Fed hou koers onveranderd, bekommerd oor langtermyn impak van tariewe - July 31, 2025

Amerika se Federale Reserwe het rentekoerse weer onveranderd gehou, ondanks druk van president Donald Trump om dit te verlaag. Die besluit, wat algemeen verwag is, het die sentrale bank se belangrikste uitleenkoers op tussen 4,25 persent en 4,5 persent gehou. In ‘n ongewone verdeeldheid het twee lede van die raad egter teen die plan gestem […]

Read More

Besering dwing Stokes om uit vandag se toets te onttrek - July 31, 2025

Engeland se kaptein, Ben Stokes, moes aan die vyfde en laaste toets teen Indië onttrek weens ‘n skouerbesering, en Ollie Pope sal die span aanvoer. Stokes het uitstekend gespeel in die reeks tot dusver. Hy het vyf paaltjies geneem en 141 lopies aangeteken in die vierde toets, wat onbeslis geeïndig het. Die boulers Jofra Archer, […]

Read More

Uitvoerende direkteure geskuif, ander kry bykomende funksies - July 30, 2025

Die kantoor van die eerste minister het sommige uitvoerende direkteure tussen ministeries verskuif. Die uitvoerende direkteur van die justisieministerie skuif na binnelandse sake, en dr. Audrin Mathe skuif vanaf die inligtingministerie na die justisieministerie. Ben Nangombe gaan van die energieministerie na die kantoor van die eerste minister se kabnietsekretariaat. Ander uitvoerende direkteure het rekeningkundige funksies […]

Read More

Vermeerder klimaatsbefondsing, hoor G20 energie-werkgroep - July 30, 2025

Die G20 se Energie-oordrags-werkgroep in Sun City, Noordwes, is aangespoor om klimaatbefondsing te vermeerder om die energiekrisis te beëindig. Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, bepleit dat beloftes verander na gekoördineerde beleggings. Hy vra ook befondsing van transmissie, verspreiding en buigsame opwekking, sowel as ondersteuning vir klein, medium en mikro organisasies en projekte […]

Read More

VSA wil bevel skrap wat klimaatsverandering help bekamp - July 30, 2025

Die Trump-administrasie het ‘n plan aangekondig om ‘n landmerk-bevinding dat kweekhuisgasse skadelik is vir die omgewing, af te skaf. Dit sal die federale regering se vermoë om klimaatsverandering te bekamp, erg aan bande lê. Die 2009-bevel van destydse president Barack Obama, wat bekend staan as die “Bedreigingsbevinding”, het die Amerikaanse omgewingsbeskermingsagentskap, die EPA toegelaat om […]

Read More

Zim Krieket kry borgskap, provinsiale spanne gaan baat - July 30, 2025

Krieket: ‘n Borgskap van 900 000 Namibiese dollar vir Zimbabwe Krieket sal regstreeks aangewend word om die land se vyf eerste-vlak provinsiale spanne te ondersteun. Die Eagles, Rhinos, Tuskers, Mountaineers en Southern Rocks, wat aan die Loganbeker, die Pro50-kampioenskap en die plaaslike T20-kompetisie deelneem, sal die plaaslike finansiële instelling CABS se steun belê in sleutelbedrywighede […]

Read More

Okahandja-inwoners ruk weer op na dorpsraad - July 30, 2025

Inwoners van Okahandja beplan ‘n protesaksie more om nege-uur oor swak dienslewering en klagtes wat nie aangespreek word nie. Hulle is veral ontsteld oor die verskuiwing na gebiede sonder toegang tot water of elektrisiteit. Hulle spreek ook sterk teenkanting uit teen die teenwoordigheid van RedForce en sê dat hulle nie meer wil hê dat die […]

Read More

Alles in rat vir T20 Franchise Cricket-toernooi! - July 30, 2025

Die T20 Franchise Cricket-toernooi, aangebied by die nuwe FNB-krieketgronde, begin op 1 Augustus. Die top-mansspelers is in vier spanne ingedeel vir die reeks. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Muller, uitvoerende hoof van Krieket Namibië gesels.

Read More

Seekoei-stropery sonder gevolge maak Kavangorivier leeg - July 30, 2025

Seekoei-getalle neem af in die Kavango-streke en nog ‘n vermeende stroperyvoorval het naby Shamvura-kamp voorgekom. Ten spyte van verskeie ooggetuies, insluitend Namibiese burgers en Suid-Afrikaanse toeriste, en berigte van gesteelde vleis van die karkas, sê gefrustreerde natuurbewaarders dat owerhede min doen terwyl die beskermde spesie steeds uit die streek verdwyn. Kosmos 94.1 Nuus het met […]

Read More

Nsfaf weerlê bewering dat hy werklose skuldenaars swartlys - July 30, 2025

Nsfaf het gereageer op berigte dat ‘n lener sê dat hy geswartlys is sonder om verwittig te word en na hy navraag gedoen het by Nsfaf om sy lening terug te betaal. Hy sê hy is ingelig dat sy lening opgespoor moet word. Die fonds het aangekondig dat hy wanbetalers op die swartlys sal plaas, […]

Read More