Nog ‘n mishandelingsaak in Australië se kindersorgsektor - August 1, 2025

‘n Australiese kinderversorger is aangekla van die verfilming van kindermishandeling in Sydney. David James word daarvan beskuldig dat hy uitlokkende beelde of video’s van tien kinders by ses nasorgsentrums geskep het. Australië se kinderversorgingsektor is onlangs geskud deur ‘n aantal hoëprofielgevalle. Vroeër die maand is bykans 2 000 kinders in Victoria gevra om toetse vir […]

Read More

Musheko gesels oor oorgrenspyplyn vir groenwaterstof - August 1, 2025

‘n Teoretiese meesterplan ter waarde van 29 miljoen Namibiese dollar vir ‘n oorgrens waterstof-pyplyn met Suid-Afrika sal teen middel-2026 ontwikkel word. Die pyplyn sal spilpunte in Lüderitz, Boegoebaai en Saldanhabaai verbind, met ‘n deurgang na Gauteng. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jona Musheko, die woordvoerder van die Groenwaterstofprogram, wat uitbrei.

Read More

Dobbelraad-hoof bedank na onreëlmatighede - August 1, 2025

Die Nasionale Dobbelraad se hoof-strategiese raadgewer, Caroline Kongwa, het bedank nadat ‘n forensiese oudit prestasiebonusse en internasionale reise as onreëlmatige uitgawes uitgelig het. Ground Up sê Kongwa het verlede jaar 3,4-miljoen Suid-Afrikaanse rand verdien en het vroeër hierdie maand bedank. Die organisasie is reeds 11 jaar sonder ‘n raad, wat kommer oor swak bestuur onder […]

Read More

Trump se tariewe is ‘n mengelmoes van persentasies - August 1, 2025

President Donald Trump van Amerika het ʼn uitvoerende bevel onderteken wat tariewe vir meer as 60 lande aanpas terwyl die nuwe tariewe op ingevoerde goedere vandag van krag word. Dit is so hoog as 41-persent vir Sirië en 40-persent vir Laos en Mianmar. Kanada se tarief styg van 25- tot 35-persent. Suid-Afrika se tarief bly […]

Read More

Tweede naweek in Curriebeker-Premierliga - August 1, 2025

Die Cheetahs en die Pumas skop vanaand die tweede naweek van die Curriebeker-Premierliga in Bloemfontein af. Môre reis Westelike Provinsie na Johannesburg om op Ellispark teen die Leeus te speel, terwyl die Bulle en die Haaie mekaar op Loftus pak. Sondag speel die Griekwas en die Boland Kavaliers in Kimberley. Die Leeus is tans voor […]

Read More

Miljoene bestee om grond vir hoofweg te bekom - August 1, 2025

Die Paaie-owerheid het 32,2 miljoen Namibiese dollar betaal vir grond om die Hage Geingob-hoofweg na die lughawe te bou. Ingevolge die wet hoef die owerheid nie vir onteiende grond vir paaie te betaal nie maar hy doen wel. Eienaars van grond kan ook nie, ingevolge die wet, weier om die grond te laat vaar nie. […]

Read More

Karpowership se ooreenkoms is amptelik dood - August 1, 2025

Die Organisasie Teen Belastingmisbruik, sê ‘n uitspraak van die Hoogeregshof in Pretoria om die Turkse maatskappy, Karpowership se opwekkingslisensie om te keer, beteken die omstrede energie-ooreenkomste is nou amptelik dood en sal nie elektrisiteitpryse beïnvloed nie. Die lisensies wat deur die energie reguleerder toegeken is, was deel van ‘n beplande 20-jaar ooreenkoms van 200 miljard […]

Read More

Kommer oor moontlike aanval deur China op Taiwan - August 1, 2025

Die bedreiging van ‘n Chinese inval hang al lank oor Taiwan, en daar is ‘n nuwe intensiteit aan daardie druk. China hou toenemend militêre- en vloot-oefeninge om Taiwan, wat selfregerend en demokraties is, terwyl China dit as ‘n wegbreekprovinsie beskou en hereniging wil hê. Amerikaanse president Donald Trump se wispelturigheid het bespiegeling oor ‘n toekomstige […]

Read More

Wantenaar stel nuwe nasionale rekord op - August 1, 2025

Die Namibiese swemmer Ronan Wantenaar het groot opslae gemaak in die wêreld van mededingende swem deur ‘n nuwe nasionale rekord in die 50 m-borsslag by die 2025 Wêreld-waterkampioenskappe in Singapoer op te stel. Wantenaar, tans 10de in die wêreld vir die 50 m-borsslag, se prestasie is ‘n belangrike mylpaal en toon sy potensiaal op die […]

Read More

BoN stuur verskeie inisiatiewe van stapel - August 1, 2025

Die Bank van Namibië het onlangs sy 35ste bestaansjaar gevier met die loods van nuwe banknote en munstukke maar, die sentrale bank sê ‘n reeks inisiatiewe onder die tema “Geanker in Stabiliteit, Vooruitgang met Transformasie” insluitend jeugprogramme, openbare betrokkenheidsaktiwiteite en beleidsdialoë is op pad om ekonomiese bewustheid en inklusiewe groei te bevorder. Kosmos 94.1 Nuus […]

Read More