SA handelsgesprekke met VSA sonder Namibië wek kommer - July 30, 2025

Daar is groot kommer oor Suid-Afrika se handelministerie wat eensydig met Amerika onderhandel oor marktoegang en tariewe vir produkte wat belangrik is vir Namibië en ook die Suider-Afrikaanse Doeane-unie, Sacu. Die plaaslike handelskenner Anton Faul sê dit sluit in hoender en bloubessies. Die Namibiese handelministerie het nie laat blyk dat hy betrokke is by die onderhandelinge nie, […]

Read More

Oliepryse effe laer na hoogtepunt Dinsdag - July 30, 2025

Oliepryse het vandag effens gedaal terwyl beleggers wag op ontwikkelinge oor die Amerikaanse president Donald Trump se strenger sperdatum vir Rusland om die oorlog in Oekraïne te beëindig, sowel as sy tariefdreigemente teenoor lande wat met Russiese olie handel dryf. Brent het Dinsdag ‘n hoogtepunt bereik maar verhandel nou effe laer, net bo 71 Amerikaanse […]

Read More

Namcol kom studente tegemoet met registrasie, skuld - July 30, 2025

Die Namibia College of Open Learning, Namcol, het aangekondig dat hy stappe gedoen het om studente makliker te laat registreer en hul uitstaande skuld te betaal. Registrasie vir sy tersiêre program se tweede semester is verleng tot 1 Augustus. Studente met uitstaande skuld van 3 500 Namibiese dollar of minder kan nou registreer sonder om […]

Read More

Goeie suiker-oes, maar invoer- en uitvoertariewe kwel - July 30, 2025

Die Suid-Afrikaanse Rietsuikerprodusente-vereniging sê die suikernywerheid kan vanjaar na ‘n beter oes uitsien, met ‘n verwagte opbrengs van 18-miljoen-ton suikerriet wat ‘n verbetering is van die 16-miljoen-ton van verlede jaar. Die organisasie waarsku egter dat die nywerheid steeds kwesbaar is met die vertragings in die verhoging van invoertariewe en ‘n moontlike heffing van 30-persent op […]

Read More

New York gis steeds oor skieter se motiewe - July 30, 2025

Shane Tamura, wat Maandag vier mense doodgeskiet het in ‘n wolkekrabber in New York, het ‘n nota gelaat wat die Nasionale Voetballiga, die NFL, die skuld gee vir ‘n breinbesering. Maar, Tamura het nooit professioneel gespeel nie en het nie so besering gehad nie. Die 27-jarige van Las Vegas het homself geskiet na hy skote […]

Read More

Mitch Owen in Aussie groep vir reeks teen Proteas - July 30, 2025

Krieket: Die veelsydige Mitch Owen kan dalk sy buiging in internasionale eendagkrieket maak nadat hy ingesluit is in Australië se witbal-groepe vir volgende maand se tuis-reeks teen Suid-Afrika. Die 23-jarige Owen het beïndruk in die T20-reeks teen die Windies toe hy 125 lopies aangeteken en twee paaltjies platgetrek het. Die sleutelspelers Travis Head en Josh […]

Read More

Polisie konfiskeer dagga van N$929 000, arresteer Namibiër - July 30, 2025

NamPol het vanoggend net voor 1-uur by ‘n huis in Miemsstraat in Khomasdal toegeslaan en gekompakteerde dagga met ‘n geskatte straatwaarde van 929 000 Namibiese dollar gekonfiskeer. ‘n 24-jarige Namibiese man is in hegtenis geneem vir dwelmhandel. Die polisie sê in ‘n verklaring hulle het inligting gekry en daarna ‘n operasie by die betrokke huis […]

Read More

Drie wat kind op film laat dwelms rook aangekeer - July 30, 2025

Die Johannesburgse Metropolisie sê drie verdagtes wat betrokke was by ‘n video wat op sosiale media versprei is, is in hegtenis geneem. Die video wys ‘n jong seun wat dwelms in ‘n bottelnek vir sy ma aansteek, wat hom toe aanmoedig om dit te rook in die teenwoordigheid van ander volwassenes. Die Metropolisie se woordvoerder, […]

Read More

Rusland roep noodtoestand uit oor tsoenami - July 30, 2025

Russiese owerhede het ‘n noodtoestand in die noordelike Koeril-eilande afgekondig na die tsoenami wat veroorsaak is deur die massiewe aardbewing van 8,8 naby die Kamtsjatka-skiereiland. Die aardbewing het tot tsoenami-waarskuwings en ontruimings in kusgebiede aan die Stille Oseaan gelei, insluitend in die Filippyne, Indonesië en Japan. ‘n Tsoenami-waarskuwing is vir die weskus van Amerika uitgereik, […]

Read More

Oppas vir ryk franchise-ligas, waarsku Wêreldrugby - July 30, 2025

Rugby: Wêreldrugby waarsku dat toetse steeds die toppunt is en enige franchise-liga wat spelers nie daardie geleentheid bied nie, nie die beste talent sal lok nie. Uitvoerende hoof Alan Gilpin het reageer op die beplande wêreldwye R360 (R-three-sixty)-globale liga wat deur die voormalige Engelse senter Mike Tindall aangevoer word. Dit beplan glo om die voorste […]

Read More