2025
Die Namibiese Nasionale Boere-unie het die landbouministerie versoek om die implementering van die langverwagte Noordelike Kommunale Gebiede Gelykmakingsfonds te bespoedig. Sylvanus Naunyango sê dat hoewel infrastruktuurbeleggings, soos die voerkraal by Etudna welkom is, dit gepaard moet gaan met finansiële meganismes wat boere in staat stel om betekenisvol aan die veewaardeketting deel te neem. Hy sê […]
Tariewe: Saftu vra noodvergadering - August 3, 2025
Saftu doen ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa om ‘n nasionale noodvergadering te belê om die besluit van president Donald Trump te bespreek om ‘n straftarief van 30-persent op Suid-Afrikaanse uitvoere in te stel. Saftu se woordvoerder, Asive Dyani, sê Ramaphosa moet uiteenlopende handel bespoedig, die vryhandelsgebied van die Afrika-vasteland ten volle benut en ekonomiese […]
Afrika-geleide vredesinisiatief vir oostelike DRK - August 3, 2025
Afrika-leiers sal ‘n Afrika-geleide vredesinisiatief vir die konflik in oostelike Kongo lei. Die medevoorsitters van die gesamentlike Oos- en Suider-Afrika beraad, president William Ruto van Kenia en president Emmerson Mnangagwa van Zimbabwe sê bemiddelings- en sekretariaatstrukture van die twee groeperings, saam met die Afrika-unie, sal saamgesmelt word om vrede te bewerkstellig. Veiligheid, stabilitiet en humanitêre […]
Bulle oorrompel die Haaie 64-0 - August 3, 2025
Die Bulle het hulle stemme dik gemaak toe hulle die Haaie met 64-0 in ‘n dominerende Curriebeker-wedstryd op Loftus Versfeld geklop het. Dit was die Bulle se grootste oorwinning oor hul mededingers uit Piesangland. Die byna tienduisend ondersteuners wat die koue in Pretoria trotseer het, het gesien hoe die tuisspan 10 drieë druk sonder dat […]
Kavango Wes lê sy N$400m begroting voor - August 3, 2025
Kavango Wes se koördineringskomitee het sy beraadslagings oor die begrotingstoewysing van byna 400 miljoen Namibiese dollar vir die huidige boekjaar afgesluit. Die hoofstreekbeampte, Matheus Singambwe, het die verbeterde toewysing verwelkom, maar daarop gewys dat daar nog meer gedoen moet word. Singambwe het daarop gewys dat die desentralisering van dienste as probleem voortduur, en die meeste […]
Meer as 1 000 onwettige immigrante by Barbeton-myn gearresteer - August 3, 2025
Nagenoeg 1 000 onwettige immigrante is gister by ‘n myn in Barberton, Mpumalanga, in hegtenis geneem. Polisiewoordvoerder, Donald Mdhluli, sê ‘n aantal wetstoepassingsagentskappe het van Maandag af saamgewerk aan Operasie Vala Umgodi. Hy sê daar is toegeslaan op onwettige mynboubedrywighede en onwettige mynwerkers is na die oppervlak gedwing. Die verdagtes kan moontlik ingevolge die Immigrasiewet […]