Indië sal aanhou om Russiese olie te koop - August 3, 2025

Indië sal aanhou om olie van Rusland te koop ten spyte van die Amerikaanse president Donald Trump se dreigemente van tariewe. Reuters berig Trump het  verlede maand aangedui dat Indië bykomende strawwe vir die aankoop van Russiese wapens en olie in die gesig sal staar. Die kontrakte is volgens Reuters langtermyn en is onderteken en […]

Read More

Ross vat weer die Brandberg Backyard Ultra - August 3, 2025

Die vierde Brandberg Backyard Ultra het afgesluit. Andre Ross was weer die wenner, nes verlede jaar en het 21 loepe, of 140,7 kilometer voltooi. Toestande was moeilik met ‘n sterk wind in die dag en temperature van 34 grade. Kosmos 94.1 se Francois Lottering het met Ross by die eindstreep gepraat. En Kim Sonntag is […]

Read More

Minimumloon sal werksverliese tot gevolg hê - August 2, 2025

Kenners het kommer oor die minimumloon, veral in landbou. Teen 2027 sal die loon met 80 persent sedert Januarie gestyg het, na ‘n Oktober 2023 styging van 66 persent, sonder die inagneming van byvoordele. Ekonome meen die geskiedenis toon dat groot spronge in minimumlone hou rampspoedige gevolge in teenoor geleidelike, laer verhogings wat bykomend voordelig […]

Read More

Lesotho se tekstielbedryf sukkel, ten spyte van tariefverlaging - August 2, 2025

Lesotho se gewysigde tariefkoers van 15 persent is dalk steeds nie genoeg om sy tekstielbedryf te red nie. Dit kom nadat president Donald Trump dit verlaag het van 50 persent. Lesotho se tekstielsektor is sy voorste uitvoerbedryf, en dit is uiters afhanklik van Agoa, ‘n Amerikaanse handelsinisiatief wat kwalifiserende Afrika-lande belastingvrye toegang tot die Amerikaanse […]

Read More

Bouwerk aan Trump se Withuis-balsaal begin September - August 2, 2025

Die bouwerk aan ‘n dineesaal van meer as 8 000 vierkante meter en ter waarde van 3,6 miljard Namibiese dollar sal in September begin. Die gebou vervul president Donald Trump se 15-jaar lange droom om ‘n onthaalruimte op die Withuis-perseel te bou. Die goue en wit-styl van die nuwe gebou sal ‘n noukeurige nabootsing wees […]

Read More

RMB Brandberg Backyard Ultra vorder… nog baie loepe oor - August 2, 2025

Die Brandberg Backyard Ultra, aangebied deur Namibia Ultra Trails, is in volle swang na dit agt-uut vanoggend afgeskop het op Uis. Atlete moet uurliks ‘n loep van 6,7 kilometer voltooi en stelselmatig val hulle uit tot die laaste loep alleen voltooi is – dan is die ultra-marathon voltooi. Kosmos 94.1 se Francois Lottering is daar […]

Read More

Watervoorsiening in Oshana vorder goed - August 2, 2025

Tydens sy streeksrede het die goewerneur van Oshana, Hofni Iipinge, die voltooiing van belangrike streeksraad-infrastruktuurpyplynprojekte aangekondig. Oshakati veral ervaar groot uitdagings met voldoende watervoorsiening. Hy het opgemerk dat hierdie projekte die toegang tot en voorsieningskapasiteit van water in beide landelike en stedelike gebiede aansienlik verbeter het.

Read More

Twee Kunene-bewareas digitaal verbind - August 2, 2025

Die Gemeenskapsbewaringsfonds, saam met Nust het digitale kommunikasiestelsels, bekend as Gemeenskapsentrums, in twee bewareas in die Kunene-streek in gebruik geneem. Die resultaat is breëbandkonnektiwiteit in afgeleë gebiede met beperkte internettoegang in die Otjiu-Wes- en Orupembe-bewaringsgebiede. Kommunikasiebeampte Bernard Chunga het gesê die twee bewaringsgebiede, is geprioritiseer vanweë hul bestaande toerismefasiliteite, wat ‘n belangrike rol speel in […]

Read More

SA teken handelsoorskot van R22 miljard aan - August 2, 2025

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het bevind dat die land ‘n voorlopige handelsoorskot van 22 miljard Suid-Afrikaanse rand in Junie getoon het. Uitvoere het 170,7 miljard rand beloop met invoere wat 148,6 miljard rand beloop het, insluitende handel met Botswana, Eswatini, Lesotho, en Namibië. Volgens die diens was die oorskot vir die ses maande tot einde Junie […]

Read More

Aussies ontdek reuse stokinsek, weeg 44g - August 2, 2025

Wetenskaplikes het ‘n nuwe stokinsekspesie, wat hulle glo die swaarste ooit in die land is, ontdek in ‘n afgeleë reënwoud in Australië, wat die tuiste is van dodelike slange, spinnekoppe en ander grillerige gediertes. Die nuwe spesie weeg 44 gram, ongeveer dieselfde as ‘n gholfbal, en is 40 sentimeter lank. Navorsers aan die James Cook […]

Read More