ACC-ondersoek na gesondheid kry momentum - July 30, 2025
Plaaslike media berig dat die Teenkorrupsie-kommissie sy ondersoek na die korrupsie by die gesondheidsministerie verskerp het en drie persone, insluitend ‘n voormalige uitvoerende direkteur, is opdrag gegee om hul paspoorte in te handig. Volgens The Namibian, word verskeie maatskappye en transaksies ter waarde van 600 miljoen Namibiese dollar ondersoek. In 2020 het oud-minister dr. Bernard […]
IPPR reageer op Pouyanne se ‘kwessies’ - July 30, 2025
Reaksie word ontvang op die uitvoerende hoof van TotalEnergies, Patrick Pouyanne, wat sê dat “kwessies” met die regering uitgestryk moet word voordat hy met die Venus-olieprojek begin. Pouyanne sê die maatskappy en die regering moet belyn om geskille te vermy. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Graham Hopwood, die direkteur van die Instituut vir Openbare […]
Taxibestuurders eis verhoging in tarief - July 30, 2025
Taxibestuurders vra weer vir ‘n tariefverhoging van 13 Namibiese dollar tot 15 dollar, weens stygende brandstof- en onderhoudskoste. Hulle vra vervoerminister Veikko Nekundi om op te tree. Kosmos 94.1 Nuus het met die lynministerie se woordvoerder Julius Ngweda gepraat. Ngweda voeg by dat taxibestuurders die tariefverhoging in hul aansoek moet regverdig. Die laaste verhoging vir […]
Ozzy se stoet beweeg deur sy tuisstad Birmingham - July 30, 2025
Aanhangers van die musieklegende Ozzy Osbourne sal hulde aan hom kan betoon wanneer sy stoet later vandag deur sy tuisstad Birmingham beweeg. Osbourne is op 22 Julie in die ouderdom van 76 dood, minder as drie weke nadat hy en Black Sabbath ‘n afskeidskonsert gehou het. Die Birmingham-stadsraad sê die geleentheid, wat deur ‘n privaat […]
Twee nuwe Namcor-verdagtes kom vandag voor - July 30, 2025
Die Teenkorrupsie-kommissie het bevestig dat twee verdagtes in die voortgesette Namcor-korrupsiesaak vandag in die hof sal verskyn. Die woordvoerder, Josephine Nghituwamata, het ook aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hulle hard op soek is na Victor Malima wat ook met die saak verbind is maar, uit die land gevlug het.
Tiffany Meek bly agter tralies tot saak in September hervat - July 30, 2025
Die saak teen die Gautengse vrou Tiffany Meek, wat beskuldig word van moord op haar 11-jarige-seun, Jaden-Lee, is tot 17 September uitgestel. Die streekswoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Phindi Mjonondwane, het buite die Landdroshof in Roodepoort gesê hulle verwelkom die besluit om Meek borgtog te weier. Sy word ook aangekla van regsverydeling, belemmering en crimen […]
Aardbewing op Russiese skiereiland meet 8,8, tsoenami-waarksuwing - July 30, 2025
‘n Kragtige 8,8 aardbewing het Rusland se verre oostelike Kamchatka-skiereiland getref wat tot tsoenami-waarskuwings in dele van Moskou, Japan en die kusstroke van die Stille-Oseaan, die Filippyne en Indonesië gelei het. Branders van 4 meter is reeds op die skiereiland aangeteken. Verskeie mense is beseer terwyl owerhede waarsku oor sterk naskokke. Die skiereiland het reeds […]
New York-skietery het NFL geteiken oor breinbesering - July 30, 2025
Shane Tamura, wat Maandag vier mense doodgeskiet het in ‘n wolkekrabber in New York, het ‘n nota gelaat wat die Nasionale Voetballiga, die NFL, die skuld gee vir ‘n breinbesering. Die 27-jarige van Las Vegas het homself geskiet na hy skote afgevuur het in die gebou wat die liga se hoofkwartier huisves. Hy was egter […]
Bende vermeende diensstasie-rowers aangekeer, 1 vir moord - July 29, 2025
Die Namibiese Polisie en die Windhoekse stadspolisie het vyf vermeende lede van ‘n kriminele sindikaat wat ‘n string gewapende rooftogte in die hoofstad uitgevoer het, in hegtenis geneem. Die polisie het omstreeks 11-uur toegeslaan in die Lafrenz industriële gebied en die Monte Christo area. Die verdagtes is betrap met drie vuurwapens, twee messe en ses […]
DA bekommerd oor besmettings van pasiënte in hospitale - July 29, 2025
Die DA in Gauteng is bekommerd omdat 7 743 pasiënte verlede jaar hospitaalverworwe besmettings opgedoen het, insluitend talle antibiotika-weerstandige toestande wat moeilik behandelbaar en lewensgevaarlik kan wees. Dié toestand ontwikkel tydens ‘n pasiënt se verblyf in ‘n hospitaal. Jack Bloom van die DA sê die Gautengse Gesondheidsdepartement skryf die situasie toe aan personeeltekorte, oorbevolking en […]