Voogde, kerkleiers moet help met jeug-dwelmmisbruik - August 1, 2025
Die goewerneur van die Omaheke-streek, Pijoo Nganate, sê dat dwelmmisbruik en onwettige handel sistemiese uitdagings in Namibië geword het. Hy het by ‘n herdenking van die dag teen dwelmmisbruik en onwettige handel in Gobabis gesê 20 verdagtes is sedert die begin van die jaar in die streek gearresteer op dwelm-verwante klagte. Hy het beklemtoon dat […]
Solidariteit meen SA-VSA handelsooreenkoms steeds moontlik - August 1, 2025
Solidariteit sê ʼn handelsooreenkoms tussen Suid-Afrika en Amerika is steeds moontlik, ondanks die tarief van 30-persent wat van vandag geld op Suid-Afrikaanse uitvoere na Amerika. Die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging het ʼn stel maatreëls aangekondig na aanleiding van die tariefverhoging, onder meer ʼn uitvoerondersteuningskantoor. Jaco Kleynhans van Solidariteit sê hulle sal vandag ʼn […]
VSA-inflasie styg dalk nie na tariewe: ekonoom - August 1, 2025
President Donald Trump se tariewe tree vandag in talle lande in werking met kritici wat sê inflasie sal in die VSA styg saam met die pryse van goedere. William Lee, die hoof-ekonoom van die Milken-instituut het met CNN gepraat en hy meen inflasie sal nie so groot kwessie wees nie.
WP kies 4 nuwelinge teen Lions - August 1, 2025
Rugby: Daar is vier nuwe gesigte in die opdrafspan van die Westelike Provinsie vir die Curriebeker-kragmeting teen die Gauteng Lions môre in Johannesburg. In die agterlyn is albei vleuels, Sako Makata en Jared Africa, terug in die beginspan, terwyl die Junior Springbok-ster Gino Cupido op die bank is. Onder die voorspelers, begin voormalige Junior Springbok-kaptein […]
Baanbreker-konferensie oor kankergenomika op pad na Nust - August 1, 2025
Die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie, in samewerking met die Internasionale Sentrum vir Genetiese Ingenieurswese en Biotegnologie, gaan van 24 tot 26 September 2025 ‘n baanbrekende driedaagse konferensie oor kankergenomika aanbied. Hierdie mylpaalgeleentheid sal toonaangewende wetenskaplikes, navorsers en mediese professionele persone bymekaarbring om die nuutste ontwikkelings in genetiese navorsing en die impak daarvan op […]
Langbaan-renne by Tony Rust die naweek - August 1, 2025
Die groot enjins gaan weer brul môre by die Tony Rust-renbaan buite Windhoek, met die langbaan-renne wat die adrenalien gaan opjaag. Hoewel daar min inskrywings is, sê Francois Lottering motorsport-liefhebbers gaan behoorlik vermaak word.
Laer rentekoers in SA sal hopelik plaaslike landbou help - August 1, 2025
Rentekoersverligting in die buurland is goeie nuus vir landbou in die buurland veral na 2024 se droogteverwante finansiële druk. Optimisme word egter gedemp deur kommer oor die dreigende 30 persent tariewe. Kosmos 94.1 Nuus het met Dawie Maree, hoof van bemarking vir FNB Landbou gepraat oor wat dit vir Namibië beteken.
Nee, kernreaktor gaan nie Walvis-olieraffinadery aandryf! - August 1, 2025
ESI Africa, wat homself beskryf as Afrika se betroubare multimedia-platform oor elektrisiteit en energie, berig dat Suid-Afrikaanse kerntegnologie gekies is om ‘n beplande olieraffinadery in Walvisbaai aan te dryf. Die klein modulêre reaktor is ontwikkel deur Stratek Global, en die artikel verwys na Namibië se ISF Trading en die Walvisbaai munisipaliteit wat glo reeds ‘n […]
Duitsland sal gou lugverdedigingstelsels aan Oekraïne lewer - August 1, 2025
Duitsland sal binnekort nog twee Amerikaanse Patriot-lugverdedigingstelsels aan Oekraïne lewer, met Kiëf wat veg teen ‘n groeiende aantal Russiese hommeltuig- en missielaanvalle. Die Duitse ministerie van Verdediging sê nadat ‘n ooreenkoms met die Verenigde State bereik is, sal die Duitse weermag eersdaags bykomende Patriot-lanseerders lewer, en sal verdere toerusting in die volgende twee tot drie […]
Braaibroodjie 2 sent goedkoper in Julie; braai-indeks op pad - August 1, 2025
Die samesteller van die braaibroodjie-indeks, Johan Biermann, haal ‘n gesegde aan wat sê “chutney of glad nie” oor sy berekeninge vir Julie. Die prys van ‘n braaibroodjie het maandeliks met 2 sent gedaal na 21 Namibiese dollar 12 sent, maar die indeks is steeds 3,6 persent hoër vir die jaar. Voedselinflasie in Suid-Afrika het jaarliks […]