NamWater skakel oor na sonkrag oor kostes - August 2, 2025

NamWater is besig om oor te skakel na die gebruik van sonenergie om stygende elektrisiteitskoste te verminder, wat tans soveel as 40 persent van sy jaarlikse bedryfsuitgawes uitmaak. The Brief berig dat die maatskappy onafhanklike kragprodusente uitnooi om vooraf te kwalifiseer vir die konstruksie en bedryf van sonfotovoltaïese aanlegte. Volgens NamWater het energiekoste vir waterbehandeling […]

Read More

ActionSA veroordeel R148m op nog ‘n kommissie - August 2, 2025

Action Society het president Cyril Ramaphosa gekritiseer omdat hy nie die minister van Polisie, Senzo Mchunu, afgedank het nie, te midde van ernstige bewerings teen hom van sameswering met misdaadsindikate. Die organisasie voer aan Ramaphosa se besluit om die duur Madlanga-kommissie ter waarde van 148 miljoen Suid-Afrikaanse rand van stapel te stuur in plaas van […]

Read More

Angolese regering bied bystand aan vir besighede na onluste - August 2, 2025

Angolese presidentJoão Lourenço het die vandalisme tydens die brandstofprys-protes skerp veroordeel. Dit het gelei tot die vernietiging van openbare en private eiendom, rooftogte van kommersiële ondernemings, intimidasie van burgers en, 22 is dood. Hy waarsku dat aanvalle op private maatskappye beleggings afskrik en die maatskaplike situasie vererger, en sulke optrede as sabotasie van die ekonomie […]

Read More

Maxwell verskuif na laer-sekuriteit gevangenis - August 2, 2025

Ghislaine Maxwell is van ‘n gevangenis in Florida na ‘n laer-sekuriteitsfasiliteit in Texas oorgeplaas om haar 20-jaar vonnis uit te dien vir hulp van die oorlede finansier en seksoortreder Jeffrey Epstein om minderjarige meisies seksueel te misbruik. Maxwell se skuif kom ‘n week nadat sy met die adjunk-prokureur-generaal van die VSA, Todd Blanche, vergader het. […]

Read More

Finansies sê daar’s geen vermiste pensioengeld nie - August 2, 2025

Die finansministerie het berigte in die media oor ‘n ondersoek na vermiste geld, 100 miljoen Namibiese dollar weerlê. Die sosiale media plasing onder Confidente se naam, is nie meer sigbaar nie maar beweer dat die geld, wat vir die oumenspensioen bedoel was, weggeraak het by NamPost. Die berig lui verder dat die staat ‘n ondersoek […]

Read More

Nog reaksie op SA-repokoers - August 2, 2025

Nog reaksie word ontvang op die Suid-Afrikaanse Reserwebank wat die terugkoopkoers met 25 basispunte tot 7 persent verlaag het. Dit sal na verwagting finansiële druk verlig en ekonomiese aktiwiteit regoor die streek sal stimuleer. Kosmos 94.1 Nuus het met Almandro Jansen, ‘n ekonoom van Simonis Storm gepraat.

Read More

Mashatile… daar’s al ewig iets – Bloem - August 2, 2025

Die Activists and Citizens Forum sê adjunkpresident Paul Mashatile is nie geskik vir die amp nie en moet bedank. Dit volg nadat die Parlement se Etiekkomitee hom met 10 000 Suid-Afrikaanse rand beboet het omdat hy nie ‘n diamant verklaar het wat die sakeman Louis Liebenberg aan hom geskenk het nie. Liebenberg word strafregtelik aangekla. […]

Read More

Springbokvroue sal alles gee teen Black Ferns - August 2, 2025

Die Springbokvroue wil hulle beste lewer vir hulle ondersteuners wanneer hulle vanmiddag op die Athlone-stadion in Kaapstad teen ‘n Black Ferns-vyftiental van Nieu-Seeland te staan kom in hulle tweede internasionale vriendskaplike wedstryd. Die besoekers het verlede week 34-26 gewen. Bok-kaptein Babalwa Latsha sê hierdie keer sal hulle daarop fokus om die kleinere aspekte van die […]

Read More

Namibiese A2-lamsvleis presteer uiters goed - August 2, 2025

In vergelyking met internasionale aanwysers, het Namibiese A2-lamskarkaspryse goed presteer teenoor dié van Uruguay, Suid-Afrika en Australië. Die Lewendehawe Produsente Organisasie sê in sy ses-maande oorsig van 2025 dat Namibiese A2-pryse het gemiddeld 91 dollar 90 sent per kilogram beloop, wat ‘n groei van 22,79 persent verteenwoordig teenoor die net minder as 75 dollar per […]

Read More

Wes-Kaap meld voëlgriep aan - August 2, 2025

Die Wes-Kaapse Departement van Landbou sê nuwe uitbrekings van die hoogs aansteeklike voëlgriep is in die provinsie aangemeld. Onlangse uitbrekings is bevestig by hoenders in Noordwes en Mpumalanga, met een pluimvee-uitbraak in die Wes-Kaap wat verlede maand by geteelde eende naby die Paarl opgespoor is. Die departement se woordvoerder, Mary James, sê boonop was die […]

Read More