Jy kan help om vermeende moordenaar te identifiseer - October 23, 2025
NamPol vra die publiek se hulp om ‘n verdagte in die moord op die 33-jarige Juanita Karolus op te spoor. Karolus se liggaam is op Vrydag, 3 Oktober by die Katutura Sportkompleks agter die People’s Primary School ontdek. Sy is die vorige aand omstreeks 11-uur saam met ‘n man gesien stap in Hans Dietrichstraat, in […]
WhatsApp-grepe wys betalings tussen ondersoeker en ‘Cat’ Matlala - October 23, 2025
WhatsApp-gesprekke wat as bewysstukke by die Madlanga-kommissie ingedien is, dui op voortdurende oorbetalings tussen Richard Shibiri van die polisie-eenheid vir georganiseerde misdaad en die sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala, wat van poging tot moord aangekla word. Getuie B het aan die kommissie gesê ondersoekbeamptes was glo geskok om die noue verbintenis tussen die twee te ontdek, […]
VN-forum wil skuld in ontwikkelende lande takel - October 23, 2025
Die Verenigde Nasies het die Seville-skuldforum bekend gestel vir regverdiger uitleen, vinniger herstrukturering en ‘n langtermynhervorming van die na-oorlogse finansiële stelsel. Sowat 3,4-miljard mense leef in lande wat meer aan diensskuld as aan gesondheid of opvoeding bestee. Die VN se sekretaris-generaal, António Guterres, sê meer as 60 ontwikkelende lande bestee nou ten minste tien-persent van […]
Haaie maak geringe veranderings vir Scarlets - October 23, 2025
Rugby: Die Haaie wil Saterdag teen Scarlets die eerste deel van die Verenigde Rugbykampioenskap-seisoen op ‘n hoogtepunt afsluit voor die toets-onderbreking. Eben Etzebeth lei die span in Durban met ‘n rotasieverandering onder die voorspelers, waar Emmanuel Tshituka en Phepsi Buthelezi plekke ruil. Makazole Mapimpi se skorsing beteken Edwill van der Merwe skuif van heelagter na […]
NDF-vliegtuie oor hoofstad net opleiding, sê weermag - October 23, 2025
Inwoners van die hoofstad sien deesdae gereeld NDF-vliegtuie en helikopters oor die hoofstad en luisteraars het navrae aan Kosmos 94.1 Nuus gerig daaroor. Die weermag se woordvoerder Paulus Shilumbu sê dit is algemene opleiding en daar is geen rede tot enige kommer nie.
Kom speel padel om onder-21 hokkiespan te help! - October 23, 2025
Die onder-21 nasionale hokkiespan maak gereed vir die Wêreldbeker wat in Indië van 28 November tot 10 Desember plaasvind. Die span vertrek die 23ste November. Die Namibiese span sal môre ‘n Padel for Purpose hou by die NamPadel bane om geld in te samel vir die span. Kosmos 94.1 Nuus het met die hoofafrigter gepraat, […]
Direktoraat verduidelik vertraging in verslag oor Cessna-lugramp - October 23, 2025
Die Direktoraat van Vliegtuigongelukke en Insident Ondersoeke kon nie sy verslag rakende die noodlottige vliegongeluk waarin ‘n Cessna 406 in Pionierspark op 3 Mei verlede jaar neergestort het, binne ‘n jaar voltooi nie. Ondersoeker Ben Engelbrecht het destyds aan Kosmos 94.1 Nuus gesê teen Oktober verlede jaar is altwee enjins in Kanada uitmekaar gebou en […]
Tweede rondte konsultasies oor Venus-olieveld se ontwikkeling op hande - October 23, 2025
SLR Environmental Consulting het sy konsep-omgewings- en sosiale impakstudie en omgewingsbestuursplan vir die voorgestelde projekontwikkeling van die Venus-olieveld in Blok 2913B in PEL 56 langs die Namibiese suidkus voltooi. Belanghebbendes en geaffekteerde partye word genooi om die verslae te lees en openbare konsultasies oor die projek by te woon. Namcor-woordvoerder Paulo Coelho sê die tweede […]
BoN loods Namibië Reguleerdersforum vir beter koördinasie - October 23, 2025
Die Bank van Namibië het die Namibië Reguleerdersforum geloods, wat daarop gemik is om koördinasie tussen sleutelregulerende liggame te verbeter en ekonomiese groei te ondersteun. Die forum bestaan uit die Besigheids- en Intellektuele Eiendomsowerheid, Bipa; die Kommunikasieregulerende Owerheid van Namibië, Cran; die Elektrisiteitsbeheerraad; die Finansiële Intelligensiesentrum; Namfisa, die Namibië Inkomste-agentskap, NamRA; en die Namibië Standaarde-instelling. […]
Koning Charles en Pous Leo bid saam, maak geskiedenis - October 23, 2025
Koning Charles die Derde het vandag die eerste hoof van die Kerk van Engeland geword om in die openbaar saam met ‘n pous te bid. Die Vatikaanse diens is in die Sistynse Kapel gehou, gelei deur Pous Leo en die Vatikaan se amptelike nuusdiens het dit uitgesaai. Dit het plaasgevind tydens die 76-jarige monarg en […]