Cosatu vra SARB om koers vandag te verlaag - July 31, 2025
Cosatu doen ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee om die repokoers met ten minste 25 basispunte tydens sy vergadering vandag te verlaag. Die meeste ekonome voorspel ‘n repokoersverlaging as gevolg van inflasie wat bestendig bly. Cosatu se woordvoerder, Zanele Sabela, sê alhoewel die inflasiekoers effens gestyg het, het die sentrale bank steeds […]
Brandstofprys-protes in Angola dood 22 - July 31, 2025
Onluste in Angola na brandstofprysverhogings het sedert Maandag 22 lewens geëis. Kalmte het na die hoofstad, Luanda, teruggekeer nadat sporadiese geweerskote Maandag en Dinsdag daar en in verskeie ander stede gehoor is, terwyl mense winkels gestroop en met die polisie gebots het toe geweld gedurende ‘n taxi-staking uitgebreek het. Die staking is die nuutste in […]
Kanada sal ook Palestynse staat erken - July 31, 2025
Kanada se eerste minister, Mark Carney, sê sy land sal in September by die Verenigde Nasies se 80ste Algemene Vergadering die staat Palestina amptelik erken. Dis die derde G7-land wat die aankondiging maak op die hakke van Frankryk en die Verenigde Koninkryk. Carney sê Kanada is lank reeds verbind tot ʼn tweestaatoplossing van ʼn onafhanklike, […]
Die koue is hier, twee fronte beweeg in - July 31, 2025
Twee kouefronte beweeg vandag in oor die Wes-Kaap, en temperature gaan in die suide van Namibië daal. Teen Vrydag word vriespunt plek-plek verwag. Die koue bereik die sentrale dele ook teen Vrydag. Kosmos 94.1 Nuus het met Odillo Kgobetsi van die Windhoek Weerkantoor gepraat vir ‘n volledige voorspelling.
Ekonoom sê oor SACU-impak indien 30% VSA-tariewe môre intree - July 31, 2025
Die onseker tariefonderhandelinge tussen Suid-Afrika en Amerika kan beduidende domino-effekte vir Namibië hê. Dit kan ook streekshandelsvloei ontwrig, beleggersvertroue verswak en druk plaas op sleutelsektore wat aan beide markte gekoppel is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met dr. Roelof Botha, ‘n finansiële adviseur by Optimum Group, wat sê die hele streek is bekommerd.
Vermeende sindikaat-lede verskyn vandag, ook op moordklagte - July 31, 2025
Die verdagte wat verbind word met die skietdood van Fiina Nghifikwa in Wanaheda toe sy en ‘n vriendin na ‘n kamer te huur gaan kyk het, sal vandag saam met sy beweerde mede-sindikaatlede in die Katutura landdroshof verskyn. Die vyf verdagtes is Dinsdag gearresteer. Hulle was na bewering betrokke by ‘n reeks gewapende rooftogte by […]
GUN veroordeel anti-dagga protes op Okahandja - July 31, 2025
Die Ganja Users of Namibia, verteenwoordig deur Brian Jaftha en Borro Ndungula, sê in ‘n verklaring hulle doen ‘n beroep op ‘n rasionele en bewysgebaseerde bespreking in reaksie op die onlangse proteste in Okahandja teen borgtog vir verdagtes in ‘n dagga-verwante saak. Hulle verwys na die saak van 52 miljoen Namibiese dollar se daggavonds. GUN […]
ERP gesels oor renoster-reservaat - July 31, 2025
Namibië het die wêreld se grootste privaat swartrenoster-reservaat bekendgestel, ‘n groot hupstoot vir die beskerming van bedreigde spesies. Die vennootskap tussen Gondwana Collection Namibia, Elephants, Rhino and People Namibia, of te wel ERP, en die omgewingministerie het ten doel om swartrenosters en ander kwesbare spesies weer in hul historiese verspreidingsgebied te vestig. Met minder as […]
Meer oor staat se saak teen Austin Elindi - July 31, 2025
Die staat staan borgtog teen in die saak teen Austin Elindi en Connie van Wyk, wat deur die Teenkorrupsie-kommissie gearresteer is in verband met die Namcor-bedrogskandaal. Hulle staan tereg op aanklagte ingevolge die Wet op Korrupsie en die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad. Elindi besit Erongo Petroleum, ‘n maatskappy wat Namcor glo meer […]
Kommissies kos geld, lewer niks – Mpofu - July 31, 2025
Die MK-party sê burgers is moeg vir duur kommissies van ondersoek wat geen betekenisvolle uitkomste lewer nie en vertroue in die regering skend. Dit volg nadat die Madlanga-kommissie gestig is om bewerings te ondersoek wat die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris Nhlanhla Mkhwanazi geopper het oor misdaad, politieke inmenging en korrupsie binne die polisie. MK se regsverteenwoordiger, Dali […]