Hamas en Palestyne is nie een ding nie - July 31, 2025
Britse premier Keir Starmer se aankondiging dat die land ‘n Palestynse staat sal erken tensy Israel die humanitêre nagmerrie in Gaza beëindig is steeds in die nuus. Sy Labour-party se baronnes Thangam Debbonaire het aan SkyNews gesê die party betoog al lank vir ‘n twee-staat oplossing. Sy sê daar moet onderskei word tussen Palestyne en […]
Pasiënte kry meer sê in gesondheidstelsels - July 31, 2025
Die Namibiese tak van die African Patient Organization Connect, Apoc, is in Windhoek geloods om pasiëntvoorspraak en gesondheidsorghervorming in Suider-Afrika te versterk. Die gesondheidministerie het die belangrikheid van pasiënte se stemme in die vorming van gesondheidstelsels beklemtoon, met Apoc wat daarop gemik is om pasiëntgeleide verandering regoor die streek te dryf. Kosmos 94.1 Nuus het […]
EFF verwerp wysiging van Eskom se skuldverligting - July 31, 2025
Die EFF het die Wysigingswetsontwerp op Eskom-skuldverligting verwerp en sê die huidige skuldverligtingsbenadering gee voorkeur aan uitleners eerder as gewone Suid-Afrikaners. Die wetgewing wat gister in die Nasionale Raad van Provinsies aanvaar is, pas Eskom se skuldverligtingstoekenning vir die 2025/2026-boekjaar aan van 40 miljard Suid-Afrikaanse rand tot 80,2 miljard rand. Dit stel ook ʼn verdere […]
Nog sewe dood aan hongersnood in Gaza - July 31, 2025
Die Hamas-beheerde ministerie van Gesondheid sê nog sewe mense het aan hongersnood gesterf. Dit bring die sterftesyfer weens wanvoeding sedert Oktober 2023 op 154 te staan, waaronder 89 kinders. Israel is onder toenemende druk van die internasionale gemeenskap om sy blokkade te verbreek, hulp in Gaza toe te laat en die oorlog te beëindig. Meer […]
Tariewe op Indië en boete oor Russiese wapens - July 31, 2025
Die Amerikaanse president Donald Trump het tariewe van 25-persent aangekondig op invoere uit Indië en het verder ‘n ongespesifiseerde “boete” aangekondig oor Nieu-Delhi se aankope van Russiese wapens en energie. Trump het in ‘n plasing op sy Truth platform gesê hierdie maatreëls sal Vrydag in werking tree. Hy het bygevoeg dat Indië nog altyd ‘n […]
Hage Geingob-snelweg teen September voltooi - July 31, 2025
Die uitvoerende hoof van die Paaie-owerheid dr. Conrad Lutombi het die nuut voltooide verkeersirkel wat die B6 verbind met die Hosea Kutako Internasionale Lughawe amptelik vir verkeer geopen. Die belangrike kruising sal die verkeersvloei en veiligheid vir padgebruikers wat toegang tot die lughawe verkry, aansienlik verbeter. Volgens Lutombi vorder die Hage Geingob-snelwegprojek en werk aan […]
Waterlewering in Omusati vorder - July 31, 2025
Tydens sy streeksrede het die goewerneur van Omusati, Immanuel Shikongo, die vordering wat deur die landbouministerie uitgelig. Hy sêg dat altesaam 14 boorgate geboor is. Hiervan is nege met sonpompe toegerus. Daarbenewens is agt boorgate in Ruacana, Okahao en Onesi gerehabiliteer deur ‘n vennootskap met die Gemeenskapsbewaringsfonds.
Saak oor Mchunu se verlof is in verkeerde hof - July 31, 2025
President Cyril Ramaphosa se prokureur, Kate Hofmeyr, sê die MK-party-saak rakende die minister van Polisie, Senzo Mchunu, se spesiale verlof moes in die Hooggeregshof gewees het, nie die Konstitusionele Hof nie. Mchunu is op verlof geplaas ná die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris Nhlanhla Mkhwanazi se bewerings van politieke inmenging. Hofmeyr het aan die hof gesê die saak […]
Forbes se 50-bo-50 baanbreker vroue bekend - July 31, 2025
Forbes se vyfde jaarlikse 50-bo-50-lys plaas die kollig op baanbreker-vroue wat weier om te aanvaar hul beste jare is verby. Vanjaar se lys is in vier breë kategorieë verdeel: invloed, vernuwing, belegging en leefstyl. Die lys sluit in die aktrise, Halle Berry, wat op vrouegesondheid fokus; die stigter van die Vroue Alzheimer-beweging, Maria Shriver; en […]
Groot pryssprong vir speenkalwers op pad - July 31, 2025
Die uitvoerende bestuurder van die Namibiese Landbou-unie, Roelie Venter, sê die speenkalfprys is gereed om beduidend te spring en dit is nie ‘n goeie tyd om nou te verkoop nie. Agriforum berig hy het aan die hand van speenkalfpryse van die afgelope 25 jaar gewys op redelik voorspelbare siklusse van min of meer vyf jaar […]