Keetmanshoop skryf N$75 miljoen se skuld af - July 31, 2025
Die Keetmanshoop Munisipaliteit het 75 miljoen Namibiese dollar se skuld van meer as 600 senior burgers, werkloses en mense met gestremdhede afgeskryf. Monica Imene, die munisipaliteit se woordvoerder, sê die inisiatief het gevolg op ‘n openbare oproep vir sulke aansoeke in Mei en Junie. Die meeste aansoekers het aan die lynministerie se kriteria voldoen. Imene […]
Reserwebank kan moontlik rentekoerse verlaag - July 31, 2025
Ekonome verwag dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee die terugkoopkoers vandag met 25 basispunte sal verlaag of onveranderd sal hou. Dit is te midde van plaaslike en internasionale ekonomiese onsekerhede. Inflasie het in Junie met 0,2-persent tot drie-persent gestyg van die 2,8-persent in April en Mei. Aluma Capital se hoofekonoom, Frederick Mitchell, sê terwyl […]
Gaza-oorlog wanbestuur, met geen plan: kenners - July 31, 2025
Die oorlog in Gaza is volgens kenners totaal en al wanbestuur met geen duidelike plan verby die eintlike aanvalle en vyandighede nie. Anshell Pfeffer, ‘n joernalis vir The Economist gesetel in Israel, het met Britse media gepraat. Hy sê verder Israeli’s is sat vir die oorlog.
Aussies vervang beseerde Valetini met Hooper - July 31, 2025
Rugby: Australië se uitblinker-losvoorspeler, Rob Valetini, is weens ‘n kuitbesering nie beskikbaar vir Saterdag se derde en laaste toets teen die Britse en Ierse Leeus nie. Hy word deur Tom Hooper vervang. Taniela Tupou keer terug na die Wallabies se voorry in die plek van die beseerde Allan Alaalatoa. Die skrumskakel Nic White is terug […]
IPC-raadslid herroep oor wanbetaling - July 31, 2025
Die herroeping van die IPC raadslid vir Windhoek, Bernadus Araeb, was volgens berigte omdat hy nie van sy verdienste met die party wou deel nie. Plaaslike media berig dat die party se nasionale sekretaris-generaal, Christine !Auchamus hom in ‘n skrywe daarvan beskuldig dat hy die party se finansiële bydrae-beleid oortree het. Hy het volgens wat […]
Tariewe word as wapens gebruik - July 31, 2025
Vier groot federasies, Cosatu, Saftu, Fedusa en Nactu, sê die Trump-era se handelsoorlog ontbloot die gevolge van tariewe wat as wapens gebruik word. Suid-Afrika is een van talle lande wat hoë Amerikaanse tariewe verwag terwyl dié land sy eie vervaardigers en arbeidsmag probeer beskerm. Cosatu-woordvoerder Zanele Sabela sê die antwoord is nie ʼn terugkeer na […]
Lesotho, waar Trump se gholfhemde gemaak word, steier onder tariewe - July 31, 2025
Lesotho, waar Amerikaanse president Donald Trump se gholfhemde gemaak word al het hy gesê niemand het al van die land gehoor nie, steier onder Amerikaanse hulpbesnoeiings en tariewe op uitvoere. Die regering het reeds ‘n noodtoestand oor werkloosheid verklaar na duisende tekstiel- en fabriekswerkers ontslaan moes word. Sky News se Afrika-korrespondent, Yousra Elbagir, het meer.
Onsekerheid oor ander halfeindstryd in Wêreldkampioenskap van Legendes - July 31, 2025
Suid-Afrika en Australië speel teen mekaar in een halfeindstryd van die Wêreldkampioenskap van Legendes, maar daar is groot onsekerheid oor die ander wedstryd tussen die aartsvyande, Indië en Pakistan. Hulle groepswedstryd is vroeër afgestel nadat sommige Indiese spelers geweier het om te speel weens die onlangse grens-botsings. ‘n Indiese borg het ook aan die halfeindstryd […]
Drankmisbruik is nie net gesondheidskwessie nie, dis ook menseregte - July 31, 2025
Namibië sukkel om alkoholregulasies af te dwing, wat lei tot wydverspreide toegang, skadelike drinkgewoontes en ernstige gesondheidsrisiko’s, volgens ‘n nuwe WGO-verslag. Die land se alkoholverbruik staan op 12 liter per capita jaarliks, heelwat bo wêreldgemiddeldes. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry van Ingrid Husselmann, die hoof van die Kantoor van die Ombudsman.
Hoe lyk Augustus se brandstofprys? - July 31, 2025
Namibiërs hou asem op voordat die brandstofpryse vir Augustus aangekondig word, met moontlike impakte op inflasie, vervoerkoste en algehele lewenskoste. Met wêreldwye olietendense en wisselkoerse wat ‘n rol speel, is niks seker op hierdie stadium nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Cirrus-ekonoom Oliver Diggle gepraat.