Goudprys sal verder styg, meen ekonoom - August 1, 2025
Die goudprys het die afgelope weke bestendig vertoon, te midde van breër ekonomiese onsekerheid. Die kommoditeit verhandel rondom 3 200 en 3 300 Amerikaanse dollar per fyn ons na ‘n skerp styging in die afgelope maande. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie ontvang van die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Klopper.
Sotheby’s gee Boeddha se juwele terug - August 1, 2025
Die afslaers Sotheby’s het ‘n stel heilige juwele wat aan die oorskot van die Boeddha gekoppel is, aan Indië terugbesorg onder toenemende druk van die Indiese regering en globale Boeddhistiese leiers. Die Piprahwa-edelstene sou in Mei in Hong Kong opgeveil word, maar dit is afgestel na diplomatieke ingryping en dreigemente van regstappe. Die Godrej Industries […]
Karas-leerlinge wen in wetenskap - August 1, 2025
Die Karas Streeks-wetenskapskou met die tema “Vuur nuuskierigheid, mag en ontdekking aan” is met ‘n toekenningseremonie in Keetmanshoop afgesluit. ‘n Leerling van die Angra Pequena Sekondêre Skool, Grace Alao, het die senior sekondêre kategorie gewen met ‘n navorsingsprojek oor hoe lugbesoedeling die groei van korsmos beïnvloed en hul mediese eienskappe. Sy het ‘n goue medalje […]
Johannesburg stort ineen, G20-beraad kom in November - August 1, 2025
Die DA het alarm gemaak oor die voortgesette ineenstorting van die Stad Johannesburg en waarsku daar is min verbeterings aangebring voor die G20-beraad in November. Die party sê inwoners worstel steeds met droë krane, gevaarlike strate en mislukte infrastruktuur, sonder sigbare bewyse van die sogenaamde “bomb squad” en die presidensiële werkgroep. Die DA-lid, Solly Msimanga, […]
VSA-gesant Witkoff besoek Gaza vandag - August 1, 2025
Gaza se Hamas-bestuurde gesondheidministerie sê 91 mense is Donderdag vermoor terwyl hulle voedselhulp probeer kry het en twee mense is aan wanvoeding dood. Intussen het die Withuis aangekondig dat Amerikaanse president Donald Trump se spesiale gesant vir die Midde Ooste, Steve Witkoff, vandag na Gaza sal gaan om die hulpverspreidingsterreine van die omstrede Gaza Humanitêre […]
Eer en geskiedenis is op die spel in Saterdag se laaste toets tussen Australië en die Leeus - August 1, 2025
Baie is steeds op die spel in môre se laaste toets tussen die Wallabies en die Britse en Ierse Leeus in Sydney al het die besoekers reeds die reeks beklink. Die Wallabies wil hul eer herwin nadat hulle in die tweede toets in Melbourne ‘n voorsprong van 23-5 verbeur het. Die besoekers probeer die eerste […]
‘Please call me’-skepper soek steeds R9,4 miljard by Vodacom - July 31, 2025
Die skepper van “Please Call Me”, Nkosana Makate, sê hy is vol vertroue die Appèlhof sal Vodacom dwing om hom 9,4-miljard Suid-Afrikaanse rand se vergoeding te betaal. Makate het Vodacom se vroeëre aanbod van 47-miljoen-rand verwerp. Die Konstitusionele Hof het Vodacom nou verlof tot appèl toegestaan en kritiseer die Appèlhof omdat hulle bewyse geïgnoreer en […]
Toestande in Gaza laat kinders ly: Unicef - July 31, 2025
Die Verenigde Nasies se Kinderfonds, Unicef, sê humanitêre toestande in Gaza bly ʼn katastrofe, met kinders wat honger ly, oorwerkte hulpwerkers en skaars brandstof- en watervoorraad. ‘n Half-miljoen mense, byna ʼn kwart van die bevolking, beleef toestande soortgelyk aan hongersnood terwyl die res ook swaarkry. Die Israelse Weermag het glo sedert laat in Mei meer […]
Haaie kies 4 Junior Bokke teen Bulle - July 31, 2025
Rugby: Die Haaie het Jaco Williams, Simphiwe Ngobese, Matt Romao en Simphiwe ‘Vusi’ Moyo ingesluit in hulle span vir Saterdag se Curriebekerwedstryd teen die Bulle na hulle welslae vir die Junior Springbokke. Williams begin as vleuel terwyl die ander drie op die bank is. Die ervare slot Corné Rahl en flank Tino Mavesere is in […]
Veldtog geloods om leeruitdagings in onder-10s aan te spreek - July 31, 2025
Eerste Minister Elijah Ngurare het namens president Netumbo Nandi Ndaitwah amptelik die Afrika-unie se End Learning Poverty for All in Africa-veldtog in Namibië geloods. Die veldtog het ten doel om alle kinders te help om toegang tot gehalte-onderwys te kry wat hulle in staat stel om ‘n eenvoudige teks te lees, dit te begryp en […]