Mediese fondse bou suplus op terwyl lede meer betaal - July 30, 2025

In die eerste kwartaal van 2025 het mediese fondse ‘n gekombineerde surplus van 229,7 miljoen Namibiese dollar gerapporteer, terwyl pasiënte hoër uitgawes uit hul eie sak dra en dokters sukkel om hul praktyke bo water te hou. Die uitvoerende hoof van die Namibiese Privaat Praktisynsforum, dr. Jürgen Hoffmann, sê lede betaal meer, maar ontvang minder. […]

Read More

SA vra internasionale optrede oor twee-staat oplossing - July 30, 2025

Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola het bevestig dat Suid-Afrika dringende wêreldwye optrede ondersteun vir ‘n twee-staat oplossing vir Palestina en Israel. Lamola het by ‘n Verenigde Nasies-vergadering in New York die vernietiging van Gaza veroordeel en gevra vir erkenning van Palestina se staatskap. Lamola sê vrede hang af van die beëindiging […]

Read More

Twee-derdes van hongersnood-drumpels in Gaza is reeds bereik - July 30, 2025

Twee uit drie hongersnood-drumpels is in Gaza bereik wat lei tot laer voedselverbruik en erge wanvoeding. Dit is volgens die jongste Geïntegreerde Voedselsekerheid-faseklassifisering wat deur die Verenigde Nasies ondersteun word. Volgens die IPC is minstens 16 kinders jonger as vyf sedert middel-Julie in Gaza aan hongerverwante oorsake dood. Ross Smith van die Wêreld-voedselprogram sê meer […]

Read More

Thailand sê Kambodja breek skietstilstand - July 30, 2025

Thailand se weermag het vandag Kambodjaanse magte daarvan beskuldig dat hulle ‘n wapenstilstandooreenkoms op drie afsonderlike plekke langs die betwiste grens verbreek het, en gewaarsku dat voortgesette aggressie Thaise magte kan dwing om meer beslissend te reageer. Die bewerings kom minder as twee dae nadat beide regerings ooreengekom het tot ‘n wapenstilstand wat in Maleisië […]

Read More

Selfmoord: Normaliseer geestesgesondheid gesprekke onder mans - July 30, 2025

Namibië staar ‘n stille nasionale krisis in die gesig namate selfmoorde onder mans teen ‘n kommerwekkende tempo bly styg, wat diepgewortelde geestesgesondheidsprobleme en maatskaplike druk blootlê. Kosmos 94.1 Nuus het met die sielkundige Shaun Whittaker gepraat wat sê ons moet geestesgesondheid gesprekke onder mans normaliseer.

Read More

Is ons ‘n land van dronklappe? - July 30, 2025

Namibië staar toenemende uitdagings in die gesig met die afdwinging van alkoholregulasies, wat bydra tot wydverspreide beskikbaarheid, skadelike drinkpatrone en ernstige openbare gesondheidsrisiko’s. Dit is volgens ‘n nuwe verslag deur die Wêreldgesondheidsorganisasie. The Brief berig dat die WGO bevind het dat drank wyd beskikbaar is, dikwels met beperkte toesig. Ten spyte van wetgewing, het Namibië […]

Read More

Namfisa finaliseer Agri-Indeks Versekering-padkaart - July 30, 2025

Namfisa het konsultasies oor sy Agri-Indeks Versekering-padkaart gefinaliseer en sal dit nou aan die kabinet voorlê vir goedkeuring. Die plan, wat met die ondersteuning van die Wêreldbank ontwikkel is, verbeter landbou-veerkragtigheid en ondersteun nasionale ramprisikobestuursdoelwitte. Kosmos 94.1 Nuus het met Victoria Raimond, bestuurder van korporatiewe kommunikasie en verbruikersopvoeding by Namfisa gepraat, wat meer verduidelik.

Read More

Austin Elindi betrek by Namcor-sage - July 30, 2025

Austin Elindi, seun van Peter, en Connie van Wyk, wat Maandag gearresteer is in verband met beweerde multimiljoen-dollar-korrupsie by Namcor, het hul eerste verskyning in die Windhoek-landdroshof gemaak. Die twee sluit aan by nege ander beskuldigdes in die saak. Die staat sê dat hy van voorneme is om borg teen te staan. Die twee staan […]

Read More

Nekundi wip hom vir amptenaar wat laat na vergadering kom - July 30, 2025

‘n Amptenaar van die Roads Contractor Company het laat opgedaag vir ‘n geskeduleerde vergadering met die vervoerminister, Veikko Nekundi. Nekundu het baie warm onder die kraag geraak en sy frustrasie met die gebrek aan dringendheid en professionaliteit uitgewys. Dit sê hy, op ‘n tydstip wanneer daar van die maatskappy verwag word om die publiek se […]

Read More

Eenhana los sy NamWater-skuld af - July 30, 2025

Die Eenhana-stadsraad het meer as 13 miljoen Namibiese dollar in skuld aan NamWater vereffen. Dit word as ‘n belangrike finansiële bestuursmylpaal geag, sê die burgemeester Omri-Onn Kavandje. Kavandje het skuldvereffening as ‘n topprioriteit beskryf sedert hy die amp aanvaar het. Hy sê dat die uitwissing van die NamWater-skuld ‘n groot stap is in die rigting […]

Read More