NamRA stel opgawe-indiening vir sekere belastingbetalers uit - August 1, 2025

Die Namibië Inkomsteagentskap, NamRA, het die sperdatum vir die indiening van inkomstebelastingopgawes tot 31 Oktober 2025 verleng vir belastingbetalers wat geraak word deur die implementering van artikel 21 van die Inkomstebelastingwet. NamRA se hoof van strategiese kommunikasie, Steven Ndorokaze, sê die uitstel is van toepassing op opgawes wat oorspronklik op 31 Julie, 31 Augustus en […]

Read More

Cachalia ingehuldig as waarnemende polisieminister - August 1, 2025

Professor Firoz Cachalia is amptelik ingehuldig as waarnemende minister van Polisie in die Uniegebou in Pretoria. Cachalia neem oor by Senzo Mchunu, wat op spesiale verlof is na aanleiding van die KwaZulu-Natalse polisie-kommissaris, Nhlanhla Mkwanazi, se bewerings van korrupsie. Die Konstitusionele Hof het gister die MK-party se aansoek teen president Cyril Ramaphosa se reg tot […]

Read More

Hoop vir Gaza soos retoriek begin draai: VN - August 1, 2025

Internasionale media berig dat Israel ongeveer 67 vragmotors met hulp per dag toelaat om Gaza binne te gaan terwyl meer as 400 daagliks nodig is om voedsel en medisyne na die inwoners van die streek te bring. Portugal sê daar is meer as 800 volgelaaide vragmotors vandag wat wag om Gaza binne te gaan. Die […]

Read More

Dis SA vs Pakistan in Wêreldkampioenskap vir Legendes-finaal - August 1, 2025

Krieket: Suid-Afrika speel môre teen Pakistan in die eindstryd van die Wêreldkampioenskap vir Legendes op Edgbaston in Engeland nadat hulle Australië met ‘n enkele lopie verslaan het. Die span het ‘n mededingende 186 vir ses aangeteken danksy Morné van Wyk se 76 en Jon-Jon Smuts se 57. Die voormalige Protea-kaptein, AB de Villiers, het hierdie […]

Read More

Twee Namcor-beskuldigdes se borgaansoeke eers later - August 1, 2025

Die Windhoek-landdroshof sal die formele borgtog-aansoeke van Namcor-bedrogbeskuldigdes Austin Elindi en Connie van Wyk op 13 en 14 Augustus aanhoor. Nog ‘n Namcor-verdagte Cedric Willemse het die hof ook in kennis gestel van sy voorneme om ‘n formele borgtog-aansoek in te dien na die onttrekking van sy regsverteenwoordiger, Milton Engelbrecht. Willemse sal nou deur Boris […]

Read More

Kerntegnologie beskerm nou renosters - August 1, 2025

Die Universiteit van die Witwatersrand sê die Rhisotope-projek is amptelik in bedryf wat renosters doeltreffend deur kerntegnologie sal beskerm. Die projek wil onwettige handel in renosterhoring bekamp deur laevlak-radioaktiewe isotope in die horing te plant. Die Rhisotope-projek se uitvoerende hoof, Jessica Babich, sê hierdie radio-isotope kan opgespoor word deur toerusting by landsgrense reg oor die […]

Read More

Dis donker dae vir VSA: Biden - August 1, 2025

Oud-Amerikaanse president Joe Biden het uitgevaar teen die Trump-administrasie by die land se Nasionale Balievereniging se 100ste Jaarlikse Toekenningsgala in Chicago. Terwyl hy nie direk na president Donald Trump verwys het nie, het hy wel gesê ‘that guy in the White House’. Hy sê Amerika beleef donker dae.

Read More

Engeland boul Indië uit vir 224 op tweede oggend - August 1, 2025

Krieket: Gus Atkinson was Engeland se beste bouler in Indië se eerste beurt in die laaste toets op die Oval in Londen. Hy het vyf paaltjies geneem en gehelp om die besoekers vir slegs 224 uit te knikker. Josh Tongue het drie paaltjies platgetrek. Indië het op die tweede oggend hulle beurt hervat op 204 […]

Read More

Brandstofprys onveranderd vir Augustus - August 1, 2025

Die brandstofprys is onveranderd vir Augustus. ‘n Liter petrol kos dus 20 dollar 37 op Walvisbaai, met diesel 50ppm teen 19,92 per liter, en diesel 10ppm wat 20 dollar en 02 sent kos. Die lynministerie sê die wisselkoers tussen die Namibiese dollar en die Amerikaanse geldeenheid het effe beter vertoon en het die onderverhalings versag. […]

Read More

Kganyago vra vir inflasie op 3% - August 1, 2025

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank sê hy verkies dat inflasie op 3 persent bly, minder as die huidige teiken van 3 tot 6 persent. Die goewerneur van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê laer inflasie kan laer terugkoopkoerse beteken, met modelle wat toon koerse sal mettertyd onder 6 persent daal. Kganyago beklemtoon die skuif is daarop gemik om […]

Read More