Moenie Goreangab-dam vis eet nie, dis gevaarlik - July 31, 2025

Die ministerie van visserye het sy stem by dié van die Windhoekse munisipaliteit gevoeg en waarsku inwoners om nie vis in die Goreangab-dam te vang om te eet nie. Volgens die ministerie word vis wat in die dam gevang word selfs verkoop. Afvalwater van omliggende nywerheids- en woongebiede vloei in die dam in en dit […]

Read More

Medaljes rol in by Afrika Skolespele - July 31, 2025

Jong Namibiërs is besig om hul stempel af te druk by die Vereniging van Nasionale Olimpiese Komitees van Afrika, Anoca, se geskiedkundige eerste Afrika Skolespele in Algerië. In swem het Victoria de Sousa twee silwermedaljes gewen, in die 400 meter wisselslag en 50 meter vryslag. Rodney Alexander Feris het die bronsmedalje in die 50 meter […]

Read More

Angola brandstofprysstyging ‘gaan nie ngungula-smokkel keer’ - July 31, 2025

Reaksie word ontvang op die verwydering van subsidies op die brandstofprys in Angola. Dit het na geweld in die buurland gelei na die prys op 1 Julie met meer as 30 persent gestyg het en 22 mense is dood. Maar die prys, 7 Namibiese dollar 72 sent per liter is steeds uiters laag en sal […]

Read More

ReconAfrica begin Kavango Wes 1X eksplorasieput boor - July 31, 2025

ReconAfrica het aangekondig dat hy vandag sy Kavango Wes 1X eksplorasieput begin boor het. Die mikpunt is om 3 800 meter diep te bereik teen die einde van November vanjaar. Die put sal spesifiek deur meer as 1 500 meter van Otavo karbonaat-reserwe dele boor, wat die primêre teiken in die Damara-vougordel is. Brian Reinsborough, […]

Read More

Strategie vir kapitaalmark-uitbreiding uitstekende idee: ekonoom - July 31, 2025

Namibië mik daarna om sy kapitaalmarkte uit te brei deur ‘n 10-jaar strategie wat nuwe beleggingsinstrumente wil bekendstel, notering op die aandelemark verhoog en finansiële infrastruktuur moderniseer. Die plan, gelei deur Namfisa en die Bank van Namibië, teiken onder andere ‘n 70 persent toename in geregistreerde beleggers en om gelysde bates op die Namibiese aandelebeurs […]

Read More

SA Reserwebank verlaag terugkoopkoers na 7% - July 31, 2025

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het die terugkoopkoers van môre af tot sewe-persent verlaag, net ure voor Amerikaanse president Donald Trump se verwagte aankondiging van ‘n tarief van 30-persent op Suid-Afrikaanse goedere. Die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, het verswakkende sake- en verbruikersvertroue met inflasie op drie-persent as redes aangegee. Alhoewel voedselpryse styg, is die verwagting […]

Read More

NamPol teken 9 selfmoorde net dié week aan - July 31, 2025

Die Namibiese Polisie sê ‘n onrusbarende nege selfmoordgevalle is net in die afgelope week by polisiestasies landwyd aangemeld. Net twee van die gevalle was vroue. In nie een van die gevalle is notas gevind wat die redes vir die drastiese stap gee nie. In ses van die gevalle het die slagoffers hulself gehang en een vrou […]

Read More

COPE woedend oor 3 psigiatriese pasiënte wat glo verkluim - July 31, 2025

Die Congress of the People het ‘n insident in die gesondheids-ombud se verslag veroordeel, wat aandui dat drie psigiatriese pasiënte dood is na ‘n jaarlange kragonderbreking by ‘n fasiliteit, met sommige pasiënte wat na bewering verkluim het. Pakes Dikgetsi van COPE blameer verwaarlosing, korrupsie en mislukte leierskap vir die tragedie en noem dit staats-gesubsidieerde moord. […]

Read More

Afrika moet met homself handel dryf - July 31, 2025

Die Afrika-kontinentale Vryhandelsgebied kan help om handel uit te brei en ontluikende ekonomieë teen globale onsekerheid te beskerm. Die streeks-koördinerings- en programdirekteur, Tsotetsi Makong, het op die Handel- en Nywerheidsbeleid-strategieforum verwys na die 3,6-miljard Namibiese dollar se verlies wat Lesotho as gevolg van die Amerikaanse invoertariewe van 50-persent gely het. Hy het Afrika-lande aangemoedig om […]

Read More

Ster-SA swemmer mik na 200m rugslag-titel - July 31, 2025

Swem: Pieter Coetzé van Suid-Afrika is deur na die halfeindronde van die 200-meter-rugslag op die Wêreld-watersport-kampioenskap in Singapoer. Die 21-jarige, wat pas goud in die 100-meter-rugslag gewen het, het in een-minuut 57,11-sekondes gekwalifiseer. Kaylene Corbett het met ‘n kragtige poging die 200-meter borsslag vir vroue in ‘n tyd van twee-minute-25,1-sekondes afgelê – die derde vinnigste […]

Read More