DA verwelkom skuldigbevinding, boete vir Mashatile se diamant - August 1, 2025
Die DA het die skuldigbevinding van adjunkpresident Paul Mashatile deur die Parlementêre Gesamentlike Etiekkomitee verwelkom. Die komitee het beslis die Nasionale Vergadering moet Mashatile berispe en ‘n boete van 10 000 Suid-Afrikaanse rand oplê. Dit is vir sy versuim om ‘n diamantgeskenk aan sy vrou in sy finansiële en registreerbare belangeregister te verklaar. Die geskenk […]
Israel al hoe meer geïsoleer op wêreldverhoog - August 1, 2025
Duitsland se minister van Buitelandse Sake, Johann Wadephul, sê Israel word toenemend op diplomatieke gebied geïsoleer oor die humanitêre krisis in Gaza. Hy het voor sy vertrek na Israel gesê die Verenigde Nasies se onlangse konferensie oor ‘n tweestaat-oplossing vir die Israels-Palestynse konflik het getoon Israel bevind homself toenemend in die minderheid. Duitsland is een […]
Verstappen bly by Red Bull - August 1, 2025
Die viermalige heersende wêreldkampioen Max Verstappen het bevestig hy bly by Red Bull vir die 2026 Formule Een-seisoen. Die 27-jarige Hollander is tot 2028 onder kontrak by Red Bull, maar daar was sprake van ‘n moontlike skuif na Mercedes volgende jaar. Hy het in aanloop tot die naweek se Hongaarse Grand Prix gesê dit was […]
Gedateerde wet vertraag registrasie van plaaslike kunsmis - August 1, 2025
Die Namibiese Beleggingsbevordering en Ontwikkelingsraad weier om kommentaar te lewer oor die vertraging van die registrasie van kunsmis wat deur Kelp Blue Dawn Aquaculture vervaardig is. Dit ten spyte van die feit dat die EU die produk, Stim Blue+, aanvaar. Kelp Blue het die saak hof toe geneem. Die wet rakende die registrasie van kunsmis […]
SA-regering verwelkom SARB se verlaging van koers - August 1, 2025
Die regering verwelkom die besluit van die Suid-Afrikaanse Reserwebank om die terugkoopkoers met 25 basispunte tot 7 persent te verminder. Hy sê dit sal die druk op sukkelende huishoudings verminder. Dit word verwag dat die rentekoersverlaging leningskoste sal verlaag, beleggings sal stimuleer en ondernemings ondersteun. Die regeringswoordvoerder Nomonde Mnukwa, sê die besluit ondersteun pogings om […]
VN vra ondersoek na sterftes met Angola-brandstofprotes - August 1, 2025
Die Verenigde Nasies se hoëkommissaris vir Menseregte het Angolese owerhede gevra om ʼn deeglike en onafhanklike ondersoek in te stel na sterftes en berigte van buitengewone geweld tydens betogings oor brandstofpryse. Minstens 22 mense is dood, 200 beseer en meer as ʼn duisend word aangehou ná betogings oor ʼn styging in brandstofpryse. Die VN sê […]
Trump se tariewe draai in die hof - August 1, 2025
Dit gons internasionaal oor die sperdatum vandag vir Amerikaanse president Donald Trump se handelstariewe, met sy oorspronklike belofte van 90 ooreenkomste in 90 dae wat nie vervul is nie. Daar is egter ‘n hofsaak in die Amerikaanse appèlhof aan die gang wat die wettigheid van die tariewe uitdaag, en volgens Andy Lapiererre, die hoof van […]
Daar’s afwagting vir die Augustus brandstofprys - August 1, 2025
Die komitee in die energie-ministerie wat die brandstofpryse bepaal sou na verwagting Donderdagmiddag vergader het. Kommentators is versigtig optimisties, maar weens wisselvallige globale ekonomiese tendense heers daar onsekerheid. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike ekonoom Josef Sheehama gepraat.
Etunda kry reuse-voerkraal, deel van wyer EU-bystand - August 1, 2025
Die sooispitseremonie vir ‘n 80 miljoen Namibiese dollar voerkraal vir 1 000 beeste by Etunda in die Omusati-streek is deur landbouminister Inge Zaamwani en dr. Kaire Mbuende, die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie, behartig. Die fasiliteit vorm deel van die Europese Unie-Namibië-vee-ondersteuningsprogram wat daarop gemik is om veeproduksie in die noordelike gemeenskaplike gebiede te bevorder. […]
Belasting verlig nie ongelykheid in Namibië nie - August 1, 2025
Ongelykheid voor en na belasting is ‘n algemene manier om te meet hoe regeringsbeleid, spesifiek belasting en maatskaplike toelaes die verspreiding van inkomste binne ‘n samelewing beïnvloed. Dit help om te verstaan in watter mate ‘n land se fiskale stelsel welvaart herverdeel. In ‘n ontleding deur Cirrus, is Namibië tweede in ongelykheid in die wêreld […]